Katkenades
HY IS moeg. Ben Steyn trek sy spreekkamer se deur agter hom toe en haal die bos sleutels uit sy sak. Die maan skyn reeds helder; dit is veel later as seweuur, die amptelike toemaaktyd van die praktyk.
Hy wou eers net seker maak die ou groot boerboel wat vanoggend onder ’n kar beland het, is bestendig. Wie die rekening gaan betaal, weet hy nie. Niemand het nog kom navraag doen oor die hond nie, en daar is tekens dat die ou grote ’n ruk lank aan die natuur en sy elemente oorgelewer was.
“Dokter … ” Hy skrik, kyk dan om en sien ’n blonde vrou wat uit die donker skaduwees nader gestap kom.
“Jammer, ek sien ek het jou laat skrik.” In haar arms hou sy iets vas. Dan maak die dingetjie ’n geluid, en hy besef dis ’n babakatjie.
“Goeienaand. Skuus, man, ek was ingedagte.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days