Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Droomwa
Droomwa
Droomwa
Ebook95 pages1 hour

Droomwa

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

“Ma-hulle is nog weg toe ek by die woonstel aankom. Lappies hink agter my aan. Ek gaan sit op Pa se leunstoel en staar na die akwarium. Die suurstof gons eentonig. Ek maak my oë toe. Dit voel of ek dryf.
“Ek dryf in water. Dis lou. Toe ek my oë oopmaak, sit ek in die Buick. Sy’s vol water. Die paneelkissie is oop. Wier groei dig daaruit. Op die paneelbord is helder see-anemone. Hulle voelhorings wieg in die water. ’n Engelvis swem voor my gesig verby. Ek steek my hand uit. Hy woerts weg. Langs my agter die stuurwiel sit ’n figuur in groen verbande toegewikkel. Dit lyk of hy al lank onder die water is. Eendmossels klou aan die verbande. Die hande is nie toegedraai nie. Agter op die hande bult are. Dis Pa se hande . . .”
Vir Paul van Zyl is sy standerdvyfjaar ’n grootwordjaar. Hy leer dat mens die verlede nie kan terugroep nie. Dat dít wat verby is, onherroeplik en vir ewig verby is. Dat dít wat gedoen is, ewe onherroeplik gedaan is. Hy leer om afskeid te neem, en om verantwoordelikheid te neem vir wat hy gedoen het. Maar bowenal leer hy aanvaarding.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateDec 17, 2016
ISBN9780624078418
Droomwa
Author

Barrie Hough

Barrie Hough is op 17 Januarie 1953 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1970 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en studeer B.A. Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1980 behaal hy ’n M.A.-graad in Engels met ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. Hy hou vir vier jaar skool by St. Barnabas College en word in 1979 voltyds as toneelresensent by Beeld aangestel. Later jare is hy op die kunsredaksie van Rapport, waar hy oor flieks, teater en letterkunde skryf, en in 1999 as kunsredakteur aangestel word. Barrie is op 16 Augustus 2004 oorlede.

Read more from Barrie Hough

Related to Droomwa

Related ebooks

Related articles

Reviews for Droomwa

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Droomwa - Barrie Hough

    BARRIE HOUGH

    Droomwa

    TAFELBERG

    Vir Rosa Keet en T.C.L.

    EEN

    My helderste herinnering aan Pa is daardie laaste oggend saam met hom – die dag voor die aar in sy kop gebars het.

    Ek het ander herinneringe aan hom. Op Margate se strand hou hy ’n groot skulp naby my oor en sê: Luister na die see. Die branders ruis in die skulp. Pa se spikkelgrys oë kyk hoe ek luister … In die kombuis bekruip hy Ma waar sy in haar heldergeel voorskoot staan en pannekoek bak. Terwyl sy suiker oor die boonste pannekoek strooi, gryp hy haar van agter en pen haar arms vas. Sy lag en laat die lepel val. Hannes! Kyk nou net hoe mors … Hy soen haar voor sy verder kan raas. Ek ruik kaneel. Hy druk haar teen hom vas terwyl ’n pannekoek op die stoof begin brand.

    Dié herinneringe – ook lateres van ander plekke, mense en tye – kom en gaan, verdof of verander. Maar daardie laaste Saterdagoggend sal ek altyd onthou.

    Wanneer ek son op water sien blink, voor ’n spieël skeer, eende hoor roep of ’n plat klippie tussen my vingers vryf, dink ek aan Pa. Die dreun van ’n V-agt-enjin, die verbyflits van ’n vlootblou motor, die geur van Old Spice-naskeermiddel roep ook die herinnering op.

    Waar die gordyne nie mooi saamgetrek is nie, straal die son deur. Dit lê ’n dun streep teen die oorkantste muur. Pieter is ’n bondel komberse. Pa sê hy slaap soos ’n skilpad – met niks wat uitsteek nie. Ek lê en luister. My mond proe wild van die biltong wat ek die vorige aand geëet het ná ek my tande geborsel het. Ek lig my kop en skouers asof dit my beter sal laat hoor. Die Buick dreun in die rylaan op. Dis Pa! Lappies tjank van blydskap. In my verbeelding sien ek hoe Pa hurk om die foksterriër te streel. Die warm pienk tong lek seker sy hande nat.

    Ek begin tel. Net voor agtien gaan die kamerdeur stadig oop. Pa kom in. Hy dra ’n plastieksak. Moerbeiblare vir die sywurms, fluister hy. Lekker vars. Ek het hulle nou net gepluk. Hy tel die skoendoos van die lessenaar op en kom sit op my bed. Hy haal die deksel met gaatjies af. Hulle word mooi groot. Daardie een in die hoek spin sommer een van die dae. Hy sit ’n paar blare vir die wurms in. Ons kyk saam hoe hulle groot happe uit die blare begin vreet.

    Hoe gaan dit met die taak? wil hy weet.

    Goed. Ek lees nog. Pieter het gesê hy sal foto’s neem en Cilliers het belowe hy leen vir my die geel syhart in sy Bybel. Pa weet, die een wat Susan vir hom gegee het.

    Hoe lyk dit my jou broers werk harder aan hierdie taak as jy en Frikkie? terg hy en krap my hare deurmekaar. Wie skryf standerd vyf, julle of hulle?

    Later in die badkamer sit ek op die rand van die bad en kyk hoe hy voor die spieël skeer. Hy skommel die kwas in sy skeerbeker om skuim te maak en verf sy gesig wit. Hy lig sy kop en skeer met lang hale van sy adamsappel na die punt van sy ken. Die baardbespikkelde skuim spoel hy onder die warm kraan van die skeermes af. Hy vryf ’n kol skoon in die toegewasemde spieël en skeer verder.

    Toe hy klaar is, draai hy, skeermes nog in die hand, na my toe en sê: Dis tyd dat die oukêrel jou leer skeer. Kom hier.

    Hy kniel voor my en streel met die rugkant van sy hand oor my wang. Melkbaard is soos melktande, sê hy. Vroeër of later moet dit waai. En as jy soos die res van die Van Zyls is, het jy blou baard teen die tyd dat jy veertien is. Kyk maar na jou broers. Teen vroegmiddag kan jy omtrent hout skuur met hulle gesigte. En meisies hou van ’n skuurderigheid. Hoe lyk dit, moet ek jou touwys maak?

    Ek knik. Pa glimlag. Die ritueel begin.

    Om lekker te kan skeer, sê Pa, het ’n man warm water, ’n skerp lemmetjie, ’n skeerkwas, baie skuim en ’n spieël nodig. Hy klop weer skuim in die beker op en smeer dit aan my gesig. Dis sag en warm soos wol. Hy sit sy een hand op my kop – dit pas soos ’n mus – en met die ander skeer hy die dons van my gesig af. Sy gesig is naby myne en ek sien die haartjies by sy neus uitsteek. Sy asem ruik na peperment.

    So … egaaaalig, praat hy, meer met homself as met my, terwyl hy die skeermes versigtig oor my gesig trek. Dit kielie. Nee, man, hou stil jou gesig. Hier by die kakebeen en die ken moet jy mooi werk. ’n Man sny jou maklik daar raak. En skeer tog skoon. Liewer ’n ongeskeerde gesig as ’n half geskeerde een.

    Toe hy klaar is, vee hy die skuim wat oorbly met ’n klam waslap af. Hy gooi ’n bietjie Old Spice in die holte van een hand, vryf dit tussen sy palms en smeer dit aan my gesig. Dit brand so dat my oë traan. Jammer. Ek het al vergeet hoe dit aan die begin kan steek.

    Sy hande rus op my skouers. Hy kyk lank na my. Toe druk hy my teen hom vas. Hy ruik na homself, na Pa. Niks anders het nog ooit presies só geruik nie.

    Hy staan op en rol papier van die rol langs die toilet af. Ai, die Old Spice is darem skerp. Kyk hoe traan my oë nou ook. Hy snuit sy neus.

    Trek jou aan, sê Pa vir my toe ons in die kombuis koffie drink. Dan ry ons dam toe voor die ander wakker word.

    Toe ek uitkom, wag hy al in die luierende Buick – ’n 1948 Buick Special. Een van die min in Johannesburg, spog hy altyd. Ander ouens droom net oor so ’n wa; ek ry een.

    Die chroomlyswerk blink in die oggendson. Op die voorste ronding van haar groot enjinkap pryk die Buick-kenteken. Dit lyk soos ’n

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1