SARIE

Op pad na Moormansgat

III In November 1918 – 3 maande voor my 5de verjaardag op 14 Februarie – klim ek en antie Cissy by Parkstasie op die trein Grahamstad toe. Oupa John en ouma Elizabeth kon nie saamgaan nie; Oupa moes gewerk het en Ouma was siekerig en bang vir haar bors, met dié dat die Spaanse griep ook in die Unie kom maai het, baie erg in Swart Oktober. Daardie treinreis duik ook in ons latere gesprekke op, en waar my geheue flou is, vul antie Cissy aan. Ek het verstaan dat ons net vir ’n kuier gaan, by Ouma se Marxfamilie. Ek dink dié wanindruk was aspris, seker om my nie te ontstel nie.

Ons is 2 dae op die trein, met Poppy op my skoot. Algar moet maskers oor mond en neus dra, selfs die soldate wat van die oorlog af terugkom, op pad huis toe. Later verneem ek dit was eintlik ’n oorsese oorlog, maar baie van ons soldate het in Duitswes-Afrika, Oos-Afrika en selfs Noord-Afrika gaan veg, met dié dat eerste minister Louis Botha en sy regterhand, Jannie Smuts, die Unie aan die Engelse Empire getrou gemaak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
TROU REDAKTEUR Michélle van BredaKUNSDIREKTEUR Maresa PretoriusPROJEKBESTUURDER Pieter HugoMODEREDAKTEUR Amaria CarstensSKOONHEIDSREDAKTEUR Monica van der WaltTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner en Anine CapraroMODESKRYWER Marzanne SchoemanSKOONHEIDSKRYW
SARIE2 min read
Koopgids
A Aldo 010 300 6888, aldoshoes.co.za American Swiss bash.com B Bash bash.com Black Betty 066 305 0710, 071 672 6856, blackbettydesign.com Bride & Co brideandco.co.za Burberry int.burberry.com C Calegra Bridal House 076 803 2717, calegra.co.za Call It
SARIE4 min read
Bloemiste
1. Jou gunsteling-troublomme wat jy al geskep het? Dis ’n moeilike een, want elke troue het ’n element wat vir my spesiaal is. My groot liefde en heel grootste trots lê egter in my handruikers. Dit bring vir my baie genot om elke handruiker spesiaal

Related