Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Waldo en die meermin met die blou hare
Waldo en die meermin met die blou hare
Waldo en die meermin met die blou hare
Ebook104 pages46 minutes

Waldo en die meermin met die blou hare

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar? En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg – ’n beskermengel, of iemand vir wie hulle moet ligloop?

Dit is die derde boek in hierdie suksesvolle reeks.

LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2021
ISBN9781776250295
Waldo en die meermin met die blou hare
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Waldo en die meermin met die blou hare

Related ebooks

Related articles

Reviews for Waldo en die meermin met die blou hare

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Waldo en die meermin met die blou hare - Jaco Jacobs

    Illustrasies deur Gwendolene van der Merwe

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    ’N ONVERWAGSE PAKKIE

    Dit is ’n koue, nat grys middag. Die soort middag wat jou laat wens jy het eerder vandag in die bed gebly. Die winterlug is die kleur van vuil skottelgoedwater. As jy toevallig op hierdie oomblik naby Kruwelhof verbystap en opkyk, sal jy sien hoe ’n spierwit papiervliegtuigie stadig van die woonstelblok se dak af ondertoe gesweef kom. Meteens gryp ’n rukwind die vliegtuigie soos ’n stout kleuter, laat dit wild in die rondte tol en slinger dit teen die nat teerstraat vas.

    Waar hy op die dak van die woonstelblok staan, kyk Waldo ondertoe. Hy staar na die vliegtuigie wat soos ’n dooie duif in die straat lê. ’n Motor kom verbygejaag en spat ’n boog vuil water daaroor. Spanner leun met sy voorpote teen die dakreling en gee ’n teleurgestelde tjankie. Dan kyk hy met ’n frons na Waldo asof hy wil sê: Nou wat nou? Gaan jy nie nog ’n vliegtuig vou nie? Spanner is ’n spanjoel, en frons is iets waarmee spanjoele baie goed is.

    Die wind is te sterk, verduidelik Waldo. Ons kan môre weer probeer.

    Waldo het maande en maande lank geoefen om die perfekte papiervliegtuigie te vou – een wat baie ver kan vlieg sonder om neus eerste ondertoe te duik. Dit verg baie konsentrasie en ’n hele klomp ingewikkelde voue, maar sy vliegtuigies vlieg partykeer so ver oor die straat en oor die parkie dat mens dit later nie meer kan sien nie.

    Maar vanmiddag staan selfs Waldo se spesiale vliegtuigies nie ’n kans teen die wind nie.

    Spanner staar na die parkie oorkant die straat en gee ’n verlangende hondesug. Smiddae gaan stap Waldo gewoonlik met hom, maar vandag is dit te nat en koud en modderig. Op sonnige dae is die parkie ’n vrolike bontspul van mense wat met hulle honde stap, babas in stootwaentjies stoot, die eende voer of ’n ent gaan draf, maar vanmiddag is dit net so grys en koud soos die lug, en so te sê verlate. Die enigste tikkie kleur is iemand wat met ’n kanariegeel reënjas tussen die bome deurstap.

    Waldo swaai om toe hy ’n elektroniese wirrr-geluid agter hom hoor. Hy glimlag toe hy vir Connie in haar rolstoel sien nader ry. Haai, Connie, groet hy.

    Connie kyk hom vreemd aan. Waldo, kan ek jou iets vra?

    Uhm ... ek dink jy hét so pas, sê Waldo.

    Wat bedoel jy?

    Nóg ’n vraag! sê Waldo en grinnik. Jy het nou al twee vrae gevra.

    Connie klik haar tong vererg. Man, moenie vir jou snaaks hou nie. Sê my, waaraan dink jy as jy altyd so alleen hier op die dak staan en papiervliegtuie vou?

    Waldo trek sy skouers op. Niks eintlik nie.

    Connie gee hom ’n kyk en lig ’n wenkbrou.

    Sy hoef niks meer te sê nie. Waldo weet sommer daardie wenkbrou beteken: Waldo Loots, ek ken jou heeltemal goed genoeg om te weet wanneer jy vir my jok. As mens op ’n goor, koue dag soos vandag op die dak van ’n woonstelblok staan en papiervliegtuie vou, moet daar ’n goeie rede voor wees.

    Waldo glimlag. Vandat Connie-hulle hier in Kruwelhof ingetrek het, is hulle twee beste vriende. Connie is slim en snaaks en avontuurlustig ... en sy het ’n ongelooflike talent om haar neus in ander mense se sake te steek.

    Ek sal jou sê waaraan ek op hierdie oomblik dink ... sê Waldo en vryf sy hande teen mekaar om hulle warm te maak. Warm sjokolade met malvalekkers!

    Connie grinnik. As dit ’n jok is, gee ek nie eens om nie. Solank ek ook kan kry!

    Waldo tel sy pakkie notapapiertjies op en stap agter Connie aan hysbak toe. Hy het dit nog nooit vir Connie vertel nie, maar partykeer verbeel hy hom

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1