Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Skoenlapper Liefde
Skoenlapper Liefde
Skoenlapper Liefde
Ebook142 pages3 hours

Skoenlapper Liefde

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Verhaal van misverstande en verkeerde aannames. Kan Mia le Clerq uit die boksie ontsnap waarin JJ Jansen haar geplaas het? Kan JJ van al sy bagasie ontslae raak en die liefde sien vir wat dit is.

LanguageAfrikaans
PublisherThea Sonnekus
Release dateNov 29, 2018
ISBN9780463552681
Skoenlapper Liefde
Author

Thea Sonnekus

Thea Sonnekus woon op 'n tropiese eiland in Thailand saam met haar man, twee seuns, twee skoondogters en twee dierbare kleinkinders. Sy is versot op lees en het op 'n vroeë ouderdom haar moeder se liefdesverhale skelm onder die komberse met 'n flitslig gelees. Haar man is haar muse en ook haar sterkste kritikus. Sy glo in die liefde en ook dat daar nie perfekte verhoudings bestaan nie, maar dat elke verhouding wel perfekte oomblikke het. Die familie besit 'n besigheid op die eiland en sy koester die saamwees tye saam met die kinders en kleinkinders. Vir haar bestaan die lewe elke oomblik uit keuses en kies sy geluk, waardering, opregtheid en liefde as die grondslag vir haar bestaan. Daarom skryf sy "feel good" boeke met gelukkige eindes.

Read more from Thea Sonnekus

Related to Skoenlapper Liefde

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Skoenlapper Liefde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Skoenlapper Liefde - Thea Sonnekus

    Skoenlapper Liefde

    Published by Thea Sonnekus at

    Smashwords

    Copyright 2018 Thea Sonnekus

    Discover other Titles by Authorname

    Seenimf van Samui

    Wittebrood, Bitterbrood

    Dokter uit die Woestyn

    Polfyntjie se Ridder

    Die Kringloop van die lewe

    Die Kolos se Kiekies

    Ohama se Dokter

    Tussen die vuur en die As

    Buiteblad ontwerp deur Brenda Thomas

    Hoofstuk 1

    Mia kyk rusteloos op haar horlosie waar sy in die parkeerarea voor 'n gebou vir die agent wag. Denell Fisioterapeute en Rehabilitasie lees sy op die groot naambord bo die een ingang.

    Dan sien sy twee vrouens wat by die ander ingang uitstap en op die trappies gaan staan en rondkyk. Sy klim uit haar voertuig en stap vinnig in hulle rigting.

    Die een vrou kom glimlaggend nader gestap. Is u dalk Mia le Clerq? vra sy vriendelik.

    Mia knik instemmend. Ja, ek is.

    Jammer u moes bietjie wag. Ek moes net eers iets met die eienaar uitklaar voordat ek jou die plek wys. glimlag sy en stel haarself voor as die agent.

    Sy beduie na die voordeur. Kom saam dan stel ek jou sommer aan die eienaar voor.

    Hulle klim met die trappies op en stop by die vrou wat hulle inwag. Mia kyk vir 'n oomblik na die lang stylvolle vrou. Daar is nie 'n haartjie uit sy plek in haar blonde kapsel nie en die broekpak lyk of dit spesiaal vir haar gemaak is.

    Dit is Debbie Nel, die eienaar van die gebou. Sy wys na Mia. En dit is Mia le Clerq stel sy hulle aanmekaar voor en hulle skud mekaar se hande.

    Hulle stap al geselsende die gebou binne.

    Ek wil hierdie deel van die gebou verkoop. Die hele gebou het aan my en my broer behoort en hierdie was sy spreekkamers. Hy is sowat drie maande gelede oorlede in 'n motorongeluk en die hele gebou is hopeloos te groot vir my behoeftes. verduidelik Debbie.

    Jammer om van jou broer te hoor. simpatiseer Mia met haar.

    Debbie knik.Mag ek vra waarvoor jy die gebou wil gebruik? vra sy dan terwyl sy Mia skepties op en af kyk.

    Ek wil graag handwerk werkswinkels en 'n galery hier oprig. Van wat ek op die foto's gesien het, sal dit ideaal wees met die kleiner vertrekke en dan die een groot lokaal. beduie Mia opgewonde. Ons gaan ook gratis klasse aanbied vir die minderbevoorregtes en hulle help om self goedjies te maak wat hulle kan verkoop.

    Hulle stap deur die gebou en Mia maak aantekeninge en neem afmetings. Sy vra ook 'n paar vrae en neem foto's sover hulle loop.

    Dankie dat jy dit vir my gewys het. glimlag sy dan vir die agent. En, aangenaam om u te ontmoet. beduie sy na Debbie. Ek sal alles gaan bestudeer en met my vennoot bespreek. Ek sal julle so vinnig moontlik laat weet en ek sal skakel as daar dalk verdere vrae is.

    Hulle groet en Mia draf na haar motor toe. Sy skakel dadelik 'n nommer voor sy die motor aanskakel.

    Mabeth, ek dink ek het die ideale plek gekry. Sit solank die ketel aan, ek is nou daar. praat sy opgewonde. Sy draai behendig in die verkeer in en ry na 'n woonbuurt daar naby.

    Sy stop voor 'n groot ysterhek en wag vir dit om oop te skuif terwyl haar vingers op die stuurwiel trommel en sy uit volle bors saam met die musiek op die radio sing.

    Sy parkeer haar motortjie voor die spierwit gewelhuis en glimlag vir die vrou in die boheemse klere wat vir haar in die voordeur wag. Sy vlieg uit die motor en draf die trappies op. Sy gooi haar arms om die vrou en soen haar op die wang.

    Hulle stap al geselsende in die gang af na die kombuis waarvandaan die reuk van koffie kom.

    Mia gaan neem plaas by die tafel en trek dadelik die bord met skons nader. Hmmmm...Ek is juis so honger. Dankie Mabeth. glimlag sy terwyl sy die skon met botter beplak.

    Jy is altyd honger. skud Mabeth haar kop. Nou toe, vertel. Mabeth sit die twee bekers koffie op die tafel neer en neem al steunende plaas.

    Die gebou is ideaal geleë. Naby aan winkelsentrums, maar tog nie in 'n te besige area nie. Dit het aan twee dokters behoort, maar die een is 'n rukkie terug oorlede. Sy suster voel die hele gebou is te groot vir haar. Sy het haar eie praktyk in die een gedeelte. vertel sy so al kouende.

    Sy haal haar selfoon uit en wys vir Mabeth die foto's.

    Dit is lekker naby en ek dink ons sal dalk so bietjie kan onderhandel oor die prys. beduie sy nog steeds opgewonde.

    Hmmm, dit lyk of dit sal voldoen aan alles wat jy soek. Jy kan my bietjie later vinnig gaan wys waar dit is. glimlag Mabeth rustig vir haar broerskind.

    Sy kyk met vertedering na die meisie oorkant haar wat met 'n salige glimlag weglê aan nog 'n skon. Sy is 'n skrale vyf voet ses, haar kort swart hare staan orent en omraam haar elfie gesiggie met die wipneusie. Daar is groen, blou en pienk strepies in haar hare en haar kuif val skuins oor haar voorkop. Donker wimpers omraam die groot groen oë. Haar vel is verrassend blas. Die armbande vol klokkies klingel met elke beweging van haar arms. Die klein diamantjie in haar neus vang die lig flonkering op. Sy is geklee in 'n pers slooprok wat tot by haar voete in die plat leersandale reik. Om haar nek hang daar 'n string bonkige silwer krale. Sy lyk glad nie na die ses-en-twintig jaar oud wat sy wel is nie.

    Wat sit en glimlag Mabeth so by jouself? vra Mia met opgetrekte wenkbroue.

    Ek sit en kyk maar net na jou en dink maar weer jou naam moes eintlik Elfie gewees het. Sy knip glimlaggend vir Mia oog.

    Ag tog, nie weer die Elfie storie nie. Is dit nie genoeg dat ek altyd die elfie in al die konserte moes wees nie. Nooit eers oorweeg vir enige prinses rol nie. beduie sy teatraal met haar arms. Nee, daardie voorreg was altyd gespaar vir die blonde blou oog poppies met hulle frilletjies rokkies.

    Wou jy dan so graag 'n prinses wees? Jy wou dan nie eers ballet neem nie, want jy wou nie so 'n frilletjies rokkie dra nie? troef Mabeth.

    Mia lag. Ja-nee kyk, niemand sou my met enige army in daai pienk gedoente in kon kry nie. En later was ek mos maar alewig agter die skerms, besig met die dekor en so aan.

    Ja, jy wou net prentjies teken en het net belang gestel in enige iets wat wiele het. Mabeth glimlag breed. Nie dat iets intussen verander het nie. Ek het jou nog nooit in iets met 'n beduidenis van 'n frilletjie of 'n valletjie gesien nie.

    Mia lag maar net verleë saam. Ja, my arme ou moeder het al haar dae gehad. Die mooi ou rokkies was altyd sommer so in my pantie ingedruk. sê sy weemoedig. Sy het maar later moed opgegee en my toegelaat om my eie klere te kies, wat ek dan in elk geval opgedollie het met verf of krale of so iets.

    Ja, jou dierbare ouers kon nooit verstaan waar hulle aan jou gekom het nie. Hierdie goedige plat op die aarde boeremense met die boheemse dogtertjie. Ek kan nog so goed onthou toe jy die eerste dag skool toe is en jy aangedring het dat jy ses poniesterte op jou kop wou hê. Jou arme ma het nie 'n keuse gehad nie en jy is skool toe met jou ses stertjies regop bo-op jou kop. Sy vee vinnig trane uit haar oë met die agterkant van haar hand.

    Ai my ou Mabeth, ek mis hulle so baie. sê Mia nou self met 'n snik in haar stem. Ek weet nie wat ek sou gedoen het as ek nie vir jou gehad het nie.

    Ja my ou doggie, darem het ons nog vir mekaar. snik Mabeth saam.

    Mia staan op en gaan slaan haar arms om Mabeth se skouers en rus met haar kop teen haar wang. Ek is lief vir jou. prewel sy saggies.

    Mabeth glimlag en druk vinnig 'n soentjie op haar wang met bloedrooi lippe. Ek weet.

    Maar nou, genoeg van al die trane, kom ons ry gou en dan gaan wys ek vir jou waar die plek is. Ek wil graag jou opinie hê. Ek het 'n goeie gevoel omtrent die plek. Mia maak die bekers en borde bymekaar en pak dit in die skottelgoedwasser.

    Hulle sluit die voordeur agter hulle en stap na Mia se heldergroen Volla met die groot geverfde blomme op.

    Ai my kind, moet jy nou vandag weer met ou Blommie ry. skud Mabeth haar kop.

    Sy moet ook so af en toe bietjie uitkom. Shame, sy het hoe lank by die buurman gestaan omdat niemand haar kom haal het nadat hy haar reggemaak het nie. Sy kort ook liefde en aandag. beduie Mia met 'n groot glimlag.

    Jy weet dit is net 'n kar... skud Mabeth haar kop.

    Mia bars hardop uit van die lag. Ek weet my Mabeth, ek weet. Maar, ons moet darem haar nuwe 'rokkie' bietjie gaan afshow. Sy lyk tog te oulik met haar blommetjiesrok, of hoe?

    Mabeth skud net haar kop en klim steunend in die Kewertjie. Hier is nie eers 'n aircon of iets in nie. En dit is so warm vandag. brom sy.

    "Draai af die venster en smell the roses, my liefste Mabeth." Mia draai terstond haar ruit af en ry al singende na die gebou toe wat sy wil koop.

    Jy kan miskien prentjies teken, maar sing, ai tog.. jy is so vals soos 'n vendusieklavier. brom Mabeth weer.

    Mia skaterlag weer. "Dit is miskien die rede hoekom ek nooit in enige konsert die hoofrol gespeel het nie.."

    Sy parkeer in die parkeerarea voor die gebou en hulle sit en kyk stil daarna.

    "Mabeth, iets sê vir my ek moet hierdie plek koop. Ek voel dit al aan vandat ek dit die eerste keer gesien het. Mia kyk fronsend vanaf Mabeth na die gebou. Wat dink jy?"

    As dit vir jou reg voel en dit voldoen aan al jou behoeftes, koop dit dan my kind. beduie Mabeth.

    Mia glimlag en haal haar selfoon uit en skakel die agent. Ek het besluit ek wil 'n aanbod maak vir die gebou wat jy my vanoggend gewys het. Wanneer kan ek jou kom sien?

    Hoofstuk 2

    Mia stap met 'n huppel by die prokureurskantore uit. Sy hou die oordragpapiere in haar hand. Van vandag af is sy die trotse eienaar van 'n gebou en kan sy begin om haar jarelange droom in werking te stel.

    Sy swaai haar been oor die saal van haar Harley en sit haar helmet op. Die koevert word sommer voor by haar leerbaadjie ingedruk. Met 'n lied in haar hart en die gebrul van haar gunsteling motorfiets in haar ore, ry sy in die rigting van haar gebou. Sy moet die sleutels in ontvangs gaan neem.

    Sy parkeer reg voor die ander deel se ingang en haal haar helmet af. Sy kam met haar vingers deur haar hare en spring af. Toe sy opkyk sien sy vir Debbie saam met 'n manspersoon by Denells se gedeelte uitkom.

    Sy stap met 'n groot glimlag na hulle toe met haar helmet al swaaiende in haar een hand.

    Hi, Debbie, ek het net gou die sleutels kom kry. Alles is nou afgehandel. Sy trek die ritssluiter van haar leerbaadjie af en haal die koevert uit.

    Sy het egter skoon vergeet dat sy niks onder die baadjie aan het nie. Sy pluk die rits vinnig op toe sy sien hoe die man se oë rek en dan vas genael bly op die bloedrooi stukkie onderklere wat by die oop rits uitgeloer het.

    Sy voel hoe 'n blos op haar wange vorm en sy kyk vinnig op na die man. Sy kyk vas in 'n paar heldergroen oë wat presies dieselfde kleur is as hare en sien dat daar 'n afkeurende trek om sy mond huiwer.

    Hy draai na Debbie. En wie sal die nou wees? Stel jy ons nie voor nie? vra hy in 'n fluweel stem terwyl hy haar afkeurend op en af kyk. Sy vryf oor haar styfpassende leerbroek en trek haar skouers vierkantig terug en plant haar gestewelde voete stewig vas.

    Dit is Mia..uhm... jammer, wat is jou van nou weer?

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1