Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Pro
Die Pro
Die Pro
Ebook131 pages2 hours

Die Pro

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Tiaan is dik vir almal wat hom weer die see wil indwing. By die skool kan hulle nie ophou praat oor hoe die golwe dié vakansie was nie. Glo elke dag perfek. Oh well, great vir hulle, dink Tiaan. Hoop hulle het dit geniet. Daar is seker nie ’n wet wat sê ’n mens móét elke dag in die see lê net omdat jy daar naby woon nie. Maak hom in elk geval siek, ouens wat meer oor surf praat as iets anders. Dink seker hoe meer jy daaroor praat, hoe beter surfer maak dit jou.
Met Dirkie was dit anders. Hulle twee kon net sowel verlede jaar die skool gelos en heeldag by die see rondgehang het. Wat het al daardie skoolgaan Dirkie in elk geval gebaat? Sy lewe sou baie meer beteken het as hy liewer die poele bekyk het as om hom moeg te leer aan Wiskunde en sulke snert.
En toe drop hy hom. Dirkie, die ou wat altyd vir die grootste golwe kans gesien het, Dirkie, sy beste pel, drop hom solied. En hy wat Tiaan is, bly alleen agter om te verduidelik.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateOct 1, 2015
ISBN9780624076544
Die Pro
Author

Leon de Villiers

Leon de Villiers is op 25 Julie 1960 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hercules in Pretoria. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Pretoria waar hy ’n BA- en Honneurs BA-graad in Staatsleer en Internasionale Politiek verwerf. Hy behaal ook ’n Hoër Onderwysdiploma aan dieselfde universiteit.

Related to Die Pro

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Pro

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Pro - Leon de Villiers

    LEON DE VILLIERS

    DIE PRO

    Tafelberg

    Vir die Van Tonders,

    die Standers en die siele

    van die see

    Lewenswetenskappe is die studie of die leer van lewende organismes, d.w.s. die studie van die lewende wêreld

    Virusse en bakterieë

    Ons het hier te make met ’n verskeidenheid primitiewe ietse wat goed aangepas is by hul omgewing, wie se kinders en kleinkinders steeds na hulle aard.

    Virusse: Al wat dié eenvoudige goed wil doen, is voortplant. Al wat hulle veroorsaak, is siektes. Baiekeer by plante, maar ook vigskriklike siektes onder die mens. Skoolbusagtig: hoe verder hulle reis, hoe meer word hulle. 

    Bakterieë: Dié wesens kom in kolonies voor. (Balonies?) Kleurloos wanneer hulle nie gekleurd is nie. Hulle ou beentjies word flagellums genoem. (Haal jou flagellums van die tafel af as jy eet!) En raai wat, hulle plant voort dat dit dreun. Maar let wel dat hulle van ongeslagtelike prosesse gebruik maak. Soort van ritsie in die middel en as jy weer sien, is daar twee! Waarvoor is hulle goed? Siektes. Waarmee maak ons hulle vrek? Antibiotikums. Waar kom hulle voor? Orals.

    25 Januarie

    Die jaar het skaars begin en ek en my ma het al klaar ’n hengse uitval gehad. Sou ook nie gebeur het as dit nie vir tannie Ella was nie. Toe ek weer hoor, het die ou skinderbek my ma gebel. Glo om te hoor of my ma toestemming gee dat ek my wetsuit aan Louis kan verkoop. Natpak, noem sy dit. Eers het ma nie geweet waarvan tannie Ella praat nie, maar toe besef sy skielik dis my wetsuit wat op die spel is en nou ja, toe spat die vonke.

    Dis nou nie asof ek dit nie met my eie geld gekoop het nie, is dit? Maar Ma het aangegaan asof ek omtrent die huis onder haar en Pa probeer uitverkoop (dalk nie so ’n slegte plan nie). Wat moet ek in elk geval met ’n wetsuit maak as ek nooit weer gaan surf nie? Dink my ma dalk ek moet dit sokkie toe aantrek? ’n Nuwe clubmode begin? Ek het nog nie eens probeer om my bodyboard te verkoop nie en nou sal ek seker in elk geval nie kan nie. Moet maar die ding in die garage gaan ophang. Netnou kom vertel tannie Ella vir Ma dat ek my lyfplank ook wil verkoop. Hoekom Louis nou juis sy ma by die transaksie moes betrek, weet ek ook nie.

    Jy weet hoe is ma’s, hulle begin oor een ding baklei en eindig dan ’n uur later op heeltemal ’n ander stasie. Maak nie saak waarmee my ma begin nie, sy eindig deesdae aanmekaar met: Tiaan, waarom kuier jy nie meer met die ander kinders nie? Jy kan nie heeldag in die kamer sit nie. Jy moet meer uitkom … bla, bla, bla. Genoeg om enige normale mens kranksinnig te maak. Uitkom! ’n Mens sou nie sê dat ek elke dag skool toe gaan en elke middag Hugo uitvat vir sy stappie nie. Dit is nie sy of my pa wat dit doen nie, dit is ék. Maar ek moet mos altyd presies doen wat sy wil hê ek moet doen. Ja Ma, goed Ma, reg Ma! Hoe flippen hoog moet ek spring, Ma?

    Dankie tog dat ’n mens in die aand die deur agter jou kan toetrek en alleen kan wees. Amper alleen, in elk geval. Hugo slaap vannag hier op die matjie voor my bed. Lê nou juis vir my en kyk asof hy die onskuld vanself is. Natuurlik moes ek hom insmokkel. As Ma weet hy slaap in my kamer, kry sy die driedubbele piep, maar ek sal hom vroegoggend uitvat voordat sy iets agterkom.

    Die boek, waarin ek nou hier lê en skryf, is eintlik veronderstel om ’n soort werkboek vir Lewenswetenskappe te wees. Dis eintlik Geyer se idee. Hy het met die storie gekom dat ek vir my die vak interessant moet maak deur ’n bietjie humor by my opsommings te voeg. Kan jy glo, ek het die ding uit my eie sak gekoop. Of dit gaan help weet ek nie, maar as ’n man aan die einde van graad tien 42% kry en jou ouers jou lewenslank wil hok, probeer jy enigiets.

    Ek dink nie jy het ooit vir Geyer ontmoet nie. So ’n kort, dikkerige man met sulke reguit, vaalbruin hare en ’n stoppelbaard wat altyd so ’n week oud lyk. Ek het hom al ’n paar keer op die strand sien loop, maar nog nooit voorheen met hom gepraat nie. Toe begin hy sommer nou die dag met my gesels. Eers oor Hugo, natuurlik. Jy weet mos hoe is mense oor Weimaraners: óf die goue oë maak hulle bang, óf hulle is mal oor die honde. Geyer en Hugo het van die begin af goed oor die weg gekom. Toe vra hy of ek Ed Nothnagel se seun is. Hy en my pa het glo op die rotse aan die gesels geraak tydens ’n visvangsessie.

    Eers dog ek die man lieg dat dit spat. Ek bedoel, Pa gesels nóóit met enigiemand as hy visvang nie. Hy praat alreeds net die minimum met mense, selfs met dié wat by ons winkel kom koop. Wat nog te sê waar hy alleen wil wees? Behalwe nou as hy hom strip vir die hengelaars wat plastieksakke en blikke langs die water los – dan het hy altyd baie te sê.

    Maar ek het Pa agterna gevra en Geyer het sowaar nie gelieg nie. Ma weet soos gewoonlik alles oor die man. Sy sê hy bly al sedert Junie verlede jaar hier op Vlakberg. Was glo ’n joernalis en skryf nou aan ’n boek. Volgens Ma het sy vrou hom gelos, nou bly hy alleen hier in hulle strandhuis. Ek is seker veronderstel om oom Geyer te sê, maar dit sal nie werk nie. Lyk my almal noem hom Geyer en klaar.

    Hoe ek en Geyer by my Lewenswetenskappe-punt uitgekom het, kan ek nie onthou nie. Maar hy vra ’n mens in elk geval aanmekaar vrae. Verbeel hom seker hy voer ’n onderhoud met die president of so iemand. Binne twintig minute het ons oor ’n halfmiljoen goed gesels, onder andere oor humor en swot.

    Geyer gaan glo ook nou en dan teen Pa kom skaak speel. Hoop net hy kan Pa klop, want dié begin hom al verbeel hy is die een of ander Kasparov net omdat ek nog nie gereeld wen nie. Maar my dag kom nog!

    Maar die heel beste nuus oor Lewenswetenskappe is: EK IS NIE MEER IN KRUIWA SE KLAS NIE! Halleluja! Ja, lyk my daar is dus tog antwoord op gebed. Alhoewel, ek wonder nou skielik of dit nie dalk Kruiwa se gebede is wat verhoor is nie. Hy is mos nou die nuwe adjunkhoof! Jy moes die kinders se bekke gehoor het. Maar ek kla nie, die man staan nie meer voor my in die klas nie. Ek hoef nie meer dag vir dag in sy sarkastiese gevreet vas te kyk nie. Dit, soos jy sou gesê het, vra vir Swaar Metaal: NO MORE KRUIWA! NO MORE KRUIWA!

    Net jammer dat hy nou meer tyd het vir daardie sluipstappie die stoepe vol. Hy het selfs nou so ’n poging van ’n snor. Seker dat die ouers hom meer ernstig moet opneem. Nie dat dit help nie. My pa dink nog steeds hy moes liewer iets soos ’n balju geword het. Dít van my pa, wat nooit iets slegs van ander mense sê nie.

    Nee, nou het ons by die nuwe mevrou Beukes Lewenswetenskappe. Yvette en Albert is net so bly daaroor. Hopelik sal ons tot matriek by haar bly. Sy is so ’n korterige tannie met ’n bril. Sulke bruingrys hare wat nie te lank is nie en sy trek nogal netjies aan. Nie pouerig soos Bambi nie, net netjies. Ek skat haar jonger as my ma en sy het vir Yvette gesê haar oudste dogter is in graad sewe en kom volgende jaar ook Storms toe. Nee, vir dié tannie sien ek kans.

    Dit was amper of ek het dié jaar nie weer Lewenswetenskappe gevat nie. Maar my pa wou niks weet van oorslaan Ekonomie toe nie. Veral nie toe die hoof sê my vakkeuses sal bots en dat ek dan Aardrykskunde ook sal moet los nie. Seker bang te veel kinders los Lewenswetenskappe met dié dat Kruiwa dit so ’n mislike vak gemaak het.

    Nou sit ek maar weer agter laboratoriumbanke in die Lewenswetenskappe-klas. Die plek ruik vir my steeds alteveel asof ’n straatkind snags daar slaap. Nie dat enige straatkind by sy volle positiewe dit sal wil doen nie. Al daardie rakke vol dooie goed wat toe-oog lê in hul sousies. Gelukkig het mevrou Beukes darem lewende diertjies soos muise en kanaries ook in die klas. Maar die plek bly ’n riller. Kan seker nie anders met daardie Frankenstein-monster van ’n Kruiwa wat soveel jare daar rondgehang het nie. Geen wonder jy het einde graad nege gedink ek is mal om Lewenswetenskappe te vat.

    Onthou jy vir ou Henko Wiese? Hy het altyd so droog en semigevrek gelyk as hy op die stoepe rondslenter. Lewenswetenskappe vir Beginners. Dit was wat hy op die binneblad van sy graad tien-boek geskryf het. Onthou jy, orals by die sketse was daar snaakse opmerkings in potlood, sodat die werk meer soos comics as enigiets anders lees. Net jammer Kruiwa sien dit toe mos verlede jaar en dink dis ek wat dit gedoen het. Tipies, want enigeen met ’n krap se

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1