Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Kolos se Kiekies
Die Kolos se Kiekies
Die Kolos se Kiekies
Ebook260 pages6 hours

Die Kolos se Kiekies

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Thys Taljaard is 'n wêreldberoemde fotograaf wat vele pryse vir sy boeke al gewen het. Daar word besluit om 'n televisiereeks te vervaardig oor sy laaste boek wat hy uitgebring het. Die produksie maatskappy moet vololedige navorsing doen voor die produksie en daarvoor word 'n vier weke lange reis saam met Thys deur Afrika beplan. Onvoorsiene omstandighede gooi Tinkie by die diep kant in en sy moet dan vir Thys vergesel op hierdie reis. Sy is 'n verfynde rekenmeester en het geen ondervinding in kamp of safari's nie. Sy vind Thys afstootlik met sy reuse baard en nou word hulle saamgegooi vir vier weke lank. Sal Moeder Afrika se roepstem tot haar deurdring en sal sy kan oorleef net met die basiese middels tot hulle beskking.

LanguageAfrikaans
PublisherThea Sonnekus
Release dateMay 28, 2018
ISBN9781370872862
Die Kolos se Kiekies
Author

Thea Sonnekus

Thea Sonnekus woon op 'n tropiese eiland in Thailand saam met haar man, twee seuns, twee skoondogters en twee dierbare kleinkinders. Sy is versot op lees en het op 'n vroeë ouderdom haar moeder se liefdesverhale skelm onder die komberse met 'n flitslig gelees. Haar man is haar muse en ook haar sterkste kritikus. Sy glo in die liefde en ook dat daar nie perfekte verhoudings bestaan nie, maar dat elke verhouding wel perfekte oomblikke het. Die familie besit 'n besigheid op die eiland en sy koester die saamwees tye saam met die kinders en kleinkinders. Vir haar bestaan die lewe elke oomblik uit keuses en kies sy geluk, waardering, opregtheid en liefde as die grondslag vir haar bestaan. Daarom skryf sy "feel good" boeke met gelukkige eindes.

Read more from Thea Sonnekus

Related to Die Kolos se Kiekies

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die Kolos se Kiekies

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Kolos se Kiekies - Thea Sonnekus

    Die Kolos se Kiekies

    Thea Sonnekus

    Published by Thea Sonnekus at

    Smashwords

    Copyright 2018 Thea Sonnekus

    Discover other Titles by Authorname

    Seenimf van Samui

    Wittebrood, Bitterbrood

    Dokter uit die Woestyn

    Polvyntjie se Ridder

    Hoofstuk 1

    Tinkie sit met 'n verligte sug agteroor in die stoel. Sy vryf haar nek wat styf en seer voel na al die ure voor die rekenaar. Sy vat die hoop papiere bymekaar wat die drukker uitgespoeg het. Alles word in 'n netjiese hopie bymekaar gestapel. Sy haal een van die omslagte, met die logo van die maatskappy waarvoor sy werk, uit haar laai en sit die drukstukke daarin.

    Sy skakel die rekenaar af en kom orent. Sy strek 'n paar maal voordat sy haar handsak en die omslag vat en deur toe stap. Sy kyk terug om seker te maak dat alles netjies is voordat sy die lig afskakel en die deur toetrek. Sy stap in die helder verligte gang af na die kantoor van haar bestuurder.

    Sy werk vir 'n produksie maatskappy wat dokumentêre reekse vervaardig. Haar werk is om die navorsing te doen en dan 'n begroting op te stel wat dan gebruik word deur een van die produksiebestuurders om die ekonomiese vatbaarheid van die projek te bepaal.

    Sy het so pas haar begroting afgehandel vir 'n versoek wat hulle ontvang het van 'n beroemde kanaal op televisie. Die wêreldberoemde natuur fotograaf, Thys Taljaard, het so pas die hoogste toekenning gewen vir sy nuwe natuurlewe boek. Die televisie kanaal wil 'n reeks beeldsaai gebaseer op die boek 'n Nuwe Afrika deur My Lens.

    Sy het net twee dae tyd gehad en moes dus lang ure insit. Die fotograaf het net vier weke tyd gemaak om saam met een van die produksiebestuurders die roete te doen en die vertrekdatum is oormôre. Daar is dus net vanaand en môre tyd om alles af te handel en in gereedheid te kry.

    Die produksiebestuurder wat al die natuurlewe projekte behartig, wag vir haar begroting en dit is waarnatoe sy nou op pad is.

    Sy stoot sy kantoordeur oop. Hy swaai om in sy stoel toe hy haar hoor en glimlag op na haar. Haai Tinkie, hulle het jou omtrent gemoor hierdie keer.

    Haai Kevin, ja dit was nogal 'n tawwe ene. Veral omdat ek nie regtig kennis het van al die besoekpunte en van Afrika as sulks nie. Dit sou gehelp het as ek self met die skrywer kon praat, maar ek verstaan hy kom eers môre-aand in die land aan.

    Ek is seker jy het jouself net so goed soos altyd van jou taak gekwyt. Jou werk was nog altyd in die kol. antwoord hy gerusstellend.

    Dankie Kevin, kom ons hoop maar so. Sy ril. Ek kan net nie verstaan dat enige regdenkende mens uit vrye wil in die boendoes wil loop infoeter nie. Wat is nou sodanig wonderlik aan 'n klomp bosse en modderhutte?

    Jy het blykbaar nog nie Afrika se roepstem gehoor nie, anders sou jy nie nou so gepraat het nie. glimlag Kevin vir haar.

    Urgh, nee dankie, al roepstem wat ek nou wil hoor is my bed s'n en môre se bederf by my gunsteling spa antwoord sy met afgetrekte mondhoeke.

    Nou maar toe, dit is al bitter laat. Hy hou die omslag op. Dankie vir dit. Jy moet jou rusdag geniet. Ek sal my dag moet deurbring met aankope vir die vier weke se avontuur wat wag. Gelukkig het ek al vantevore tyd in die boendoes deurgebring en sien baie uit daarna.

    Liewer jy as ek antwoord sy. Ek gaan dan maar. Jy moet maar jou avontuur geniet en bel maar as daar iets is.

    Hy glimlag weer vir haar. O, ek gaan vir seker. Mooi ry en lekker slaap.

    Sy knik en stap dan na die hyser toe. Dit is stil in die gebou en al wat hoorbaar is, is die geklik van haar spykerhakke op die teëlvloer. Dit is net haar luukse sportmotor en Kevin se motor wat nog in die parkeerarea is.

    Sy is dankbaar toe sy later haar voordeur agter haar toetrek. Sy skakel die ligte aan en kyk met tevredenheid na haar luukse woonkamer voor haar. Dit is altyd vir haar heerlik om huis toe te kom en in een van die sagte wit leerbanke neer te sak met 'n glasie yskoue witwyn.

    Haar ouers was al die jare verbonde aan die diplomatieke diens en sy het as kind dikwels saam met hulle gereis. Hulle het altyd kunsgalerye en museums besoek en sy het 'n liefde vir die fynere dinge in die lewe aangeleer. Sy het 'n B.Comm graad behaal en by die produksiemaatskappy begin werk as 'n rekenmeester. Sy het vinnig gewys wat in haar steek en het toe die pos gekry as navorser en hoof rekenmeester.

    Op haar een en twintigste verjaarsdag het sy 'n trustfonds ontvang wat haar grootouers vir haar nagelaat het. Daarmee het sy vir haar die huis laat bou en ingerig volgens haar smaak. Sy het heelwat unieke en besonderse kunswerke versamel en daar was al 'n artikel oor haar plekkie in 'n dekor-tydskrif.

    Sy skop haar skoene uit en skink vir haar 'n glasie wyn in een van haar kristalglase. Sy druk 'n knoppie op 'n afstandbeheer en sagte musiek begin speel. Sy vou haar bene onder haar in en sak weg in die sagte voue van die leerbank.

    Sy drink haar wyn klaar en gaan stort. Dit is al na middernag en sy wil nou net in haar koningsgrote bed wegsak.

    Sy stel die temperatuur in die kamer en laat die gordyne toeskuif met die afstandbeheer. Sy plaas haar sagte oogklappe oor haar oë en klap haar hande twee maal sodat die ligte afskakel. Sy kan nie slaap as alles nie doodstil en stikdonker is nie.

    Die volgende oggend maak sy vir haar ontbyt in haar hiper-moderne kombuis toegerus met elke moontlike elektriese toerusting. Sy gooi van haar tuisgemaakte muesli in 'n bakkie met die organiese jogurt bo-oor. Sy is baie presies oor die tipe kos wat sy eet en maak seker dat alles organies is. Sy kweek self al haar kruie in die binneshuise vertikale tuintjie teen die een kombuismuur.

    Sy gaan maak haarself reg vir haar spa sessie. Dit is 'n maandelikse instelling vir haar. Sy laat haar naels en hare ook op dieselfde dag versorg. Dit is haar bederf aan haarself.

    Sy ry na die spa toe en boek haarself in. Sy word deurgevat na 'n kamer waar een van die terapeute haar reeds inwag. Sy trek haar klere uit en trek die spierwit sagte kamerjas aan. Sy gaan sit in die gemakstoel.

    Hulle sit vir haar 'n gesigsmasker op en daarna gaan lê sy op haar maag op die bed sodat die masseer sessie kan begin.

    Haar foon begin lui. Sy wil frons, maar die gesigmasker laat haar nie toe om enige iets in haar gesig te beweeg nie.

    Moet ek die foon vir jou aangee? vra die terapeut.

    Nee, dit is nie nodig nie. Ek sal netnou kyk wie soek my. antwoord sy deur stywe lippe wat nie kan beweeg nie.

    Die foon begin dadelik weer lui en sy klik verergd haar tong. Miskien moet jy maar dit vir my aangee sodat ek kan sien wie is so knaend. vra sy die terapeut.

    Sy vat die foon en sien dan dit is Kevin wat op soek is na haar. Voor sy nog iets kan doen, lui die foon weer. Sy antwoord met haar stywe lippe. Ja Kevin?

    Hallo, is dit Tinkie wat praat? vra 'n vreemde vroue stem.

    Ja, mag ek weet wie praat nou? vra sy fronsend.

    Dit is Suster Marais van die Mediclinic hospitaal. antwoord die vrou.

    Tinkie sit dadelik regop toe sy hoor die oproep is van 'n hospitaal af. Hoekom bel jy van Kevin se foon af? Is daar fout? Het iets met Kevin gebeur? rammel sy af.

    Ek is bevrees die antwoord is 'ja'. Meneer Bester was in 'n motorongeluk en het redelik seergekry. Hy moet ingaan teater toe, maar weier volstrek voordat hy nie met jou gepraat het nie. antwoord die suster. Hou aan, hier is hy.

    Tinkie kom dit asemrig in 'n bewerige stem oor die foon.

    Kevin, is jy okay? Wat het gebeur? vra sy angstig. Sy staan op vanaf die bed.

    Nee jong, ek is bevrees ek het redelike ernstige beserings opgedoen. Ek sal vir lank uit aksie wees. Tinkie, luister, ek moet jou vra, jy sal namens my op die trippie moet gaan. Daar is niemand anders wat dit nou kan doen nie. En jy is al een wat bietjie kennis het van die hele projek. Asseblief. Tinkie kan hoor dat Kevin in pyn verkeer. Sy hoor hoe die suster in die agtergrond aandring dat hy moet klaarmaak, want die teater wag.

    Sjoe, Kevin jong...

    Asseblief Tinkie, ons kan nie die projek verloor nie. Ons kan dit nie finansieel bekostig nie. Jy weet dit tog. Die lys van alles wat ek moet saamvat is in my rekenaarsak. Dit is hier in die hospitaal. Kom kry dit en gaan koop die goed, asseblief. Daar is ook 'n kredietkaart in die sak vir gebruik vir die aankope. Ek moet nou aflui. Die medikasie begin nou inskop. Dankie, Tinkie... fluister Kevin nou en lui af.

    Tinkie sit vir 'n oomblik oorbluf en staar na die foon in haar hand. Dan kom sy tot verhaal toe sy besef wat Kevin van haar vra. Sy draai vervaard na die terapeut en beduie dat sy die masker moet verwyder. Sy trek vinnig aan en betaal. Sy sleutel die hospitaal se koordinate in op die GPS en draai in die verkeer in.

    Haar gedagtes is in 'n warboel. Sy haat verrassings en om nie in beheer te wees nie is die ergste. Hierdie situasie wat nou op haar afgedwing word is vir haar ondenkbaar. Sy weet sy kan nie juis weier nie. Dit is 'n opdrag van haar bestuurder en daar is niemand anders beskikbaar wat dit nou kan doen nie. Sy weet hoe sy gesukkel het om die fotograaf te kry om in te willig om vir die tydperk tyd aan hulle af te staan. Hulle gaan nie weer 'n kans kry nie.

    Sy parkeer haar motor in die parkeerarea van die hospitaal. Sy kry die inligting by die ontvangs en gaan soek dan na Kevin se kamer. Suster Marais is agter die toonbank in die saal en loop saam met haar na Kevin se kamer.

    Wat se beserings het Kevin opgedoen? vra sy die suster.

    Hy het veelvuldige beenbreuke opgedoen asook inwendige beserings. Hy sal vir 'n lang ruk buite aksie wees. antwoord die suster.

    Wat het gebeur? vra Tinkie.

    'n Vragmotor se remme het gefaal en toe was daar 'n botsing met verskeie motors wat by 'n verkeerslig gewag het. antwoord die suster.

    Gits, dit klink erg. Ek is bly Kevin leef darem nog. antwoord Tinkie geskok.

    Ja, hy was gelukkig. Daar was ander wat nie so gelukkig was nie. antwoord die suster saggies.

    In Kevin se kamer oorhandig die suster die rekenaarsak aan Tinkie. Tinkie rits dit oop en haal die papiere uit. Daar is lyste van benodighede en sy bekyk dit fronsend. Sy herken die meeste goed nie en weet nie eers waarvoor dit is nie. Sy is dankbaar dat Kevin alles mooi getik het. Sy kry ook 'n leer omhulsel en soek vir die maatskappy se kredietkaart.

    Gits, ek weet nie eers waar om te begin nie fluister sy by haarself. Sy kyk na die suster. Ek moet nou in Afrika infoeter en ek was nog nooit eers in die wildtuin nie. Waar op aarde begin ek...

    Die suster glimlag. Sy kyk na die kort blondekop meisie voor haar met nie 'n haartjie uit sy plek nie. Ek kan ook nie jou sien dat jy so iets doen nie flits dit deur haar gedagtes.

    Gee vir my, ek kyk gou. Ek ken darem van kamp. hou die suster haar hand uit. Sy lees deur die lyste en beduie dan vir Tinkie by watter winkels sy die verskeie goed moet gaan koop. Ek hoop jy het darem 'n slaapsak en 'n tent. Ek sien hier is 'n lysie van 'Goed om te onthou' ook tussenin.

    Tinkie skud haar kop. Nee gits, niks daarvan nie. Ek sal dit ook moet koop. Gelukkig het ek nou 'n kredietkaart van die maatskappy.

    Tinkie rits die sak weer toe en gee dit vir die suster. Hou maar sy rekenaar vir hom. Ek sal my eie een gebruik. Sy glimlag skeef vir die suster. Laat ek dan maar weg wees. Ek voel nog steeds asof dit net 'n nare droom is en ek enige oomblik gaan wakker word.

    Ons sal mooi na hom kyk belowe die suster.

    Dankie, ek sal bel om te hoor hoe dit gaan. Nou ja, dankie dat u my laat weet het en vir Kevin gehelp het. knik Tinkie en stap weg.

    Sy gaan sit fronsend in haar motor en bekyk weer die papiere. Sy sug en sluk benoud toe sy weer dink aan die netelige posisie waarin sy haar nou bevind. Dan trek sy haar skouers terug. Sy het mos darem al baie gereis.. so hoekom stres sy so..dit is mos net nog 'n toer, dan nie?

    Sy ry tot by die eerste winkel en kry een van die behulpsame winkelassistente om haar te help om die lysie af te merk. Die winkelassistent laai in en sy stoot die waentje. Sy sien dat die winkel ook beskik oor veldklere en sy koop 'n paar stelle regte kakie safari klere, hoed en al. Die assistent dring daarop aan dat sy moet stewige stapstewels aanskaf. Sy kyk vies na die swaar toeryg skoene en pas dit langtand aan. Sy koop ook wolkouse op die assistent se aandrang.

    Sy stoot die vol trollie tot by haar motor en sukkel om alles in te kry. Sy staan hande in die sye die vol motor en bekyk. Sy sal die goed eers by haar huis moet gaan aflaai, voordat sy die volgende lysie takel.

    Sy ry terug tot by haar huis en laai alles in die motorhuis af en vertrek dan na die volgende winkel.

    Sy moet drie keer heen en weer ry voordat al haar lysies afgemerk is. Daar is 'n hoop goed in die middel van die motorhuis en sy sal haar motor buite moet parkeer vir die aand.

    Nou eers tyd vir iets om te eet en te drink dink sy moeg en warm. Sy gaan maak vir haar 'n slaai en beker groentee. Nadat sy die skottelgoed gewas het, skakel sy die skoonmaker wat twee maal per week kom skoonmaak en reël met haar om die plante nat te maak.

    Sy gaan sit by die tafel en begin dan om sistematies uit te werk wat sy alles moet doen en betaal vir die ruk wat sy gaan weg wees.. Sy betaal alles wat sy moet betaal deur die internet. Dan skakel sy een van haar vriende wat saam met haar werk en 'n bakkie besit om te reël dat hy die volgende oggend haar sal kom oplaai en na die vertrekpunt toe vat. Sy het die adres op een van die papiere gesien wat sy in Kevin se sak gekry het. Sy het egter nêrens 'n telefoon nommer vir die fotograaf nie.

    Oh, wel, dit maak tog seker nie saak wie saam met hom gaan nie trek sy haar skouers op.

    Sy besluit om haar klere reg te kry en in te pak. Sy kry haar ekstra groot asook 'n kleiner pienk tasse uit die stoorkamer en pak in. Sy maak seker dat sy klere en skoene vir elke geleentheid het asook genoeg swemklere vir die eiland deel van die reis.. Sy pak half vies die kakieklere ook maar in. Daar is nie nou tyd om dit te was nie. Sy sal dit maar by een van die hotelle ingee om gewas te word. Sy pak haar grimering en al haar mooimaakgoed in die bypassende kleiner tassie. Sagte pienk handdoeke kom bo-op net vir die wis en die onwis.

    Na dit alles afgehandel is, neem sy plaas voor die rekenaar. Sy moet vir haar ouers 'n e-pos stuur om te verduidelik waar sy gaan wees. Sy weet nie eers waar hulle tans rondreis nie. Hulle het maar min kontak met mekaar.

    Sy lees weer deur haar begroting en sorg daarna dat haar rekenaar gelaai word.

    Sy gooi vir haar 'n glasie wyn in en gaan sit op haar gunsteling bank. Met 'n glimlag dink sy dat die volgende dag die tyd bevind sy haar op Kubu Eiland. Beelde van wit sand en blou see flits deur haar gedagtes.

    Hoofstuk 2

    Tinkie kom vervaard regop toe die wekker teen vyfuur skel afgaan. Vir 'n oomblik wonder sy hoekom dit nog donker is en onthou dan dat sy moet klaarmaak sodat haar vriend haar teen halfses kan kom oplaai.

    Sy vlieg uit die bed, maak dit vinnig op en gaan stort. Sy wend haar grimering aan en trek haar met sorg aan. Sy wil darem 'n goeie eerste indruk maak op die fotograaf.

    Sy kyk na die prentjie in die spieël. 'n Fyn vyf voet vyf dame met goudblonde krulle en seegroen oë staar terug. Die styfpassende wit langbroek beklemtoon elke slanke kurwe en die seegroen bostuk vertoon haar bruingebrande skouers en naeltjiering. Haar hemelhoë wit wighak sandale rond die prentjie af. Sy sit 'n bypassende hangertjie en oorbelle aan, spuit haar parfuum in die lug en loop daardeur. Sy trek haar tasse tot in die motorhuis en gaan haal dan haar groot wit leerhandsak en skouersak met die rekenaar en persoonlike dokumente in.

    Sy sluit die deur agter haar en sien die ligte wat in die oprit verskyn.

    Haar vriend, Michael, help haar al steunend om alles agter op die bakkie te laai en sy trek haar motor in die motorhuis. Nadat sy seker gemaak het dat alles gesluit is, vertrek hulle.

    Sy gee die adres vir hom en al geselsende ry hulle die kort afstand tot waar die blikstem aandui dat hulle die bestemming betreik het.

    Tot haar verbasing is dit 'n hoë muur en groot ysterhek. Michael druk die interkom knoppie en die hek skuif oop. Hulle ry tussen 'n laning bome deur en kom dan tot stilstand voor 'n groot dubbelverdieping huis wat in die Toskaanse styl gebou is.

    Voor hulle is daar 'n groen ou Landrover parkeer en die voordeur staan oop.

    Hulle klim uit en sien dan 'n man uitkom by die voordeur. Die man loop met 'n glimlag en 'n uitgestrekte hand op Michael af. Jy is seker Kevin? groet hy.

    Michael kyk half verbouereerd na haar. Eh.. nee, ek is Michael. Ek het net vir Tinkie gebring. Wag ek laai gou die goed af.

    Die man kom staan voor haar. Tinkie moet haar kop agteroor buig om in sy gesig te kyk. Goeie genugtig dink sy dit is wat my ouma nou 'n kolos van 'n man sal noem!

    Die man trek sy wenkbrou op en staan met sy hande op sy sye haar en beskou. En jy is....? vra hy dan in 'n koue stem.

    Eh.. ek is Tinkie. Ek is jammer, maar Kevin was in 'n ongeluk en hy het my gevra om in sy plek saam met jou te gaan, dis nou te sê as jy ene Thys is. Tinkie se mond voel droog en sy sukkel om te sluk.

    Tinkie hoor hoe Michael Bye roep en 'n voertuig wat wegtrek. Sy lig net haar hand halfhartig in 'n groet sonder om haar oë weg te vat van die man se gesig voor haar.

    "Ekskuus, ek is seker ek het nie reg gehoor nie.. Jy het iets gesê van JY gaan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1