Vrouekeur

ROEP VAN DIE UIL

Linda klop aan die voordeur, reg onder die naambordjie: Kanieklanie.

Dis ’n dubbelverdieping, massief soos ou huise op klein dorpies kan wees. Luike voor die vensters. Bome staan die voortuin vol.

Die deur swaai oop. “Jittetjie! Is dit jy, Linda?” Die vrou het haar hand oor haar mond.

“Dis reg – mevrou Maree?”

“Ag, net Essie. Het jy al die pad van die stasie af gelóóp met die grote tas?”

“Dit het wieletjies!” Linda volg Essie die huis binne.

In die sitkamer kyk ’n jong man en nog jonger meisie van hul skaakspel op. Albei is amper onwaarskynlik aantreklik, die donker oë en hare ’n kontras teen die ligte velle.

“My seun Stephen en my doggie Leanne,” sê Essie. “Sy’s in matriek. En dis ons nuwe loseerder, Linda. Sy’t al die pad van die stasie af gelóóp met die grote

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege
Vrouekeur6 min read
Net ’n Drie Kan Vyf Tel
Hermien skuif tot op die punt van die stoel. Die uitgebleikte gordyne in die portaal eggo die afgeleefde skoolgebou. Almal is reeds huis toe. Behalwe meneer Pullen. Sy rem aan haar rok, trek dit oor haar knieë. Hierdie aansoek is kardinaal. Die kanto
Vrouekeur3 min read
Vra Vir Dr HERMANN
Ek het twee tienerdogters. Een is hipernetjies en perfeksionisties en die ander een is al die jare ’n regte slonskous. Alles tuimel uit haar kaste, skoon en vuil is deurmekaar en as jy die kamerdeur oopmaak, sien jy nie eens die bed nie. Praat, omkoo

Related