Weglopers
ALMAL ken vir ou Sed. Hy is so deel van Klimoppark soos die klipengeltjies wat saam met hom die wind en weer trotseer.
Eers was dit net hy voor Wessel en later Maria bygekom het. Hier pas hulle in soos amberblare in die herfstapyt.
Sed betrag die verslonste kind. Iets haper aan hom. Sy het een middag uit die bloute by die park aangekom met haar blonde bokstert en pienk rokkie. Skoon uitasem en verskrik.
Die eerste twee dae het sy nie ’n woord gepraat nie. Ná ’n groot gesukkel het sy eindelik met ’n bewerige stemmetjie gesê: “My naam is Lydia.”
“Grootoog en stil,” het Maria gemymer. Intussen het sy ma gespeel vir die dogtertjie. Sy is ’n groot vrou met ’n groot hart, en dit was die liefde in haar stem wat die kind se vertroue gewen het.
Jy is te jonk om ’n hawelose bestaan te
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days