KRISTA LE FLEUR se oë smeul in hul kasse toe sy voor haar hekkie stilhou en die man daar sien rondstaan. Haar lippe trek op ’n plooi, en dis met inspanning dat sy nie ’n kragwoord los nie. “Hemelse Vadertjie, gee my krag!”
Die mannetjie is haastig om die groot hekke vir haar oop te maak, en sy ry stywenek deur. Sy hou stil en hou hom in die truspieëltjie dop. Hy trek nonchalant die hekke toe en neem ewe sedig sy plek weer voor die klein hekkie in. Wat moet ek dan nóú nog doen? Ek is al moeg . . . als probeer, dink sy wrewelrig terwyl sy haar broer sit en dophou. Kyk hoe staan hy daar, asof die wêreld hom ’n onreg aangedoen het.
Sy klim uit en klap die deur toe. “Wat soek jy hier, Robbie?”
“Middag Sussie, ek het verlang en besluit om vir jou te kom kuier. Ek mis jou net.”
Die ogies