Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Draak van Bergvoet
Die Draak van Bergvoet
Die Draak van Bergvoet
Ebook89 pages1 hour

Die Draak van Bergvoet

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Daar bestaan 'n legende wat bewaar word deur ʼn handjievol ouer inwoners van hoop dat twee jong tieners tot die dorp se redding sal kom, maar teen watter prys?

 

Hierdie aangrypende verhaal speel af in die dorp Bergvoet teen die hange van ʼn donker wolk bedekte berg. Inwoners verlang met heimwee na die goeie ou dae voor die ramp hulle getref het; toe die dorpie en omgewing ongekend mooi was. Daar was lower groen bosse, waterstrome en lang groen gras op die velde en heuwels. Nou omvou 'n swart donker wolk die dorp met 'n swael reuk so erg dat vele van die inwoners siek geword het en die son nie meer die berghange groet in die oggend nie.Onsekerheid oor die toekoms van die eens vooruitstrewende dorpie en sy inwoners hang soos ʼn swaard oor hul koppe en om te verhuis lyk soos die enigste uitweg.

 

Hierdie spanningsvolle verhaal getuig van dapperheid, nederigheid, deursettingsvermoë asook spanwerk. Die misterieuse karakters wat die legende bewaar, het egter behoorlik hul hande vol om die twee tieners voor te berei vir die moeilike taak wat vir hulle voorlê.  Gaan hulle die dorp kan red? Gaan die son weer skyn oor hierdie pragtige plek en sy mense?

 

Waarom mag die res van die inwoners nie van die legende weet nie? Hulle woon immers in Bergvoet.

LanguageAfrikaans
PublisherBJ Fourie
Release dateNov 2, 2023
ISBN9798223625438
Die Draak van Bergvoet

Related to Die Draak van Bergvoet

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Draak van Bergvoet

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Draak van Bergvoet - BJ Fourie

    Die_Draak_-_Cover.jpg

    Kopiereg © 2023 BJ Fourie

    Eerste uitgawe 2023

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of band opname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring, sonder die toestemming van die kopiereghouer.

    Die skrywer het alles moontlik probeer om die feite objektief korrek weer te gee. As persone hulle situasies identifiseer en voel hulle is verkeerdelik, wederregtelik of onregverdig aangehaal en of benadeel sal die skrywer dit so gou as moontlik regstel.

    Gepubliseer deur BJ Fourie met die dienste van Reach Publishers,

    Posbus 1384, Wandsbeck, Suid Afrika, 2631

    Voorblad ontwerp deur Adele Odendaal and Reach Publishers.

    Webblad: www.reachpublishers.org

    E-pos: reach@reachpublishers.org

    Text Description automatically generated

    BJ FOURIE

    koosfourie2015@gmail.com

    Voorwoord

    In my kinder-dae het pa, oom Ben Fourie hierdie storie met my gedeel en in die oorvertelling daarvan was dit soms ook nodig om verskillende vertolkings volgens die tydmeter te bedink.

    My kinders het die staaltjie altyd baie geniet en dit sommer Drakiedorp gedoop, veral my seun Dunhin wou die verhaal oor en oor luister.

    Ek bewaar hierdie storie vir my kinders en kleinkinders. Mag elkeen se drome hulle eie avontuur bepaal.

    Die Legende

    Die skadu sal jy aantrek soos ʼn jas

    as die skemer vroeg oggend kom tafel dek

    en wanneer die wind sy asem ophou

    sal helde hul swaarde neerlê -

    van Oos tot Wes verby blinde grense

    sal grond en munt verdwyn in kouevure.

    Waar tyd na binne kyk om te meet

    hoeveel mens nog kan verduur,

    sal dapper mans sit en huil

    terwyl vlamme gulsig lek

    lek aan die donker wat sy lêplek kry

    in die bloedrooi wraak van haar.

    Eers dan, sal die waarheid skilfer

    soos ʼn bloekomboom sy bas,

    ʼn kompas wat Noord kyk

    sal op ʼn voetpad, met onskuld kruis

    en twee jong mense sal dit dra

    soos ʼn somersdag haar son.

    AO

    1

    Die Vermiste Hoender

    Skemer het in elke uur van die dag op Bergvoet kom val en dit is in hierdie dorpie waar Hion, sy drie susters en hul ouers woon. Hilke en Hila is ʼn tweeling en Halia is die jongste van die meisiekinders.

    Vandat Hion kan onthou is sy pa ʼn houtkapper, selfs in hierdie moeilike tye. Die droogte het onuithoudbaar geraak, die reën het totaal verdwyn en die werk het baie skaars geword. Bergvoet het baie verander vandat daar ʼn donker-grys wolk oor die berg kom hang het. Dit het net groter en al groter geword en die onheil het ʼn stormagtige boosheid voorspel.

    Op sommige dae is daar gruwelike geluide wat deur die dorp sou dreun en ʼn rooi gloed wat soos ʼn hartklop kon pols vanuit die berge. Elke dag het hierdie wolk meer en meer van die son se lig ingesluk en die bitter reuk van swael het vasgeklou met ʼn magiese krag.

    Groente, vrugte, bome en plante het gevrek. Mens en dier het siek geword, gesterf of net verdwyn. Die inwoners van Bergvoet was bang en moedeloos en baie gesinne het verhuis na ander dorpe.

    Doktor Van Vuuren, ook die burgemeester se sekretaris, sien amper elke dag pasiënte. Hy doen gereeld huisbesoek, skryf medikasie voor, maar sonder enige beterskap. Hy probeer hulle gemoedsrus gee en versekering dat die raad wel aan die ondraaglike situasie werk.

    Maar niemand weet meer wat om te doen nie.

    Die inwoners is desperaat en baie van hulle gebruik hul laaste geld met die hoop om gesond te word.

    Die burgemeester, mnr Van As, is ook baie bekommerd en laat mense van heinde en ver kom om raad te gee, maar ook sonder enige welslae.

    Die strate van die dorp is meestal verlate en dit is hoe Hion dit ervaar toe sy ma, Zasters hom eendag stuur om ʼn hoender te gaan koop by tannie Meraai. Sy wil sop vir oom Jan en tannie Rosa maak omdat hulle ook siek geword het.

    Op pad na haar huis, skiet hy takkies en ander voorwerpe met sy kettie. Hy het lanklaas ʼn haas gesien, dink hy toe hy die tuinhekkie oopstoot.

    By tannie Meraai se huis, klop hy aan die deur, maar daar is geen antwoord nie. Hy klop weer en weer, maar die enigste beweging is ʼn kantgordyn wat by die voorruit wapper. Hy kyk rondom hom en sien ʼn vrou oorkant staan. Die lig op haar stoep laat haar hare silwer skyn. Miskien, dink hy, weet sy dalk waar tannie Meraai is en hy loop oor die pad

    Middag Hion. Hy skrik homself boeglam. ʼn Ou tannie stel haarself voor as Aliki en sy nooi hom vriendelik in en verduidelik dat sy al baie lank vir hom wag.

    Hoekom wag die tannie vir hom, het hulle dalk gister hier by haar huis kom toktokkie speel?

    Benoud jaag die vrae deur sy gedagtes en hy smyt die paar takkies in sy hand sommer in die tuin voor hy ingaan.

    Daar is ʼn knop in sy keel en hy weet sommer as hy nou moet praat gaan hy hakkel, net soos oupa Koos.

    Aliki gee vir hom ʼn glas water en wag dat hy eers op die bank gaan sit. Hion probeer om sy ongemak met ʼn slukkie water te verdrink, maar tevergeefs.

    Hion, waar dink jy kom die wolk vandaan? vra Aliki na ʼn oomblik later.

    Hy trek sy skouers op: Ek sal regtig nie kan sê nie tannie. Tannie Meraai het eendag vir mamma gesê, net tyd sal leer. So ek glo ook nie eens, sý of my ma weet waar die wolk vandaan kom nie.

    Hion, kan jy ʼn baie groot geheim bewaar? vra Aliki. Hy knik sy kop en wonder hoekom die tannie so geheimsinnig sou wees.

    Aliki vou haar hande op haar skoot en begin vertel: Toe die skaduwee Wes loop, is daar ʼn draak gesien. Sy loer verby hom na die venster. "Die mense het baie stories opgemaak, maar kort voor lank het ridders vanaf Noorweë ons ergste vrese kom bevestig. Die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1