ALLES was in plek. Sy ma sou hier kom bly. Sy is mal oor Josephine en Josephine is mal oor haar, maar daar loop en val sy haarself half disnis. Sy sit nou met geskeurde ligamente in haar voet, en hy met minder as 48 uur om iemand in haar plek te kry.
Hy bel dadelik sy sekretaresse, Elanza. Sy het altyd oplossings vir alles. Boonop het sy nie kind of kraai nie. “Graag, Nico, natuurlik, jou tuin is so amazing,” stem sy in. “Solank ek vir Biker kan bring.”
“Biker? Wie is dit?” Het sy dan ’n kêrel?
“Ek dag ek het jou vertel, van my nuwe baba. Die cuteste klein rescue. Opvreetbaar beautiful en…”
“Nee, dit sal nie werk nie, Elanza,” knip hy haar kort. Of dit nou vreetbaar of opvreetbaar is, oor sy dooie liggaam.
Josephine haat honde.
Dit is toe dat hy ’n boodskap op die buurt se WhatsApp-groep plaas. Hulle is altyd gou om te reageer. Té gou. Té nuuskierig. Maar uit hierdie spanbousessie in die Bosveld kom hy nie. Hy het die vorige een gemis en is dit nooit vergewe nie.
Hy hou sy foon by hom. Maar niks gebeur nie. Hy kyk weer op