Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Brand
Brand
Brand
Ebook188 pages2 hours

Brand

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Ná hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy onwetend sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateAug 7, 2019
ISBN9780624084051
Brand
Author

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Daarna volg twee jaar diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa. Fanie se eerste jeugboek Breinbliksem is in 2005 bekroon met goud in die Sanlamprys vir jeuglektuur en dit het ook die MER-prys vir jeuglektuur ontvang. Sy kinderboek, Geraamte in die klas, ontvang in 2007 die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke én ’n ATKV-Woordveertjie. Sy tweede jeugboek, Onderwêreld, word in 2008 met die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) bekroon. Sy ander bekende boeke is Miserella (2007), die Klits Kronkel-reeks (2007, 2008) en Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008). Fanie woon in Bloemfontein en hy skilder en skryf voltyds.

Read more from Fanie Viljoen

Related to Brand

Related ebooks

Related articles

Reviews for Brand

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Brand - Fanie Viljoen

    Tafelberg

    There may be a great fire in our soul, yet no 

    one ever comes to warm himself at it, and 

    the passers-by see only a wisp of smoke.

    Vincent van Gogh

    what matters most is

    how well you

    walk through the

    fire.

    Charles Bukowski

    1

    Ek like hamburgers met tonne sous wat oor jou vingers drup as jy dit eet. En krakerige chips met vuurwarm chilli. Ek hou ook van musiek. Nie die soort wat julle like nie, want julle luister seker na goed waarop ’n mens kan dans. Ek dans nie. O ja, ek moes seker eerste my naam gesê het. Dis … um … Arian. Soos Adrian, maar sonder die ‘d’.

    Dis hoe hy hom destyds in graad agt aan die kinders in sy nuwe registerklas van Hoërskool Staatsberg bekendgestel het. In sy verbeelding sien Arian homself weer voor die witbord staan: ’n bleek laitie met donkerbruin hare soos diep modder, en selfs donkerder oë soos nog dieper modder.

    Jis, die goed wat hy kwytgeraak het, was flippen simpel. Maar die onnie het gevra elkeen moet iets oor homself sê, toe sê hy dit. Hy praat oor souserige hamburgers en dansmusiek, en hy leer die ouens en meisies spel.

    Vanjaar is hy in graad elf. Graad agt is ’n leeftyd gelede, maar party dae voel dit soos gister.

    Adrian, is jy met ons? vra meneer Britz vandag voor in die wiskundeklas.

    Hy antwoord aspris nie. As die meneer nou nog nie sy naam reg onthou nie, kan hy gaan vlieg.

    Adrian? vra die onderwyser harder.

    Dis Arian, meneer. A-ri-an. Sonder die ‘d’, kap hy terug. Dit beteken ‘silwer’, en het iets te doen met Poseidon se perd of stuff. A-ri-an.

    Die kinders in die klas lag. Hulle kan ook gaan vlieg.

    Dis genoeg! maak meneer Britz hulle stil. Hy trek-trek aan sy das. Kom sien my ná klas, A-ri-an.

    As meneer wil, mompel hy ergerlik.

    Met ’n sug keer die onnie terug na die les. Arian weet hy sal netnou weer vergeet dat hy hom wou sien. As die klok lui, is dit pouse. Meneer Britz sal dan so vinnig moontlik na die personeelkamer vlug om die toebroodjies wat in die plastieksakkie langs sy rekenaar lê en sweet, met tee te gaan afsluk.

    Maar eers gaan meneer Britz aan met die les. Die hele ding is op ’n PowerPoint-aanbieding op sy skootrekenaar. Arian noem dit Death by PowerPoint, want alle klasnotas is deesdae op dié program. Hulle skool se onnies dink hulle is nou tegnologies gevorderd omdat hulle PowerPoint baasgeraak het.

    Terwyl die wiskundeklas aan die gang is, dwaal Arian se oë oor die ander kinders. Van agter in die hoek kan hy hulle almal dophou. Die meeste is valser as daai Nike-tekkies wat jy by ’n vlooimark koop.

    Langs hom hoor hy twee ouens vir mekaar fluister. Thomas en Byron het seker ook nou belangstelling in die algebra verloor. Daar is net twee goed waarin ouens soos hulle belangstel: supervinnige karre en superwarm meisies.

    Ek sê jou, Thomas, daardie Maddy, sy’s ’n wilde een, sê Byron onderlangs.

    Vra haar vir ’n date, man, fluister Thomas.

    Wat? Ek wil nie date nie, ek wil vry. Byron bly stil en kyk reguit na Arian. Hei, luister jy ons af, hè?

    Natuurlik nie, keer Arian.

    Natuurlik nie, spot Thomas. Hy lag. Het jý al ’n meisie gevry?

    Arian draai reg in sy bank. Hy antwoord nie.

    Hè, Arian, het jy? vra Byron ook.

    Jis, julle, kry ’n lewe, sis hy.

    Vreemd, dis eintlik wat hy vir homself ook kan sê: Arian sonder die ‘d’: KRY ’N FLIPPEN LEWE!

    Met die entoesiasme van ’n lykbesorger dreun meneer Britz voort: "En as x gelyk is aan y plus die vierkantswortel van—"

    Die skyfies op die skerm rits meteens vorentoe, skynbaar vanself. Hulle jaag verby die volgende vyf oefeninge en die antwoorde van die latere evaluering, wat veronderstel was om ’n geheim te wees. Dan blits hulle weer terug tot aan die begin van die skyfies waar die doelwit van die les blink.

    Pandemonium bars los. Meneer Britz spring op van sy stoel. Die dataprojektor gaan vanself af. Net ’n klein kolletjie blink in die middel van die skerm, maar gou is dit ook weg.

    Wat gaan nou weer met die ding aan? vra die meneer in sy minder tegnologies vaardige stem. Hy klik-klik met die afstandbeheer na die dataprojektor. ’n Frons plooi diep oor sy voorkop.

    Onderdrukte lagbuie klink op. Almal in die klas weet wat aangaan. Thomas het sy selfoon met die projektor gesinchroniseer, nou is sy selfoon die afstandbeheer. Hy skakel die projektor aan en af, en glip deur die aanbieding soos hy lus het terwyl die onnie sweet.

    Dis groot pret as dit jou idee van pret is. Maar nie vir Arian nie. Hy klap sy wiskundeboek toe, sug en kyk by die venster uit na waar die fietse staan en blink by die fietshokkies.

    As die res van sy lewe so sielsvertrappend sleg gaan wees, wil hy eerder ’n skerp vurk in sy kopbeen indruk en dit van binne af skoonskraap. So kan dit nie aangaan nie.

    * * *

    Dis uiteindelik pouse. ’n Groep matriekseuns drentel op die stoep voor Estie Swart. Soos altyd laat sak sy vinnig haar kop toe sy haar lyf klein maak om verby te stap.

    Hei, ouens, kyk! roep een hulle. Dis mos daardie meisie wat altyd so eenkant sit en miere dooddruk.

    Arme miere, spot ’n ander matriekseun.

    Estie hoor hulle lag en verder grappies maak. Hulle dink dis oukei. Maar dit is nie. Elke vieslike woord laat haar binnekant pyn. Sy vou haar arms om haar lyf asof dit sal help dat sy nie uitmekaarval nie. Sy is al ’n ent weg, maar sy voel steeds hulle oë op haar brand. Sy druk g’n miere dood nie, maar dis wat hulle van haar dink. Hulle maak goed op en lag daaroor. Nee, hulle lag vir háár.

    Selfbewus dwaal sy weg en probeer tussen die ander kinders op die skoolgrond verdwyn. Haar oë is vasgenael op die stoflagie op haar skoenpunte terwyl haar gedagtes ander paaie loop.

    By die waterfontein buk sy om ’n slukkie water te neem. Haar beeld blink in die druppels. Groen oë soos klam mos. Steil skouerlengte hare – bruin met fyn strepies goud. ’n Vel soos koffie met te veel melk in.

    Sy hoor weer die ouens en waag ’n vinnige kyk. Dié keer bondel hulle by die seunstoilette saam. Hulle raak stil toe sy verbystap. Bars dan uit van die lag, sommer hard en ongeskik.

    Hei, dude, daar gaan jou laaste kans! sê een van hulle vir ’n pel.

    Ag, voertsek, vat jý haar as jy haar wil hê.

    Hei, Estie, soek jy ’n date? roep die eerste ou toe sy wegstap. Ons kan begraafplaas toe gaan. Jy sal dit like.

    Estie knyp haar oë toe. Die ouens se gespot vou soos ’n swaar kombers om haar. Die begraafplaas … Sy en haar pa gaan nog af en toe soontoe om blomme op haar ma se graf te sit. Sy sal November al twee jaar dood wees.

    Nee, sy moenie by die skool aan haar ma dink nie. Dis nog ’n seer wat sy in haar lyf moet wegsteek.

    Vinnig maak sy haar uit die voete. Daar is ’n plek op die skoolgrond waar sy altyd gaan sit wanneer sy van die kinders af wil wegkom: die trappie by die gym se agterdeur. Pousetyd gooi die boom langsaan ’n lekker skaduwee oor die trap. Niemand kom ooit daar nie, nie eens die ander rokers nie.

    Ingedagte gaan sit sy, haar skouer teen die reling. Met haar maer bene onder haar ingevou, haal sy ’n pakkie sigarette uit haar baadjie se binnesak. Sy klap die boksie oop, kry ’n sigaret en steek dit aan. Diep trek sy die rook in. Die kooltjie gloei oranje en laat die kalmte deur haar walm. Dis beter. Sy rook nie omdat dit cool lyk nie. Die sigaret help om haar kop stil te kry. Sy vat nog ’n teug, dan haal sy haar selfoon uit.

    Sy gaan op Instagram, daarna op Facebook. Sedert vanoggend volg vier ouens haar terug op Instagram, en drie ouens het haar Facebook-vriendskapsversoeke aanvaar. Sy ken hulle van geen kant af nie, maar hulle is nou haar vriende. Omdat hulle vriende is, het Facebook hul profiele oopgegooi.

    Sy is by die eerste ou, Deon, s’n en loer nuuskierig rond in sy lewe. Almal doen mos Facebook stalking, sê sy vir haarself. Deon is nog op skool. Hy bly in Kaapstad, maar hy lyk soos iemand wat in ’n Hollywood-fliek sou kon speel: fris gebou, blou oë, blond.

    Eers lees sy Deon se statusse van die afgelope maand of twee.

    Hangin’ out with my buddies.

    Early mornings after a late night are the worst.

    What happened to the weekend?

    Daar is tonne meer soos hierdie. Estie lees omtrent almal. Af en toe bekruip ’n glimlag haar. Dis asof sy die ou ken, al het hulle nog nooit ontmoet nie.

    Later gaan sy na sy foto’s. Sy speel met die punt van haar hare oor haar lippe terwyl sy deur elke album van sy lewe blaai. Sy sien hoe hy en sy pelle partytjie hou, aan sport deelneem, lag. Sy kyk hoe wonderlik sy lewe is. Hoe gelukkig hy is. Dit maak haar ’n bietjie hartseer, en op ’n vreemde manier ook ’n bietjie gelukkig.

    Sy hoor iemand van die stoep se kant af aankom. Flippit! Sy laat val die selfoon vinnig in haar sak. Druk haastig die sigaret, wat al kort tussen haar vingers brand, dood. Die stompie skiet sy eenkant toe terwyl haar hart teen haar ribbes stamp.

    Sy probeer voorgee dat alles oukei is. Sy sit mos maar net op die trap, dis al.

    Uit die hoek van haar oog sien sy die ou. Hy loop koponderstebo en skop-skop na die gras terwyl hy verbyloop.

    Estie het hom al by die skool gesien. Hy is in een van die ander graadelfklasse. So ’n weirderige ou met ’n weirderige donker kyk. Sy naam is Adrian of iets. Adrian Foster, dink sy. As sy reg onthou, het hy ’n jonger suster en ’n ouer broer. Die broer en suster is van daardie tipe leerders wat jy gereeld met skoolopening op die verhoog sien.

    Vandag kry hulle ’n simpel ou medalje, môre kry hulle ’n diploma. Dis seker hoekom hulle so ’n helse scheme van hulleself het: omdat hulle sulke totale uitblinkers is.

    Estie is seker dan ’n insinker. Sy doen niks buitemuurs of iets wat haar sal laat uitstaan nie. Sy is net hier.

    Dalk soos Adrian. Hy was nog nooit op die verhoog nie. Sy weet nie eens of hy aan sport deelneem nie. Sy gaan nooit na die skool se verpligte sportbyeenkomste toe nie, al dreig die onderwysers hoe. Dis ’n pot tjol. Sy wonder of Adrian na sulke goed toe gaan. Eintlik weet sy niks van hom af nie.

    Ingedagte grawe Estie in haar sak vir ’n pakkie kougom. Sy druk ’n stukkie in haar kies om die sigaretrook weg te steek. Dan kyk sy op na Adrian. Hy gee so ’n effense glimlag in die verbyloop, maar hy lag nie vir haar nie. Dis net ’n glimlaggie, soos in: Hallo, ek sien jou, Estie.

    ’n Hallo-ek-sien-jou-glimlag sal sy enige dag vat. Enige hartseerdag soos vandag.

    Adrian Foster. Vanmiddag gaan sy hom op Facebook soek.

    2

    Arian lê later die middag uitgestrek op die sitkamerbank. Hy doen al die afgelope halfuur niks nie. Die halfure voor dit ook: niks. Hy is kaalvoet en dra weer gister se swart jeans en sy gunsteling- T-hemp met ’n brandende Mickey Mouse op. Netflix is aan op sy tablet, maar die reeks wat hy al heelmiddag vreetkyk, het teen episode vier simpel begin word, daarom dwaal sy aandag en word die klank net agtergrondgeraas totdat ’n kar se deur buite toeklap.

    Oomblikke later kom sy broer, Janco, en suster, Liny, vol lewe ná die sportoefening by die voordeur in.

    Dankie tog ons is by die huis! Dit voel of my maag homself opvreet van hongerte, sê Liny. Sy gly haar tas van haar rug af en laat val dit waar almal oor die ding sal moet trap om by die kombuis te kom.

    Janco slinger sy swemsak in Arian se rigting waar hy op die naat van sy rug op die bank lê. Die sak met die paddapote, swembril en nat handdoek land met ’n slag op Arian se maag.

    Komaan, Janco! Vies klap Arian die ding af.

    Ag sorry, bru. Ek het jou nie gesien nie. Janco gee ’n onskuldige spotlag.

    Ha-ha, baie snaaks. Maak dan flippenwil jou oë oop.

    Julle vloek nie in my huis nie, sê hulle ma toe sy ook binnekom. Haar kort blonde hare is dieselfde kleur as Liny s’n. Fyn kommerplooie kreukel om haar oë en tussen haar wenkbroue. Sy is ’n ouditeur en sit heeldag en frons vir ’n spul syfers en belastingberekeninge. Saans bring sy die werk huis toe in daardie skootrekenaarsak wat nou aan haar skouer rem. Vanmiddag is haar hande ook vol Pick n Pay-sakke.

    Dis nie ek wat vloek nie, dis Arian, sê Janco.

    ‘Flippenwil’ is nie vloek nie, kap hy terug.

    Dit ís in my huis, sê sy ma. Stop dit onmiddellik.

    Jy het gehoor wat Ma sê, Arian. Janco grinnik. Stop dit onmiddellik.

    En lê jy al weer, Arian? vra sy ma toe sy verbystap kombuis toe. Sy wag nie vir ’n antwoord

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1