Huisgenoot

VERMAAK | KORTVERHAAL Die vensterwasser van nommer 406

DIS maar die vierde maand, die vierde keer, dat hy die huis – met die mooi vrou en haar vol mond en eienaardige seuntjie – se vensters was. Sy skouer is lastig. Hy probeer vergeefs die styfheid losvryf.

Net so vergeefs probeer hy die warboel ongemaklike gevoelens onderdruk wat hom telkens onkant betrap sodra sy steierstoel by no. 406 tot stilstand kom.

Ten minste is die wind vandag stil. Anders as sy kollegas verkies hy vensters waarvan die gordyne dig toegetrek is. Hy wil nie sien nie. Sy eie pyn waarmee hy heeldag worstel, is genoeg. Herinnerings aan Sorette en sy geboorteland wil hom nie los nie. Dag en nag spook hy met vrae wat hom mal maak.

Hoekom het hy dit nie sien kom nie? Hoe kon hy so verkeerd wees? Sy het dan gesê sy verkies ’n sensitiewe man wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot2 min read
Ziza En Nickey Jacobs
EK HET my pa in 2004 in ’n ongeluk verloor. Hy het van Victoria-Wes Kaap toe gegaan om werk te gaan soek, en hy sou weer in Desember daai jaar terugkom, maar hy’s in November in die ongeluk dood. So toe is die broodwinner weggevat. Dinge was donker.
Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Marinda Engelbrecht praat oor haar vriendskap met Peter Veldsman, die befaamde sjef, kosredakteur en kookboekskrywer wat op 82 oorlede is Hy was ’n ware kosikoon, so innoverend en wêreldwyd gerespekteer. Saluut! My deeglik gebruikte versameling harde

Related