Landbouweekblad

Want daar is steeds mense wat nie weet nie . . .

Baie is al gesê oor die afgelope paar jaar se droogte. Selfs dat dit die ergste droogte is wat groot dele van Suid-Afrika al beleef het. Dit is beslis die droogte wat die meeste mediablootstelling kry. As dit nie iewers deur die dag op radio, TV of in gedrukte media verskyn nie, sien jy dit in vele Facebook-plasings.

Landbouweekblad vertel byna weekliks oor boere se stryd in hierdie verskriklike taai tyd. Dit is alles goed, maar soms kan die stortvloed stories die publiek se simpatie en opgewondenheid effens blus. Daarom het GWK se uitnodiging om op ’n droogtetoer na Van Wyksvlei en Griekwastad te gaan, my taamlik skepties gehad.

Die idee was om die media ’n ware blik op toestande in hierdie omgewings te wys en ook boere se gemoedere te lig met ’n braai en kuier in die aande. Kan daar dan nog enigsins iemand wees wat nie weet hoe hierdie droogte lyk nie? En sal daar vars stories uit hierdie toer kan kom? het ek gewonder.

Maar met die bymekaarkomslag in Kimberley was dit duidelik dat GWK ’n baie goeie punt beet het. Joernaliste uit Gauteng het die oggend in reën gery en was bekommerd dat sulke weer gaan inmeng met hul beeldmateriaal, wat moet wys hoe droog dit is.

Voor Van Wyksvlei se James Eastonskousaal staan ’n lang string bakkies. Uit die saal draf manne met sakke afrondkorrels op hul koppe en skouers.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe
Landbouweekblad5 min read
Droëbone Vasgevang Tussen Twee Vure
Droëbone is waarskynlik die gewas wat as proteïenbron vir menslike gebruik die beste waarde vir geld bied. Die produsenteprys is ook baie hoog en sommige boere het die afgelope seisoen tot R35 000 per ton gekry. Hoekom word die gewas dan nie op grote
Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd

Related