Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Man met die donker bril
Man met die donker bril
Man met die donker bril
Ebook209 pages3 hours

Man met die donker bril

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Man met die donker bril vlek die ruwe, meedoënlose en patetiese wêreld van die grootstad oop – ‘n realiteit wat sekerlik bestaan en wat hier lewend uitgebeeld word.   

Don. Max. Herklaas. Kitty. Grace …   tien besondere mense in ‘n rou verhaal oor die drifte, moord en dryfvere van mense in die grootstad.

LanguageAfrikaans
PublisherGert Basson
Release dateFeb 17, 2017
ISBN9781386124191
Man met die donker bril
Author

Gert Basson

Gert Basson se eerste verhaal word in Die Jongspan gepubliseer terwyl hy in standerd drie is. Geboortenaam Gert Cornelius Basson  Nasionaliteit Suid-Afrika  Beroep Joernalis, redakteur, skrywer. Skrywersname: Gert Basson Dirk de Beer Lindeque de Beer Cor Lindeque Hugo le Roux Danz Cloete Chris Sasner Gert Cornelius Werke: Gert Basson Die Nagvalke Waar Gode Tuimel Man met die Donker Bril Prinses Dou-ogies Hugo le Roux Hand van vergelding Bloedfamilie Bloedoffer vir Lilith Meer as moord Kamerling – moord op die drumpel Helkruin Terwyl die krokodil sing Chris Sasner Die Swart Kat slaan neer, en ander avonture Die Swart Kat slaan 'n ster, en verdere avonture Die Swart Kat slaan 'n noot, en ander avonture Die Swart Kat slaan 'n nar, en ander avonture Die Swart Kat slaan 'n vos, en verdere avonture Gert Cornelius Nagstories: laatnagverhale oor gruwels en die bonatuurlike Cor Lindeque Sarie Marie Moe – waarnatoe? Boetaman se Opperaffertrapper Snoerkie-hulle in die Okkiebokkiebosveld Danz Cloete Lans le Fleur – hardekwas Dubbelslag: twee speurspanningsverhale Dirk de Beer Die nagvalke Lindeque de Beer (Samesteller) Bevange Onbevange Naglopers : verhale van die bonatuurlike en onverklaarbare Kortetjies vir die katel Vangnet Die Goeie gety Drif Dwalers So op jou gemak Vuur!

Related to Man met die donker bril

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Man met die donker bril

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Man met die donker bril - Gert Basson

    1

    Wag, la’k Ma help. Ma kan mos nie die kole-emmer so alleen optel nie. Herklaas stoot die lendelam kombuisdeur hard agter hom toe en beweeg haastig na die vrou voor die swart koolstoof. Waar’s Boy dan?

    Max Verwey sit die emmer met ’n kreun langs die stoof neer, nog voordat Herklaas haar kan help. Ag, toe maar, my kind. Ma het klaar. Sy krap die kole met die vuuryster reg en plaas die plaat met ’n behendige beweging van die hand terug op die opening.

    Met ’n frons op sy voorkop en sy hande diep in die sakke van sy broek gebêre, staan Herklaas langs die stoof teen die muur geleun. Hoekom laat Ma nie vir Boy dit doen nie? Waarvoor betaal ons hom dan? Dis sy werk! Ma doen oorgenoeg – wasgoed, stryk, stop, kook en hy...

    Ek het Boy laat loop, Herklasie.

    Laat loop! Hoekom dan?

    Max haal haar skouers op en was haar hande in die opwasbak. Hoekom? Omdat daar nie geld is nie, Herklasie...waarom anders? Waarom ooit enigiets?

    Maar my magtig, Ma, hy het maar vyfhonderd rand per maand gekry. Ons kan tog vyfhonderd bekostig, Ma!  

    Sy haal twee koppies van die lendelam kombuiskas af en met haar rug na hom gekeer, sê sy: Sit, my kind, ek skink koffie.

    Hy trek die stoel hard onder die kombuistafel uit en gaan nors sit. Maar, Ma. Vyfhonderd rand is tog nie te veel nie. Buitendien, ek kry een van die dae weer verhoging en dan...

    Jou pa het weer sy werk opgegooi.

    Al weer! Goeie magtig! Kan hy dan nie eers ’n maand by ’n plek aanhou nie? Hy’t belowe hierdie keer sou hy bly!

    Met ’n vereelte hand vee sy tydsaam ’n paar grys-swart hare langs haar gesig terug terwyl sy met die ander hand koffie uit ’n erd-af emaljekan skink. Moenie vir hom kwaad wees nie, Herklasie. Jou pa is ’n fyngevoelige man en mister Schoonraad is ’n liederlike baas om voor te werk. Jou pa sê hy’s vreeslik vuil met sy mond en hy praat met hulle asof hulle optelgoed is.

    Net as hulle nie hul werk doen nie. En dis waarvoor hy hulle betaal – om hul werk te doen. Hy was seker weer...

    Jou pa het die laaste week nog nie ’n druppel drank oor sy lippe gehad nie. Regtig nie! Daar is ’n sagte, amper pleitende blik in die donker kykers toe sy die koppie na hom uithou. Dè, hier’s jou koffie, my kind.

    ’n Paar oomblikke lank praat hulle nie en is net die gerinkel van die teelepel teen die koppie se rand hoorbaar.

    Waar’s hy nou?

    Sy kyk nie na hom nie; trek stadig vir haar ook ’n stoel uit. Wie? Boy?

    Nee, sê hy ongeduldig.

    Byna versigtig sak haar lang liggaam in die verslonste rok op die stoel neer. Sy steek haar hand uit na die suikerpot wat voor hom staan en trek dit oor die geskropte blad na haar toe. Hy’s e...uit.

    Hy soek haar oë met sy eie, maar toe sy halsstarrig voor haar in die koppie instaar, vra hy sag: Ma?

    Ja, Herklasie?

    Waarom bly Ma nog by hom? Vandat ek maar onthou, gaan dit so. Altyd moet Ma swoeg en sweet, ’n man se werk doen terwyl hy rondlê en agter ander vrouens aan rits. Hoeveel maande is dit nie dat hy nou al agter daardie rooikopvroumens aanloop nie? Hy boer daar! Hy mors al sy geld op haar! En hier moet Ma kole aandra, hout kap, was, skrop! Hoe hou Ma dit uit?

    Die bleek, vol lippe wat nog tekens van ’n eertydse rypheid verraai, plooi in ’n weemoedige glimlag. Ag, hoe sal Ma nou sê? Ek het hom lief, Herklasie. Baie lief, my kind, en wanneer jy iemand liefhet, dan kan jy dit ook in jou hart vind om te verstaan en te vergewe.

    Die lepel kling-klak eentonig in die koppie rond.

    Jou pa is ’n mooi man, maar ’n swak man, my kind. Hy kan nie die drank en ander vroue weerstaan nie. Maar dis nie net sy skuld nie, Herklasie. Dis die vrouens s’n. Hulle is listige duiwels, satanskinders wat heeldag en aldag op loer is na ordentlike mans soos jou pa. En watter man is teen die lis van sulke vroue bestand?

    Sy bring die koppie na haar lippe en neem ’n paar kort, vinnige slukkies voordat sy dit weer stadig in die piering terugplaas en in dieselfde temerige stem voortgaan.

    Met hul geverfde gesigte, hul rooi naels en rooi lippe, hul sondige klere en hul sagte woordjies, mesmeraais hulle mos alle mans. Dis húlle skuld! Net vir ’n oomblik blits die drif in haar oë, maar dit maak dan plek vir ’n sagte, heimlike glans. Maar wat ook al gebeur, Herklasie, op die ou end kom jou pa altyd terug na sy Maxie toe.

    Maar hy kan tog nie so wil aangaan nie...

    Jy’s nog jonk, my kind. Jy weet nie van hierdie dinge nie. Maar jy sal nog leer, want jy is jou pa se kind. Jy is mooi en sterk en nie so groot en lomp soos ek nie. En in jou lewe sal daar ook nog baie rooikopvroue soos Henna Kloppers kom en dan moet jy...

    Nooit! Herklaas krul die vingers van sy sterk, bruin hande soos kloue voor hom. Ek vermoor eers al wat haar soort is voordat ek my om die bos laat lei en my eie vrou verwaarloos. Háár soort hoort in die tronk!

    Max klik haar tong vermanend. Jy moenie so haastig praat nie. Henna Klopper se soort is vals en vol sluheid en jongmans soos jy word maklik deur hul soet praatjies mislei, my kind. En so is dit ook met jou pa. Hy is ’n goeie man met ’n sagte hart – daarom dat hy in Henna en haar soort se strikke val. Jy moenie hom te hard oordeel nie. Dis soos pastoor Williams nou die dag gesê het: hy bly nog altyd jou pa, maak nie saak wát hy doen nie.

    Ja, maar as hy so met Ma maak, voel dit party dae vir my ek kan hom vat en op...

    Jy moenie so van jou pa praat nie, Herklasie! Ek sal dit nie toelaat nie. Wat sal pastoor Williams van ons dink as hy jou só moet hoor praat? Ons is nou wel arm en ons bly in ’n slum, maar dis nie te sê dat ons so moet...

    Orraait, orraait! Ek sal nie weer nie. Hy drink die laaste van sy koffie.

    Daar hoor ek jou pa nou. Onthou nou, Herklasie, moenie te hard wees met hom nie.

    Hy stoot sy koppie weg en albei kyk na die deur. Hulle luister na die trae skuifelgang van die persoon daar buite.

    Hoor daar, hy’s weer goed gegorrel.

    Sjuut, Herklasie. Jy’t belowe.

    Die deur vlieg meteens oop en die volgende oomblik staan hy daar – lank en skraal en die ene bloed. Hy klou aan die deurkosyn vas, sy een oog wild soekend deur die vertrek, die ander ’n bloedige blerts bo teen sy wang. Sy mond is oop; sy tande flits in die glans van die kaal gloeilamp aan die lang, gevlegte koord bokant die tafel. Daar is ’n stom hulpkreet op sy lippe...en die volgende oomblik tuimel hy vooroor en meet sy volle lengte op die plankvloer uit.

    Max steier uit haar stoel orent. Don! Wat het gebeur, my man? Sy kniel oor hom en haar hande fladder oor sy liggaam sonder om hom een keer werklik aan te raak. Praat met my, Don! Praat met my!

    Herklaas buk langs haar en druk haar sagkens opsy. Wag, laat ek sien, Ma. Hy draai die bewustelose man op sy rug. Goeie magtig! Kyk net die bloed!

    Handewringend staan Max half gebukkend na haar man se gesig en staar. Ai tog, ai tog! Kyk sy oog, Herklasie! Kyk sy oog. Dit hang amper op sy wang en sy gesig...sy gesig! Don, wat het gebeur?

    Herklaas kom orent. Ek gaan ’n dokter kry.

    Help my eers om hom slaapkamer toe te dra, Herklasie. Ag, wie kon hom dit tog aangedoen het, Herklasie?

    ’n Halfuur later is die beseerde man na die hospitaal verwyder. Langs hom in die ambulans sit Max. Sy hou sy hand vas terwyl sy aanhoudend prewel: Sy mooi gesig, sy mooi gesig...

    Sy hand lê bleek en leweloos in hare. Sy kyk na die wit verband wat styf om sy oog en kop gedraai is, na die hegpleister wat die dik laag watte aan sy linkerwang in plek hou, na die wit van die beddegoed, die wit van die hospitaalmure. Meteens dink sy aan die wit rok, die een wat sy aangehad het die dag toe sy Don ontmoet het. Sy kyk na sy stil gelaat en die jare rol terug, verander die gesig daar voor haar in dié van ’n laggende jong man met flets blou oë en blond-geel hare.

    Van al die mooi meisies wat die aand op die partytjie was, het Don haar kom vra om met hom te dans – vir haar, Max Jordaan. En sy was toe, nes nou, niks eers om na te kyk nie: ’n lang, maer meisie met ’n mooierige gesig en die swartste hare wat mens jou kan voorstel, maar ’n lang, maer meisie bly ’n lang, maer meisie. Met sterre in haar oë het sy na hom geluister, in sy arms gesweef. Geluister na al die groot dinge wat hy nog in die lewe gaan doen en gesê: Ja, Don. Regtig, Don? Wonderlik, Don. Ja, Don. Ja, ja, ja.

    Nooit: Nee, Don nie. Altyd net: Ja. Ook Ja die aand toe hy haar ná die konsert nie dadelik huis toe geneem het nie, maar eers na sy kamer toe. Altyd: Ja, Don.

    Dat hy haar gekies het, dat hy háár geneem het, dat hy met haar getrou het, dit was en dit is nog, genoeg. Dat hy ontrou is, dat hy geen enkele ideaal verwesenlik het nie, dat hy hulle al hoe dieper en dieper die ellende in dompel, maak nie saak nie. Hy het haar gekies, Herklasie vir haar gegee. En dis na haar toe dat hy immer terugkeer. Sy, Max, is sy hawe; die hawe waarheen die gety van die lewe hom altyd heen sal terugvoer.

    Hy kreun; sy oë gaan oop. Max...Maxie?

    Ja, Don?

    Ek het teruggekom, Maxie. Dis net jy, Maxie...net jy.

    Ek weet, my man. Maar moenie so baie praat nie. Rus nou.

    Ja, ek is moeg. Hy hou egter skielik op met praat en die een oog staar haar agterdogtig aan. Die polisie. Wat het julle vir die polisie gesê? Hy lek ’n slag vinnig oor sy lippe en kyk slu, half ontwykend na haar. Dis alles gangsters se werk. Hulle het my betrek daar onder by die skool. Jy weet tog self hoeveel mense hulle al daar ingedoen het. Dis donker daar. Ek...ek het niemand herken nie. So, dit sal hulle niks help om my te vra nie. Ek weet niks.

    Sy antwoord nie, druk net sy hand saggies en vir die soveelste keer vandat sy hom ken, dink sy: Dis sulke mooi hande.

    Maxie?

    Ja, Don?

    Die geld, Maxie? Daar was geld in my baadjie se sak, baie geld. Seker maklik agtduisend rand. Die polisie het dit nie dalk gekry nie? Dis...e...perdegeld. Ja, Johnnie Squipp het my die tip gegee. Jy weet tog hy gee my altyd tips vir die perde. Sy hand sluit styf om hare asof hy so die antwoord gouer uit haar wil dwing. Het die polisie dit gekry, Maxie?

    Nee, Don. Ek het dit uit jou sak gehaal nog voordat die ambulans gekom het.

    Hy bring haar hand vinnig na sy lippe en soen die growwe vingers. Jy’s ’n vrou na my hart, Maxie. Die beste in die wêreld. Hulle sou dalk nie verstaan nie. As ek hier uitkom, dan gaan ons dit vier, Maxie. Net ek en jy. Ek is klaar met die slette. Van nou af speel ek true Maxie...rêrig.

    Die aanraking van sy lippe stuur ’n tinteling deur haar liggaam nes daardie eerste, heerlike aand in sy kamer. So is dit nog elke keer as hy haar aanraak. Maar die genot is van korte duur, want sy moet hom van die geld vertel. Nou, voor Herklasie kom. Sy haal ’n slag diep asem. Die geld is weg, Don.

    Weg! Maar jy het dan nou net gesê dat jy dit self uit my sak gehaal het! Wat het jy daarmee aangevang? Die oog blits woede, agterdog.

    Henna Klopper het dit kom haal.

    Die oog rek groot, vol vrees. Sy stem is ’n hees fluistering. Henna Klopper!

    Ja. Sy het gesê sy wil die geld hê, anders gaan sy polisie toe. Ek het dit vir haar gegee, Don. Ons wil nie daardie soort geld in die huis hê nie. Pastoor Williams...

    Jy het nie vir hom daarvan vertel nie, het jy?

    Nee, Don. Die donker oë betrag hom smekend. Hoekom het jy dit gedoen, Don? Dis diefstal en twee mense se lewe is daarmee heen. Dis ’n sonde, Don.

    Skuim! Dis wat hulle is! Wat gee ek om dat hulle vrek is? Hulle het daarvoor gevra; dis nie my skuld nie! Max, ek wou nie, maar Henna het my getart en getart totdat ek ingestem het. Die twee lê al lank aan by haar en daardie rooikop-kamermaat van haar, Doris. Die laaste drie weke was hulle nog elke keer daar as ek vir Henna gaan kuier het. Dis hulle wat die ding beplan het – daardie Roets en Jackie Benson.

    Hy praat sag sodat sy ietwat vorentoe moet leun om hom te hoor. "Roets het gesê hy weet dis gewoonlik Dinsdagaande stil by die roadhouse. Hy en Jackie sou die werk doen. Al wat hulle nodig gehad het, was ’n kar en iemand om te bestuur.

    "Telkens wanneer ek daar kom, vra hulle my om saam te speel, maar ek wou nie. En toe het Henna haar begin snaaks hou met my. Sy  het aan my getorring, my gesê om te loop. Sy het nie tyd vir ’n lafaard nie, het sy gesê. Ek is toe saam met hulle. Ons het eers ’n kar gesteel. Ons het Henna weer by haar kamer afgelaai en toe is ons na die roadhouse toe. Roets en Jackie is binnetoe en ek het buite in die kar gewag.

    Hulle was seker nie vyf minute weg nie toe het hulle soos springhase uitgehol gekom. Roets het geskree: ‘Jaag, Daddy, jaag!’ Van toe af kan ek nie veel onthou nie behalwe dat ek die petrol weggetrap het en nie een keer na die naald gekyk het nie. Die pad was stil, maar ek het dit nie te goed geken nie en naby die plantasie is daar ’n skerp draai. Die kar het gegly en die volgende oomblik het ons gerol. Toe ek my weer kom kry, lê ek tussen die bome – vol bloed. Ek het tot by die kar gekruip waar ek vir Roets gekry het. Die sak met geld het hy nog in sy hande vasgeklou. Ek het dit gevat. Ek het nie gewag om na Jackie te soek nie. Dit was hel, Max, pure hel, sê ek jou. Ek weet nie hoeveel keer ek langs die pad flou geword het nie. Al met die donker strate het ek geloop tot by die huis. En nou sê jy Henna het die geld kom haal. Hy skud sy kop driftig. Die slet! Die verdomde slet!

    Don, Don! Wat kon ek anders doen, my man? Roets en Benson is albei dood en sy het gedreig om die polisie te vertel dat jy vir hulle die kar gedryf het. Sy het in die koerant gelees dat die geld weg is.

    En dink jy dat sy nie weer sal kom nie? Sy sal elke sent wat ons besit, kom opeis. Jy moes haar kop ingeslaan het toe sy haar voet oor die drumpel gesit het!

    Stil, Don, stil. Sy’t belowe sy sal ons nie weer lastig val nie.

    Hy lag wanklankig. Belowe! Goeiste, Max, wat dink jy beteken haar beloftes? Sy sal ons uitsuig totdat net die bene oorbly. Dan, op besadiger toon: En Herklaas, weet hy?

    Sy knik slegs ter bevestiging.

    ’n Wyle praat hulle nie, maar dan vra sy: Jy het nie dalk vingerafdrukke...

    Nee. Ek het handskoene aangehad. Moenie jou daaroor bekommer nie. Hulle het niks teen my nie. Hulle ken my nie; ek het nie ’n rekord soos die ander twee nie. Ek sal sorg vir ’n goeie storie. Gaan sien jy net vir Johnnie; hy sal onder eed verklaar dat ek die aand by hom was.

    Goed, Don. Ek sal nog sommer...

    Die blik in sy oog maak haar stil. Hy kyk oor haar skouer na die lang jong man met blonde hare en met helder blou oë soos sy eie wat by die deur ingestap kom. Dag, Herklaas!

    Dag.

    Jy’s laat, Herklaas. Die besoektyd is amper verby.

    Ek kon nie gouer wegkom nie, Ma. Hy kyk sonder

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1