Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals
Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals
Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals
Ebook235 pages2 hours

Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Die ou gryse, Horrelpyp, verdwyn, en Klits moet hom opspoor. ’n Geheimsinnige teken verskyn telkemale, en dit lei uiteindelik na die Swart Jakkals, volgens oorlewering ’n legende wat ontstaan het op die dorpie Floetervoet – maar is dit werklik net ’n legende? Toe dertig kinders uiteindelik uit Floetervoet verdwyn, raak sake ernstig. In sy finale geveg teen die Swart Jakkals moet Klits sy eie vrese konfronteer voordat die vrede herstel kan word.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780624052296
Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals
Author

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Daarna volg twee jaar diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa. Fanie se eerste jeugboek Breinbliksem is in 2005 bekroon met goud in die Sanlamprys vir jeuglektuur en dit het ook die MER-prys vir jeuglektuur ontvang. Sy kinderboek, Geraamte in die klas, ontvang in 2007 die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke én ’n ATKV-Woordveertjie. Sy tweede jeugboek, Onderwêreld, word in 2008 met die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) bekroon. Sy ander bekende boeke is Miserella (2007), die Klits Kronkel-reeks (2007, 2008) en Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008). Fanie woon in Bloemfontein en hy skilder en skryf voltyds.

Read more from Fanie Viljoen

Related to Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals

Related ebooks

Related articles

Reviews for Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals - Fanie Viljoen

    Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals

    Fanie Viljoen – Diek Grobler

    Tafelberg

    Vir Louise Steyn, omdat sy my een Saterdagmiddag gebel het met die woorde wat elke nuwe skrywer wil hoor.

    Dankie aan Jackie vir die klappermotjies.

    1. Hiet en Gebied en die houtkissie

    ``D ie ding werk nie!" roep iemand benoud uit een van die vertrekke van die Ringpaleis – ’n enorme plek waar lig uit flikkerende fakkels teen die glasmure kaats. Dis die plek waar die Kring van Geleerdes bly. En dis vanuit hierdie gebou wat hulle ’n ogie hou oor die Ringland.

    Omdat dit so ’n belangrike plek is, sou jy maklik kon dink die Ringpaleis vorm die middelpunt van die Ringland, maar dis nie so nie: die paleis staan op ’n baie afgesonderde plek. Die Ringpaleis is ook in meer as een opsig afgesonder – die duisende vertrekke, byvoorbeeld. Die handjie vol bediendes wat in die paleis werk, ontdek byna daagliks nuwe vertrekke. Dié het natuurlik duisende jare lank toe gestaan, en duisende jare se stof vergaar!

    Uit een van hierdie afgesonderde vertrekke (maar een van die skones) kom vanaand ’n sagte dreuning. Soos krag wat opgewek word. Dié dreuning word kort-kort onderbreek deur ’n harde skietgeluid, asof elektrisiteit ontlaai.

    Hoe kan dit wees? Die ding werk dan nie! roep iemand weer uit die vertrek.

    Buite voor die deur sit twee bediendes en slaap. Hiet en Gebied doen alles saam. Hulle eet saam, loop orals saam, werk saam. Hulle praat selfs saam. Maar as jy hulle vra, sal hulle sweer hulle is nie ’n tweeling nie, selfs al lyk hulle op ’n haar na mekaar.

    Hiet en Gebied skrik wakker. Hulle vryf hulle oë en gaap.

    swart jakkals 01.tif

    Ag tog! Ek hoop hy het ’n waarborg. Ek vat hom môre terug.

    Hiet en Gebied kyk na mekaar. Hulle sal seker moet gaan hoor of hulle kan help. Hulle staan op, trek hulle uniforms reg, klop liggies aan die deur en stap dan in.

    Heer Horrelpyp? vra Hiet.

    Het u geroep? vra Gebied.

    Horrelpyp, ’n maer ou mannetjie, sit kruisbeen op die vloer in die hoek van die vertrek. Sy lang silwer hare hang oor sy geboë skouers en ’n vreeslike frons plooi op sy voorkop. Hy is nie gewoonlik ongeduldig nie. Inteendeel, Horrelpyp is seker een van die geduldigste mense wat jy ooit sal ontmoet, maar hy hou nie daarvan om te sukkel nie.

    Uhm, Hiet en Gebied, nee, dis niks … Ek sal regkom, sê Horrelpyp, steeds fronsend.

    Is dit die nuwe …

    … meditasiemat? vra Hiet en Gebied.

    Uhm, ja … Weet julle dalk hoe hy werk? vra Horrelpyp verleë.

    Hiet en Gebied kom nader met stadige treë. Hulle trek hulle monde skeef en frons ook.

    Ongelukkig …

    … nie, heer Horrelpyp.

    Het u al die boekie gelees …

    … wat saam met die mat gekom het?

    Die boekie? vra Horrelpyp.

    Ja, alle nuwe goed het gewoonlik …

    … ’n boekie. Sodat jy kan weet hoe …

    … die ding werk. Wat hy alles …

    … kan doen. En wat ’n mens, om die een of ander …

    … onverklaarbare rede, ook ’n ander taal wil leer.

    Natuurlik! Dáárdie boekie! sê Horrelpyp. Ek het gedink ek sal sonder hom kan regkom.

    Sal daar dan nog iets …

    … wees, heer Horrelpyp?

    Nee, dankie, Hiet en Gebied, sê Horrelpyp.

    Maar dan roep hy die twee tog terug. Uhm, daar is dalk iets. Kan julle vir my ’n energiedrankie bring? Julle weet, die gewone een met die vuurvliegies. Haal asseblief net die vlerke af.

    Maar, heer Horrelpyp, u weet tog dat …

    … die grootste voedingskrag in die vlerke lê.

    Ja, Hiet en Gebied, maar dis ook die deel wat aan jou verhemelte vassit, en wat jou dae later nog laat winde opbreek. Dit lyk of Horrelpyp so ’n onaangename ervaring skielik helder voor die gees roep, want hy ril.

    Natuurlik …

    … heer Horrelpyp.

    Hiet en Gebied tree stadig agteruit en maak die deur agter hulle toe. Dis half-donker in die gang. Maar in die bietjie lig wat tog daar skyn, sien hulle iets wat nie netnou daar was nie: ’n houtkissie staan reg langs die deur.

    Hiet en Gebied buk. Hulle tel die kissie op. Dis verseël met ’n vet rooi wasseël.

    Snaaks dat ons …

    dit nie vroeër gesien het nie. Dis seker …

    … Horrelpyp s’n.

    Hulle klop weer aan die deur en stap in. Horrelpyp sit steeds met gekruiste bene langs die meditasiemat. Hy hou ’n verfrommelde boekie in sy hande.

    Heer Horrelpyp, ons kry …

    … hierdie voor die deur. Hulle hou die houtkissie na hom uit.

    Horrelpyp se een wenkbrou lig fronsend, maar hy vat tog die kissie by hulle.

    Ons gaan nou u …

    … energiedrankie haal.

    Hiet en Gebied tree weer stadig agteruit en maak die deur saggies agter hulle toe. Hulle stap na die Ringpaleis se enorme kombuis om ’n fles te gaan haal. Daarmee stap hulle tuin toe om vuurvliegies te soek.

    Hulle keer eers heelwat later terug na die meditasiekamer. Hiet hou ’n gloeiende pers glas in sy hand vas. Daar is ’n onaardse stilte in die gang, en die dreungeluid van vroeër is weg.

    Hiet en Gebied kyk na mekaar. Vrees daag in hulle oë, asof hulle klaar weet iets is verkeerd. Saggies klop hulle aan die deur, maar toe daar geen antwoord is nie, stap hulle in. Gelyk snak hulle na hul asem. Die glas val uit Hiet se hand en die gloeiende vloeistof spat oor die vloer.

    Die meditasiemat lê vergete in die hoek. Die houtkissie wat hulle vroeër ingebring het, staan oop op die tafel.

    En Horrelpyp is weg.

    2. Die seedraak

    Almal het soms ’n vakansie nodig. Selfs ’n ervare en hoogs bekwame privaat speurder soos Klits Kronkel moet die een of ander tyd vergeet van misdaad en net ontspan …

    Of nee, wag, ons praat darem nou van dié Klits Kronkel, die man wat daarvan hou om teen drake te veg (al is hulle so bitter skaars deesdae). Klits se vernuftige brein skakel nóóit af nie. Hy is gedurig op die uitkyk vir gevaar in die een of ander vorm.

    Selfs hier waar hy nou in die blou branders baljaar, kan jy maar weet daar snel ’n duisend gedagtes deur sy kop. Jy kan dit sien aan die rukbeweginkies van sy krulsnor. Ja, selfs daar waar daardie groot brander nou agter hom opwel, analiseer hy, interpreteer hy, memoriseer hy elke klein dingetjie wat om hom aangaan.

    En dan breek die brander. Tuimelend, tollend en kragtig. Klits verdwyn in die skuimende massa water. Hy het nooit eens die brander gesien nie, want hy het op die klein dingetjies gekonsentreer. En die brander was, om die minste te sê, enorm.

    Terwyl hy spartel vir asem en soek na ’n plek om sy voete te anker, doem iets donkers voor hom in die water op. Klits weet eers nie of hy sy oë moet glo nie. Kan dit wees? ’n Seedraak, hiér? En dit terwyl hy op sy kwesbaarste is?

    Sy hand skiet dadelik na sy sy – daar waar sy swaard gewoonlik hang. Maar Klits het vergeet ’n mens swem mos nie met jou swaard nie.

    Die seedraak kom nader … Klits se hartklop versnel. Wat gaan hy doen? Om hom is ook nie enige rotse wat hy kan gebruik om die draak mee oor die kop te moker nie. Daar is net ’n klein krulstert-seedonkie wat, onbewus van die dreigende gevaar, voor Klits verbyswem.

    Soos die seedraak naderkom, sien Klits ’n ry ontblote tande blink. Hy sien die kloue van die draak, die gepunte stert …

    Asem!

    Klits se aandag was só vasgevang deur die seedraak dat hy skoon vergeet het dat hy nog moet asemhaal!

    Die malende water van die groot brander het teruggetrek. Aangehelp deur sy effense boepmagie skiet Klits soos ’n kurkprop na die oppervlak. Hy spoeg om die seewater uit sy mond te kry. Sy lyf is soos ’n styfgespande boog.

    Klits is nie ’n goeie swemmer nie, maar nóú swem hy. Vinniger as ooit tevore, pylreguit strand toe. Daar waar ’n horde mense verbaas opkyk toe hy begin gil: Help! Seedraak! See-ee-draa-aak! HE-E-ELP!

    Nou gil almal. Natuurlik het nie een al ooit ’n seedraak gesien nie, maar dit beteken nie daar kan nie so iets wees nie. Daar is mos talle vreemde en verskriklike kreature in hierdie wêreld.

    Klits hol oor die strand. Na die plek waar sy huishoudster, juffrou Splinter, oomblikke gelede rustig gesit en kyk het na die poskaart wat Japtrap, Klits se kat, vir hulle gestuur het van haar kattemaai-vakansie. Maar juffrou Splinter is nou skoonveld en Japtrap se poskaart lê vergete langs Klits se swaard tussen die voue van die rooi strandhanddoek.

    Die mense gil. Klits kyk oor sy skouer. Een van die draak se liederlike rugvinne het nou net bokant die water verskyn.

    Klits sal moet gou speel, voordat die bloed van al hierdie mense vandag op sy hande is. Hy gryp sy swaard en trek dit uit die skede. Tjienk! maak die lem.

    Klits hou die swaard voor hom gereed. Nou kan daardie draak maar kom.

    En ja, die seedraak is vinnig op pad. Sy swart lyf verskyn ook nou bokant die branders. Klits sluk benoud, maar hy neem hom voor dat niemand sal sien dat hy eintlik ’n bietjie bang is nie. Met afgemete treë stap hy terug water toe. Hy hoor die brulgeluide wat diep uit die draak se lyf kom.

    Slag hom, Klits! roep iemand op die strand.

    Wys hom wie is baas! roep nog iemand.

    Waar’s jou swembroek, Klits? roep ’n bekende stem. Juffrou Splinter s’n.

    Klits kyk af. Hy het sowaar heeltemal uit sy swembroek geswem! En nou staan hy hier met slegs ’n swaard aan. Gelukkig sien die mense net sy agterkant. Behalwe die seedraak, wat vir Klits in sy volle … uhm … glorie sien. Maar sover Klits weet, is drake nie uitsoekerig oor wat hulle slagoffers aanhet nie.

    Die hele seedraak is nou sigbaar. Dit lê daar in die vlak water … onheilspellend, wagtend op sy prooi.

    Nee, wagtend vir die deur aan die kant om oop te gaan.

    Die deur?

    Het seedrake dan deure?

    3. Horrelpyp word wakker

    Horrelpyp kom stadig uit sy beswyming. Donker vorms swem voor sy benewelde oë. Dit meng met oranje-geel vorms, en hy vryf sy oë om beter te sien. Geleidelik kom alles om hom in fokus.

    Hy lê op ’n grasbed. Teen die verste muur brand ’n lantern wat lyk of dit enige oomblik kan doodgaan. Die muur is gemaak van plante se gekrulde stamme wat ru om mekaar gevleg is. Die vloer is stowwerig en in die lug hang ’n reuk asof dit pas gereën het.

    Waar is ek? wonder Horrelpyp. Wat maak ek hier, en hoe het ek hier gekom?

    Hy probeer regop kom. ’n Pyn skiet deur sy kop en hy sak terug op die bed. Hy het nog nooit so sleg gevoel nie. Hy vat aan sy kop. Hoekom pyn sy kakebeen so? En wat gaan aan met sy ore? Dis groter as gewoonlik.

    Hy het nog sy lang silwer hare op sy kop, maar die res van sy gesig is oortrek met kort haartjies. En sy neus voel langer. Nou eers besef hy dat hy nie netnou sy oë met sy hande gevryf het nie, maar met iets wat lyk soos ’n kruising tussen ’n poot en ’n hand.

    Dit maak nie sin nie, dink Horrelpyp. Hy skud sy kop. Dis omdat hy so uitgeput is. Hy moet rus kry, dan sal hy helder kan dink.

    Hy lê weer stil, voel die moegheid wat tot in elke ledemaat strek. Naderhand word sy ooglede swaar, en val stadig toe.

    Hoe lank hy geslaap het, weet Horrelpyp nie, maar toe hy wakker skrik, is die vertrek in donkerte gehul. Die lantern moes uiteindelik doodgegaan het, besef hy.

    swart jakkals 02.tif

    Hy hoor iets skarrel oor die vloer. Toe roep ’n benoude stem: Kom! Maak gou! Ons moet jou wegsteek. Ek weet van ’n goeie plek …

    4. Die Elektroniese Soeker van Moeilikheid, Malheid en Misdaad

    Klits probeer sin maak van dit wat hy voor hom sien. Dis swart en metaalagtig. Dit het ’n stert en goed wat lyk soos afgryslike pote, of dalk vinne. En die tande wat hy kort gelede onder die water gesien het, is dalk eerder ’n venster.

    Klits het nog nooit van ’n seedraak met ’n venster gehoor nie. Daar beweeg iets agter die venster. Skielik gly ’n stuk van die seedraak se lyf oop. Iets of iemand is besig om uit die draak se lyf te klim.

    Klits wil net omdraai om vervaard weg te hardloop, toe hy die persoon sy naam hoor roep: "Klits Kronkel! Vir wat hol

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1