Die odussee van Villie Snijder
Indien Andries Petrus Prinsloo geweet het wat hy drie sekondes later uitgevind het, sou hy die klop aan sy meenthuisvoordeur nie beantwoord het nie.
Of sou hy?
As hy geweet het dis weer eens Villie Snijder wat daar staan, tussen ongeordende stukke bagasie, en met haar bolling hare in dieselfde of ’n nuwe fatsoen op die kop saamgevat?
Die hoeveelste keer?
Van die dag toe sy hom in die matriekklas met haar tennisraket oor die kop geslaan en hy haar pols vasgegryp het, was hy nog nooit weer van haar los nie. Nou is hulle vyftien jaar ouer, en tussen haar verhoudings en affairs deur het hy haar nooit probeer inpalm nie.
Hy staan net na haar en kyk. Villie . . . so genoem omdat geen onnie kon onthou hoe om “Villene” te spel nie. Sy kyk terug, terwyl sy ’n afhangende rankie beetkry en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days