KOBIE trek die kantoordeur agter haar toe. Sluit met ’n glimlag. Vandag was ’n besonderse dag. Nie omdat sy bevordering gekry het of ’n reuseprojek losgeslaan het nie. Nee. Haar hart het geskuif.
Iewers tussen metafore en kommas en punte op haar rekenaarskerm het haar hart se kleppe soos die reusevinne van ’n duiwelsvis begin sweef. Ritmies. Grasieus. Die onreëlmatige angstige ritme van die afgelope twee jaar ’n elektriese skok gegee en laat uitskop.
Genoeg is genoeg. Die son het aanhou skyn. Die wind het aanhou waai terwyl die kraaie nie kon ophou gaap nie. Reën het aanhou watersoene stuur vir dorre aardlippe wat smag na lewe.
En sý het aanhou asemhaal.
By die huis trek sy in die garage in. Kyk skrams na haar foon. Oor ’n halfuur begin beurtkrag. Vier volle uur lank. Haar spiergeheue neem oor. Kerse, LED-ligte, kopflitsie, gasstoof, radio.
Vanaand is haar hande lig. Sy stoot die eenbakgereg in die mikrogolfoond. Besluit dan daarteen. Haal dit weer uit en sit dit terug in