Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Minki se avontuurkamp
Minki se avontuurkamp
Minki se avontuurkamp
Ebook52 pages51 minutes

Minki se avontuurkamp

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …

LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2021
ISBN9781776250509
Minki se avontuurkamp
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Minki se avontuurkamp

Related ebooks

Related articles

Reviews for Minki se avontuurkamp

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Minki se avontuurkamp - Jaco Jacobs

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    Inpaklysie

    Slaapsak?

    Jip!

    Tandeborsel?

    Jip!

    Padkos?

    Minki grinnik. Genoeg vir ’n netbalspan!

    Natalie en Lara lag.

    Ek dink jy het alles op jou inpaklysie, Minki, sê Lara tevrede en gee die lysie vir Minki terug.

    Dis ’n lekker sonnige middag. Die drie maats kuier onder die groot ou eikeboom in Minki-hulle se tuin. Vanmiddag gesels hulle net oor een ding – die skoolkamp wat môre begin!

    Dit was Lara se idee dat hulle elkeen ’n lysie maak van alles wat in hulle rugsakke moet kom.

    Lara hou van lysies maak en dinge haarfyn beplan.

    Minki sit haar rugsak langs die tuintafeltjie neer en vat ’n sluk van haar koeldrank.

    Ek wens dit was al môreoggend! sê Natalie. Ek dink nie ek gaan vanaand ’n oog toemaak nie.

    Spaghetti blaf opgewonde. Dit lyk asof hy ook nie kan wag vir môre nie.

    Jammer, Spaghetti, sê Minki en vryf oor sy kop. Honde mag ongelukkig nie saamgaan op die kamp nie.

    Spaghetti gee ’n teleurgestelde tjankie, asof hy presies verstaan wat Minki sê.

    Lara kyk bekommerd na Natalie. Is jy seker jy het al die goed op jóú lysie ingepak? vra sy. Moet ons nie gou jou rugsak gaan haal en seker maak nie?

    Natalie bly reg langs Minki. As haar ma nie kyk nie, klouter sy sommer oor die muur wanneer sy kom kuier.

    Uhm ... ek is nie eens seker waar my lysie ís nie, erken Natalie.

    Natalie! sê Lara geskok.

    Minki proes van die lag. Natalie hou glad nie van lysies maak en beplan nie.

    Ag, wat maak dit saak as ek my tandeborsel vergeet? sê Natalie en trek haar skouers op. Dis tog ’n kamp. Niemand gaan omgee as my asem elke oggend soos Spaghetti s’n ruik nie.

    Spaghetti spring op en lek Natalie se gesig.

    Jig! roep sy uit. Oukei, oukei, ek sal my tandeborsel onthou! Spaghetti, jou asem ruik aaklig.

    Minki bars uit van die lag. Daar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1