Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vlis met vlerke
Vlis met vlerke
Vlis met vlerke
Ebook93 pages1 hour

Vlis met vlerke

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

“Vlis” is die woord wat die hoofkarakter, die 12-jarige Andine, en haar au pair uitgedink het vir iemand wat “nog vis nog vlees” is – soos, Andine, op daardie tusseninstadium tussen dogtertjie en jong meisie/vrou. Andine en haar boetie, Zander, is rykmanskinders wie se ouers oorsee gaan en hulle onder die au pair se toesig los. Maar dan word die au pair (“Jam”, kort vir JM, Jean-Marie) se tannie baie siek en gaan sy na die kleinhoewe of “plot” waar hulle woon om te help met hulle dag-tot-dag bestaan, en sy neem die kinders saam. Andine is eers vies want sy hou nie van die afgeleefde ou huis of die vervelige daaglikse take op die “plot” nie; sy sal veel eerder saam met haar vriendinne shop en fliek en in die malls uithang. Maar tot haar verbasing begin sy dit gaandeweg geniet. Dan is daar ook bietjie avontuur wat bykom wanneer haar 9-jarige boetie en ‘n swart maatjie ontvoer word. Sy raak ook betrokke by ‘n gemeenskapsprojek van ‘n groep vroue wat toilette bou by die plaaslike skooltjie. Aan die einde is sy nie meer ‘n “vlissie” nie – die hele avontuur laat haar grootword en haar eie omstandighede en familie meer waardeer.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780624051022
Vlis met vlerke
Author

Annemari Coetser

Annemari Coetser se debuutroman Oop kaarte is in 2006 gepubliseer. Die boek was ’n finalis in Sanlam en Insig se Groot Romanwedstryd. Daarna het Langverlof (2008) en Aan die windkant (2009) gevolg. Vlis met vlerke, ’n jeugroman, verskyn in 2010 en Die kamer langsaan in 2012. Annemari skryf ook graag kortverhale en kinderverse.

Related to Vlis met vlerke

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vlis met vlerke

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vlis met vlerke - Annemari Coetser

    Vlis met vlerke

    Annemari Coetser

    Tafelberg

    Met liefde opgedra aan my kleinkinders:

    Donné, Andine, Mieke en Zander

    Omdat julle my nuwe dinge leer

    en my laat lag

    Hoofstuk 1

    ’n Aaklige, skril geskree klink op by die deur wat uit die kombuis na die donker gang lei.

    Oomblikke gelede het Andine haar nog op ’n groen stoel by ’n houttafel in ’n vreemde kombuis sit en verveel. Zander, haar jonger boetie, het teen die tafel geleun en ’n speletjie op sy PSP gespeel.

    Nou sit hy styf langs haar op die stoel en hulle arms klou vanself om mekaar vas. Wat is dit? Sy vingers boor in haar arms in; sy ruik sy stowwerige seunskind-asem. Wat maak so?

    Die ding tjank-skree weer en haar nekhare rys. Dis ’n spooky geluid, soos ’n gees wat sukkel om sy stembande weer te laat werk, of soos ’n alien.

    Ek weet nie, fluister sy.

    Sy weet flippen regtig nie, sy wens sy hét geweet.

    Hoog teen die deur se kosyn sweef iets ronderigs die kombuis in; ’n weird, sagte swart vorm. Dit swiep weer terug. Die lig is te dof om mooi te sien, maar elke keer wanneer die ronderige swart ding inswiep, lawaai die spook.

    Toe die ding weer die kombuis binnesweef en lelik kerm, gil Andine verskriklik, gryp vir Zander en sleepdra hom in die rigting van die slaapkamer waar die grootmense is.

    ’n Klomp goed gebeur gelyk.

    Die kamerdeur vlieg oop.

    Wat is dit? Wie skreeu so? Jam hardloop na hulle toe. Sy trek hulle af grond toe en vou haar arms beskermend om hulle, soos ’n hen wat haar kuikens bymekaarmaak.

    Oom Frans loop met lang treë verby hulle na die donker gang en roep hard: Thapelo!

    ’n Seuntjie hardloop die kombuis binne. Hy lag soos ’n perd wat runnik; jy sien net wit tande. Hy swaai ’n swart verestoffer rond en skeur hom vir sy eie grappie.

    Jam vlieg van die grond af op. Sy gee net ’n paar groot treë, toe is sy by Thapelo. Haar kort lyf in die bruin sweetpak lyk soos ’n oorlogstenk in volle vaart. Sy trek haar hand ver terug, bal haar vuis en mik na sy kop. Andine dink sy gaan hom met een hou verpletter.

    Hy dink ook so en koes. Jam lag en gee hom ’n drukkie. Eish, Thapelo! sê sy. Jy’s nog net so ’n terggees. Jy het ons almal uit ons skoene uit laat skrik, jou otter!

    Sy sit haar hande op sy skouers en draai hom om na Andine en Zander toe. Hierdie stoutgat, sê sy, is oom Koos en tannie Elize se grootmaakkind, Thapelo. Sy ma hou skool en hierdie vakansie werk sy aan ’n projek. Sy skud Thapelo effens. Sê vir Andine en Zander jy’s jammer, toe! Dadelik!

    Thapelo kyk af vloer toe, maar Andine kan sweer hy is nie jammer nie, want die kuiltjie in sy wang duik in. Sorry, brom hy. Ek het nie geweet julle sal vir ’n ou verestoffertjie skrik nie.

    Oom Frans raas ook met Thapelo. Hulle is ons gaste! sê hy kwaai. ’n Mens maak nie so met kuiergaste nie.

    Jam spring omtrent dadelik in haar sersant-majoorrol in en begin aandete organiseer.

    Andine gaan weer op die groen stoel langs die tafel sit. Haar hart klop soos ’n outydse wekker in ’n koekblik. Wat gaan op hierdie weird plek aan? Is Jam mal om hulle hierheen te bring, na ’n plot wat soos ’n scene uit ’n horror movie lyk?

    Die weird-geit het nou-nou al begin, toe Jam van die grondpad af op ’n kleiner paadjie na die plot afgedraai het. ’n Laning hoë, donker sipresbome het lang skaduwees oor die pad gegooi. Regte kerkhofbome, het Andine gedink, geril, en haar nek gerek om oor die voorste sitplek se kopstut te kyk. Langs haar het Zander probeer om deur sy groot nuwe voortande te fluit, maar dit net reggekry om die venster aan sy kant van die kar papnat te spoeg.

    Dis nie so erg soos dit lyk nie, het Jam gesê toe hulle tussen die bome uitgery en die armoedige huisie voor hulle gesien het. Die dakplate het skeef oor die voorstoep gehang. Plaasgereedskap, motorwrakke, stukkende yskaste en geroeste sinkplate het die erf se agterkant vol gelê.

    Ek het nie geweet jou oom en tannie is maplotters nie, het Andine gesê, haar vingers toegevou en haar nuwe naelverf bekyk.

    Hoewebewoners.

    Jam se ouers het glo altyd met haar baklei as sy haar tale meng, nou praat sy nog steeds die taal so suiwer. Partykeer help sy ’n mens reg, maar sy is nie ernstig daaroor nie.

    Moenie dat die gemors julle afskrik nie. Tannie Elize en oom Frans is baie goeie mense. Sy het die Landrover Discovery afgeskakel en ’n lomp Great Dane-hondjie het teen die kar se regtervoordeur opgespring.

    Oom Frans het uit die huis gekom. Voertsek, Skroef! het hy hard met die hond geraas, die deur aan Jam se kant oopgemaak en net so hard gesê: Hallo, Ou Perd! Is dít nou die kinders wat jy moet grootmaak?

    Au pair! Nie Ou Perd nie! Jam het gelag en uitgespring. Dis Frans, oom Frans! Sy het nie gesien hoe hy vir Andine geknipoog het nie.

    Andine dink Jam wou hom eintlik net ’n verlangse drukkie gee, maar oom Frans het Jam omhels en haar gesoen.

    Jam het haar mond met haar hand se rugkant afgevee. Ek pas die kinders op wanneer hulle ouers werk, het sy verduidelik en die deur vir Zander oopgemaak. Dis nou skoolvakansie, maar hulle pa en ma het in Oezbekistan se berge gaan voetslaan. Hulle is uitgekuier by al die gewone toeristeplekke. Sy het deur die oop deur vir Andine geglimlag en haar vingers deur haar eie bos rooi hare gesteek wat in pennetjies op haar kop regop staan.

    Andine het bly sit. Sy het haar oë gerol en haar vingers met die rooi naels oor haar nuwe distressed jeans gestryk, vies omdat Jam van kinders praat. Twaalf is ten minste al amper groot. Zander, ja. Nege is nog pure kind, kyk hoe laat hy toe dat Skroef sy klere vuilsmeer.

    Hallo, grootman! het oom Frans gebulder, vir Zander nadergetrek en hom ’n drukkie gegee. Hoekom is jy so bleek, jong? Hy het nie op ’n antwoord gewag nie. Die vars lug op die plot sal jou goed doen. Dis jammer ek moet môre vir ’n paar dae weggaan, anders het ek jou leer ploeg.

    Zander het weggestaan tot styf teen Jam. Sy het haar arm om sy lyf gesit en haar oë gerol. Ploeg, oom Frans? Dis Zander van wie ons hier praat! Hy is maar so ’n bietjie van ’n bleeksiel. Sy het sy blonde hare wat hy die oggend so mooi gejel het, deurmekaar gevryf. "Kyk hoe lyk hy: die ene tande, maer bene en knopknieë, maar hy is eintlik vreeslik slim en ek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1