Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die soet seun (#3)
Trompie die soet seun (#3)
Trompie die soet seun (#3)
Ebook158 pages4 hours

Trompie die soet seun (#3)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dit is Trompie se laaste kwartaal op laerskool en hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein besluit dit het tyd geword om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Sy een goedbedoelde poging na die ander loop skeef en Trompie moet leer om baie mooi verskoning te vra. Dan is daar ’n ongeluk en hy beland in die hospitaal. Sy ouers stuur hom Durban toe om by sy pa se suster te gaan aansterk en die treinrit soontoe is ’n groot avontuur. Hy is só bly om by die see te wees dat hy in die groot stad verdwaal, maar uiteindelik kom hy darem by sy tannie uit. Wanneer hy terug in Kwaggaberg aanland, moet hy sy leierskap onder die seuns in ’n tweegeveg met ’n nuwe leerder bewys en Trompie leer om die hand van vriendskap na ’n vyand uit te reik.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154703
Trompie die soet seun (#3)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die soet seun (#3)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die soet seun (#3)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die soet seun (#3) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die sterk seun

    8. Trompie die groot minnaar

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die prefek

    12. Trompie die galante heer

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die sportman

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die rebel

    20. Trompie die rugbyspeler

    21. Trompie die hanswors

    22. Trompie die reisiger

    23. Trompie die kaptein

    24. Trompie die alleenloper

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Trompie word gestraf

    Hoofstuk 2 – Trompie die soet seun

    Hoofstuk 3 – Trompie-hulle doen goeie dade

    Hoofstuk 4 – Trompie vra om verskoning

    Hoofstuk 5 – Trompie die siek seun

    Hoofstuk 6 – Trompie die reisiger

    Hoofstuk 7 – Trompie die verlore seun

    Hoofstuk 8 – Trompie by die see

    Hoofstuk 9 – Die wonderlike dag

    icon_03Tdiesoetseun.tif

    1

    Trompie word gestraf

    Laerskool Kwaggaberg se klok lui vir die eerste dag van die laaste kwartaal.

    Weet julle ouens wat? vra Trompie terwyl hy en sy maats Rooie, Blikkies en Dawie traag oor die speelgrond stap na waar die kinders in rye langs die skool aantree.

    Blikkies se kakebeen beweeg op en af soos hy aan ’n grashalmpie kou. Hy antwoord nie. Dis te veel moeite. Rooie se sproetgesig is vertrek van afkeer omdat die vakansie verby is. Sy dae van swaarkry begin nou weer. Hy is nie lus vir gesels nie en antwoord ook nie.

    Dawie met sy vonkelende, ondeunde ogies kyk na Trompie, hul leier. Die seun se pet sit windmakerig skeef en sy halfgekamde hare hang oor sy voorkop. Sy kouse hang oor sy skoene en sy hemp hang agter by sy broek uit. Dawie voel ’n gloed van trots – dit is Trompie, die Boksombende se Grootkaptein! Hy besluit om hul leier te antwoord: Wat? vra hy.

    Wat, wat? vra Trompie. Hy het al vergeet hy het iets gevra en nie ’n antwoord gekry nie.

    Jy’t gesê: ‘Weet julle wat?’ Nou vra ek net: ‘Wat?’

    O ja, sê Trompie terwyl hy sy verstrooide gedagtes bymekaar skraap. Besef julle ouens dis die laaste kwartaal wat ons in hierdie skool is? Volgende jaar gaan ons hoërskool toe.

    Dis te sê as ons die dop nie, mompel Rooie.

    Ook weer waar, sê Trompie gedemp.

    Roer julle! skree meneer Erasmus vir die vier seuns. Hulle slaan oor na ’n drafstappie en gaan staan agter in die graadsewes se ry.

    So is die lewe, nè, sug Trompie.

    Mismoedig staan die leerders en wag vir die onderwyser se teken dat die rye klaskamers toe moet stap. Dan strompel hulle soos skape binnetoe. Soos onskuldige lammertjies wat slagpale toe gelei word, mompel Trompie.

    Die graadsewes moet sommer dadelik aan die werk spring. Soos meneer Erasmus – die kinders noem hom Ou Tor – sê: Daar is nie tyd om te mors nie! Dis julle laaste kwartaal en julle moet hard werk, anders sit ’n hele paar van julle volgende jaar nog steeds hier en nie in die hoërskool nie.

    Dit voel vir Trompie of Ou Tor by die woorde nog steeds hier reguit na hom kyk!

    Die seun staar mismoedig voor hom uit. Hy hoor die onderwyser se geskiedenisles net ver op die agtergrond. Trompie is diep ingedagte.

    Hy dink aan die winter. Hy haat dit. Daar is niks om te doen nie. ’n Mens kan nie in die kloof gaan swem nie en ook nie by die fort gaan speel nie – dis te deksels koud. Daar is gans te veel dinge wat jy nie in die winter kan doen nie.

    ’n Mens kan miskien rugby speel, maar hy wat Trompie is, hou nie eintlik van rugby nie. Hy het verlede kwartaal een wedstryd vir die skool se onder-13-span gespeel. Hy was die skrumskakel. Soos hy verstaan het, moes hy die bal in die skrum – die oond soos Ou Tor dit altyd noem – sit en dan vinnig omspring, die ding opraap en dit vir die losskakel aangee. Hy het dit tot vervelens toe gedoen, maar niks het gebeur nie. Die klomp was te vrot om ’n drie te druk.

    Toe besluit Trompie om sommer self deur te breek en vir almal te wys wat daar nou eintlik in hom steek. Die twee spanne skrum voor Trompie-hulle se pale, maar hy is gereed. Dit maak nie aan hom saak dat hy die hele lengte van die veld sal moet hardloop om ’n drie te gaan aanteken as hy die bal kry nie. Nee, hy’s gereed vir aksie. Hy kan dit doen.

    Die bal word in die oond gesit. Trompie is effens teleurgesteld toe hy sien sy voorspelers haak nie die ding nie, maar dit maak nie saak nie. Hy is nou haastig! Hy vlieg om die skrum, stamp die ander span se losskakel dat hy deur die lug trek, pluk die bal onder die voorspelers se voete uit en lê oop – veld op!

    Vir hom klink die toeskouers se gelag, die fluitjie wat oor en oor blaas, sy spanmaats wat vir hom skree om nie simpel te wees nie alles soos menigtes se oorverdowende gejuig omdat hy so ’n skitterende rugbyspeler is.

    Trompie plant die bal netjies agter die pale. Hy stap met ’n breë glimlag terug en maak ’n effense buiging vir die toeskouers. Toe kom hy eers agter iets is verkeerd! Mense jou hom uit en sy spanmaats gluur hom aan. Die skeidsregter staan met sy hak op die plek waar die seun die bal uit die skrum gepluk het.

    Wat... wat’s verkeerd, Meneer? vra Trompie verbaas.

    Jy was hopeloos onkant, sê die skeidsregter. Dis ’n strafskop.

    Toe Blesville se baasskopper die bal regsit en pale toe kyk, mompel Trompie by homself: Moenie dat dit oor wees nie... Moet asseblief nie dat dit oor wees nie...

    Sy hele reputasie hang van hierdie skop af. As dit mis is, sal almal die vreeslike ding wat hy nou weer aangevang het vinnig vergeet, maar as die ou die bal oorskop en Kwaggaberg se span verloor, sal hy nooit die einde daarvan hoor nie.

    Trompie se angstige mooivraery het niks gehelp nie. Die bal het netjies oor die dwarsbalk getrek. Blesville Laer het Kwaggaberg met drie punte teen nul geklop. En dit was alles Trompie se skuld!

    Asof ek kon help, brom hy waar hy luilekker agter in die klas teen die muur sit en leun. As dit ’n drie was, sou almal gesê het ek’s wonderlik, maar toe is dit nie en toe kry ek die skuld...

    Trompie!

    Hy wip soos hy skrik. Hy het skoon vergeet hy is in die skool. Hy het hardop met homself gepraat!

    Meneer Erasmus kyk na die seun wat nou staan.

    Vertel vir my wat ek nou net gesê het. Die onderwyser klink nie kwaad nie. Trompie sluk. Almal weet meneer Erasmus is op sy gevaarlikste wanneer hy so koel en kalm praat. Die seun word bleek. Hy frons. Hy probeer naarstiglik onthou. Waaroor het Ou Tor gepraat? Dit was mos iets van Jan van Riebeeck, nè? Trompie kyk na Rooie in die bank langs hom. Sy maat wil graag vir hom iets fluister, maar die onderwyser se oë is strak op hulle gevestig.

    Toe, Trompie, ek wag.

    Ja, Meneer. Was dit nie... was dit nie iets van Jan van Riebeeck nie?

    Natuurlik. Die domste swaap weet dit. Maar wat het ek van hom gesê? Wat was my laaste sin?

    Meneer se laaste sin?

    Ja.

    Reg, Meneer.

    Trompie staar peinsend voor hom.

    Dis – dis op die punt van my tong, Meneer.

    Nou haal dit daar af!

    Die klas begin giggel.

    Nee, Trompie, jy weet nie wat ek gesê het nie. Jy het nie geluister nie. Kom hier!

    Soos iemand wat onskuldig is, maar sy straf nietemin dapper sal verdra, stap die seun na die onderwyser se lessenaar toe. Met ’n onskuldige gesig staan hy voor meneer Erasmus. ’n Stralekrans sal nou goed op sy kop pas.

    Het jy gesit en droom, Trompie?

    Ja, Meneer.

    Weet jy enigiets van wat ek gesê het?

    Trompie wil sê hy weet alles van die les af, behalwe daardie laaste sin oor Jan van Riebeeck, maar dan bedink hy hom. Nee, Ou Tor sal hom tog nie glo nie... en dit is mos ook nie waar nie. Hy weet niks van die les af nie. Die onderwyser sal hom begin uitvra en hy sal dit gou agterkom.

    Ek weet ongelukkig niks nie, Meneer, mompel hy.

    Dan moet jy gestraf word!

    Ja, Meneer. Hy wat Trompie is, het eintlik niks verkeerd gedoen nie, maar as hy dan gestraf móét word, sal hy dit soos ’n man vat.

    Die klas sit nou penregop en luister. Die onderwyser staar ingedagte voor hom uit. Dan maak hy sy geskiedenisboek oop. Hy wys met sy vinger na ’n sin en lees dit vir Trompie:

    Jan van Riebeeck was die eerste goewerneur van die eerste volksplanting aan die Kaap.

    Trompie sluk. Dit is ’n lang sin met groot woorde. Hy hoop maar hy sal die ding nie te veel kere moet uitskryf nie. Seker so vyftig keer...

    Ek wil jou nie die eerste dag al detensie gee nie, Trompie.

    Nee, Meneer, dankie Meneer.

    Maar jy moet gestraf word – en deeglik!

    Die seun swyg.

    Jy gaan hierdie sin vir my uitskryf – vir môre!

    Reg, Meneer.

    Tweehonderd keer!

    Trompie kyk verslae na die geskiedenisboek en mompel onwillekeurig: Jissie!

    Wat?

    Twee-... tweehonderd keer, Meneer?

    Ja! Dis wat ek gesê het.

    Reg, Meneer, sê die seun en sug. Ek dog ek het miskien verkeerd gehoor.

    Die laaste kwartaal begin maar sleg vir Trompie.

    Terwyl die ure in die klas stadig verbysleep, sit hy en planne beraam. Langs hom werk Rooie kastig kliphard. Hy probeer Dawie en Blikkies wat oorkant hom sit se aandag trek, maar hulle is kamtig ook druk besig met hul somme. Hy weet hoekom almal skielik so hard werk. Hulle is natuurlik bang hy gaan hulle vra om hom te help met die uitskryfwerk.

    En dit is presies wat hy gaan doen. Tweehonderd keer! Dit is darem te vreeslik! Is hulle dan nie sy maats nie? Maats help mekaar mos. As een van hulle in só ’n gemors was, sou hy wat Trompie is die ou gehelp het. Hy weet hy sou... of hoe? Noudat hy ernstig hieroor nadink, is hy nie meer so seker nie. Maar hy meen darem tóg hy sou en dit het ook mos niks met die saak te doen nie. Hulle moet hóm help!

    In juffrou Smith se Engelse klas kry Trompie kans om ’n briefie te skryf. Voor hy dit aangee, lees hy dit weer:

    Manne van die Boksombende!

    Daar’s ’'n groot verandering in ons planne.

    Ons ontmoet nie vanmiddag in ons fort nie, maar in my kamer, by my huis. Groot dinge om te doen! Bring potlode saam!

    Julle Grootkaptein

    Trompie

    Kaptein van die Boksombende

    Die wat nie wil kom nie - onthou Rooie se oog!

    Trompie

    Trompie is bekend as ’n woeste bakleier. Hy het al in ’n regte bokskryt teen ’n kampioen van Johannesburg geveg en gelykop geëindig.

    Die verwysing in sy brief na Rooie se oog – Trompie en Rooie het ’n slag handgemeen geraak en hy het vir sy maat ’n liederlike blou oog gegee – het die gewenste uitwerking. Al drie belowe hulle sal met hul potlode in sy kamer aanmeld.

    Dié middag gaan Trompie ná ete reguit kamer toe. Sy ma kyk hom verbaas aan toe hy mompel: Baie huiswerk en sulke klas van goeters, Ma weet...

    Hy sit en wag vir sy maats. Hy het vier velle papier op sy tafel neergesit. Hy wou net begin om die sin uit te skryf toe hy hom bedink. Dit sal mos nie betaal nie. Hy skryf só vinnig dat hy gaan klaar wees voor hulle hier uitslaan. Nee, hulle moet saam begin. Elkeen moet die sin vyftig keer uitskryf. Hulle kan resies jaag. Dis ’n goeie plan. Dan sien hulle wie skryf die vinnigste.

    Trompie twyfel glad nie daaraan dat hy eerste sal klaar wees nie. Hy hoef die sin mos nie presies vyftig keer uit te skryf nie. So veertig of twee-en-veertig keer is genoeg. Wie sal dit nou tel? Nie een van die ander ouens nie, en ook nie meneer Erasmus nie. Hy is mos gans te besig.

    Die seun voel nou sommer heelwat beter. Ja-nee,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1