Net nog ’n rokerige dag
Vredehoek, Kaapstad. 2033.
Jacques, Lizette en hul negejarige dogtertjie, Sasha, sit in die hoekie by ’n tafel in ’n trendy gesinsrestaurant teen die hange van Tafelberg.
Lizette kyk by die venster uit en sê: “Al hoe meer mense vlug platteland toe.”
Jacques volg haar blik.
Al wat oorgebly het van die eens reuse-middestad van Ou Kaapstad is die hartseer ruïnes van die drie sogenaamde “tampon”-torings, hier vlak by hulle, wat dateer van die 1960’s voordat dit in die middel 2020’s in onbruik verval het. Waar die bruin water van die Atlantiese Oseaan teen die hange van Tafelberg klots, het die nuwe, feitlik loodreg hangende rykmansbuurte ontstaan wat nou al tot bo-op die berg strek. Dis ’n buitengewoon helder oggend – die lig breek plek-plek deur die digte rookmis – en die glas-en-platinum-paleise blink triomfantlik in die yl geel sonskyn.
“Ek het ook so gehoor,” sê hy na ’n lang stilte. “Hulle sê daar is dele van die Karoo waar mense nog openlik sonder hul maskers rondloop.”
“Wat maak dit saak?” vra Lizette. “Hulle maak deesdae die maskers so slim dat mens dit skaars kan sien. En in elk geval, selfs dié maskers wat obvious is, is ’n fashion statement. As ek dit kon bekostig, het ek vir my een van daai nuwes gekry met die ingeboude WiFi 3D News Feed.”
“Ontvangs,” sê Jacques. Hy haat dit as Lizette so baie Engelse woorde gebruik. Dan besef hy met ’n skok dat hy self nie weet wat die Afrikaanse terme vir “WiFi” of
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days