Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
Ebook179 pages1 hour

Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . .
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
LanguageAfrikaans
Release dateJun 6, 2020
ISBN9780798181396
Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
Author

De Wet Hugo

De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by 'n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gepubliseer in Rympies vir Pikkies en Peuters, Liedjies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf, Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is 'n riller.

Read more from De Wet Hugo

Related to Kies-jou-avontuur

Titles in the series (1)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kies-jou-avontuur

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kies-jou-avontuur - De Wet Hugo

    1

    ’n Harde knal van donderweer laat die klaskamer se vensters ratel en skud. Mario skiet regop in sy bank en kyk verward om hom rond.

    Al die graadsewes begin lag.

    Ag, moenie bang wees nie, Mario’tjie! sê Lodewyk, sy grootste vyand. Dis nie regtig donderweer nie, hoor. Dis sommer net die feetjies wat hulle tafels regskuif vir ete. Die klasboelie se simpel grap laat die res nóg harder lag. Die grinnik op Lodewyk se ronde bakkies word groter terwyl hy met sy vingers aan sy gejelde kuif voel.

    Ja, dit kom nou van slaap in die klas terwyl jy moet aandag gee, sê juffrou Jooste van agter haar lessenaar terwyl sy oor haar dikraambril na Mario gluur.

    Toe die juffrou afkyk na die papiere voor haar, trek Mario ’n skewe gesig in haar rigting en lê weer op sy arms. Hy’s nie lus om aandag te gee nie, want almal om hom vertel met smaak waarheen hulle die komende vakansie gaan. Meer as die helfte van die klas gaan oorsee terwyl hý vir die volgende drie weke by die huis saam met sy ouers en irriterende jonger boetie gaan muf!

    En om dinge erger te maak, woon Lodewyk en sy ewe onsmaaklike ouers reg langs hulle, en gaan ook ’n groot deel van die vakansie tuis wees.

    Hy sien glad nie uit na weke van aanhoudende geterg en gemene poetse sodra hy dit waag om sy neus by die deur uit te steek nie.

    Mario is siek en sat van alewig by die huis bly.

    Dis tog nie asof hulle arm is nie. Maar sy pa is verslaaf aan sy werk en daarom kan hulle selde weggaan of selfs oor naweke uitgaan nie. Dis seker by hom wat Mario sy verslawende geaardheid geërf het. Gelukkig is hy nie soos sy pa met werk behep nie. Hy spandeer eerder al sy vrye tyd op sy rekenaar.

    En dis juis hoekom Lodewyk alewig aan hom karring. Hy is net jaloers omdat Mario die rekenaarspeletjiekampioen van die skool is.

    Die skoolklok lui uiteindelik. Pas julleself mooi op! roep juffrou Jooste bo die geraas van kinders wat by die deur uitskarrel. Mario staan traag op en gooi sy rugsak oor sy skouer.

    En moenie te veel rekenaarspeletjies hierdie vakansie speel nie, sê die juffrou met ’n opgeligte wenkbrou toe hy verby haar stap.

    Mario gee ’n flou glimlag. Maar ’n trilling van opwinding skiet deur sy lyf, want juffrou Jooste het hom so pas herinner aan die een ding wat hom die gelukkigste op aarde maak. Rekenaarspeletjies! En dit het hom nou net ’n blink idee gegee.

    Toe hy by die skool se hoofuitgang kom, heers daar chaos. Kinders hardloop koes-koes en gebukkend deur die sterk wind en swaar reën. Wat gaan met almal aan? Hulle kan tog so aansit. Dis maar net ’n bietjie water. ’n Mens sou dink dis die einde van die wêreld!

    Dan hoor Mario ’n helse slag en sien hoe ’n blink weerligstraal die grasperk voor die skool tref! Deur ’n gegil en geskree van kinders hoor hy skreeuende bande en sien hoe sy ma se goudgeel karretjie reg voor die hek stop.

    Hardloop! skree sy deur die oop venster en lê op die toeter. Hierdie weer is gevaarlik! Ons moet dadelik by die huis kom!

    Mario se jonger boetie, Luigi, sit agterin en lyk of hy ’n spook gesien het. Mario rol sy oë. Sy gesin is nou net so dramaties soos die res van die skool.

    Hy kyk op na die malende swart wolke bo hom. Dit laat hom ’n bietjie onrustig voel, maar hy gaan sy ma definitief nie die satisfaksie gee om dit te wys nie. Hy begin rustig met die paadjie tussen die skoolgebou en die hek afstap. Binne sekondes is hy sopnat, maar hy vee die reën uit sy gesig en probeer so ongeërg moontlik lyk.

    Toe nog ’n oorverdowende knal van weerlig gevaarlik naby ontplof, hardloop hy tot by die goudgeel karretjie en pluk die deur oop. Voor sy ma die kar in trurat kry, vra hy gou: Ma, kan ek asseblief net eers by Nikos oorkant die pad ’n nuwe rekenaarspeletjie vir die vakansie gaan koop?

    Sy ma se hande verstyf om die stuurwiel en sy lyk hoogs ontsteld.

    Asseblief? smeek hy voor sy iets kan sê.

    Nee, Mario! skree sy woedend bo die geraas van die storm uit. Jy het oorgenoeg rekenaarspeletjies. En jy is so pas amper deur ’n weerligstraal getref! Ons gaan nou onmiddellik huis toe.

    Ek het my eie geld, Ma, probeer hy pleit. Sy móét net verstaan. Sonder ’n nuwe speletjie gaan die vakansie doodvervelig wees. Wag net gou vir my vir vyf minute. Asseblief!

    Sy ma se oë blits. Ek het klaar gepraat, Mario. Sy ruk die rathefboom terug en die geel karretjie se enjin brul toe sy begin wegtrek.

    Mario kan sy ore nie glo nie. Hoe kan sy so onregverdig wees?

    Woede brand in sy maag.

    As jy dink Mario moet sy ma ignoreer en uitspring en oor die pad hardloop tot by Nikos se rekenaarspeletjiewinkel, gaan na 2.

    As jy dink Mario moet na sy ma luister en in die kar bly, gaan na 3.

    As jy dink Mario moet eerder weghardloop en in die park langs die skool gaan wegkruip, gaan na 4.

    2

    Mario pluk die deur oop. Voor sy ma behoorlik kan stop, spring hy uit en hardloop om die simpel geel karretjie en vleg deur die toetende verkeer tot aan die ander kant van die pad. Vaagweg kan hy sy ma hoor skree. Iets van sy pa en hoe hy dit gaan berou. Maar hy sal hom later daaroor bekommer. Nou móét hy net eers ’n nuwe rekenaarspeletjie in die hande kry. Hoe kan sy ma verwag hy moet die vakansie met ou speletjies begin? Dis so selfsugtig van haar! Hy mag nou wel ’n rak met honderde speletjies in sy kamer hê, maar hy het hulle almal al voos gespeel.

    Een ding is seker: Niemand speel so goed soos hy nie.

    Toe hy Nikos se winkel bereik en sy weerkaatsing in die glasdeur sien, besef hy hy lyk soos ’n verdrinkte rot. Sy skoolklere hang soos nat sakke aan hom. Hy stamp sy voete en skud die ergste water uit sy hare voor hy die deur oopstoot.

    Die jong Griek met sy lang swart poniestert en leerklere, sit soos gewoonlik agter die toonbank met sy oë vasgenael op ’n rekenaarskerm. Toe hy die deur se klokkie hoor pieng, kyk hy op. Haai, Mario, my vriend. Ek het nie gedink ek sou jou so gou weer hier sien nie.

    Nikos, luister, ek kan nie lank bly nie … begin Mario uitasem, maar Nikos val hom in die rede.

    Ek is jammer. Ek het niks nuuts ingekry nie.

    Mario voel hoe sy gemoed val. Wat? Dis mos nie moontlik … Hy kyk om hom na al die speletjies op die rakke. Hy bly stil toe hy besef hy’t sowaar elke speletjie in die winkel gekoop en baasgeraak.

    Nikos glimlag asof hy sy gedagtes kan lees.

    Absoluut niks nuuts nie? probeer Mario weer.

    Wel, sê Nikos en kyk na ’n USB-geheuestokkie op die toonbank voor hom.

    Mario sien ’n prentjie van ’n weerligstraal op die USB en tel dit vinnig op. Opwinding hardloop teen sy ruggraat af. Wat is dit? vra hy.

    ’n Nuwe speletjie, sê Nikos en haal sy skouers op. Maar ongelukkig nie vir jou nie. Jy is nog nie gereed nie.

    Mario se mond val oop. Nikos, jy weet ek is die beste! Wat bedoel jy ek is nie gereed nie?

    Wel, hierdie stuff is splinternuut en … Nikos kyk rond asof die mure ore het. Dis tans onwettig. In baie lande is dit waarskynlik al verban, fluister hy.

    Mario se oë rek groter. Nikos moet weet dat hy dit so pas vir hom onweerstaanbaar gemaak het!

    H-h-hoeveel wil jy hê? Ek sal jou afbetaal as dit baie duur is, sê Mario en haal sy beursie uit sy rugsak, al weet hy daar’s niks geld in nie. Hy hoop net Nikos sal hom weer op skuld laat koop …

    Nikos begin lag. Jy skuld my reeds te veel geld. Maar dis in elk geval nie te koop nie, sê hy beslis.

    Laat ek dit dan net copy, probeer Mario. "Ek sal dit môre terugbring. Ek belowe. Dit

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1