Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Minki se pajamapartytjie
Minki se pajamapartytjie
Minki se pajamapartytjie
Ebook62 pages48 minutes

Minki se pajamapartytjie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop!

Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …

LanguageAfrikaans
Release dateJul 6, 2020
ISBN9781776250110
Minki se pajamapartytjie
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Minki se pajamapartytjie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Minki se pajamapartytjie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Minki se pajamapartytjie - Jaco Jacobs

    cover.jpgMinki_karakters.jpgMinki_se_pajama_titelblad_02.psd

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    1

    Glimlag, Spaghetti!

    Glimlag, Spaghetti!

    Spaghetti se tong hang uit in ’n groot hondeglimlag. Hy lyk baie snaaks met die lang pienk-en-wit haasore op sy kop en die geelwortel wat voor hom op die gras lê. Dit is perfek vir ’n foto!

    Minki2_Hf1_1.jpg

    Minki lig haar kamera. Sy maak seker Spaghetti is mooi in die raampie, skuif haar vinger tot op die sluiterknoppie, trek haar asem in en ...

    Pwôrk! Pwôrk! Pwôrk!

    Spaghetti se ore spring orent.

    Spaghetti, wag! roep Minki uit.

    Maar dit is te laat. Die hond vlieg op en hardloop agter die geluid aan. Sy haasore trek dóér!

    Minki2_Hf1_3_4.jpg

    Aaa! kreun Lara. Kon jy ’n foto neem voordat hy weggehardloop het?

    Minki skud haar kop moedeloos.

    Marko en Max kom oor die grasperk aangehardloop. Max het ’n groot rubberhoender in sy hand. Hy swaai die hoender aan sy nek rond. Spaghetti spring blaffend op en probeer dit gryp.

    Marko! Max! raas Minki. Julle het ons foto laat flop!

    Minki se tweelingboeties lag net en steek vir haar tong uit. Hulle hou aan om vir Spaghetti met die speelgoedhoender te terg.

    Pwôrk! Pwôrk! Pwôrk!

    Minki2_Hf1_3_4.jpg

    Spaghetti hardloop in sirkels rond en probeer die hoender gryp. Die rubberhoender is sy nuwe gunstelingspeelding. Hy raak heeltemal verspot as hy die hoender hoor kekkel.

    Agge nee, ek gee moed op, sê Minki moedeloos en sit haar kamera op die tuintafeltjie neer.

    Sy en Lara sukkel al die hele middag om vir Spaghetti snaaks aan te trek en ’n foto van hom te neem. Minki het op die internet allerhande idees vir prettige en oulike hondefoto’s gesien, maar Spaghetti is nie ’n baie geduldige model

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1