Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek sal vir jou veg
Ek sal vir jou veg
Ek sal vir jou veg
Ebook236 pages3 hours

Ek sal vir jou veg

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.

Sy droom van ’n matrieksertifikaat en ’n lewe ver weg van haar swakkeling-ma, dronklap-pa en ’n vegkryt waarin min reëls geld. Maar haar skoolwerk ly ál meer onder die laatnaggevegte.

Dan sien ’n voormalige martial arts-kampioen Cazlee se talent raak. Hy bied haar ’n beurs aan by die skool waar hy taekwondo afrig en die kampioentrofee in die visier het.

Ellamay, sy dogter, droom daarvan om in haar kampioen-pa se voetspore te volg. Dat haar pa uit sy pad gaan om eerder van Cazlee ’n kampioen te maak, lei tot wrywing tussen die twee meisies.

Dan gaan die wêreld van onwettige gevegte vir Ellamay ook oop. Dinge loop lelik skeef en Cazlee moet 'n besluit neem wat haar hele toekoms kan beïnvloed.

LanguageAfrikaans
Release dateApr 10, 2024
ISBN9781779990440
Ek sal vir jou veg
Author

Cliffordene Norton

Cliffordene is ’n skrywer, dromer en trotse hondema (en assistent) van Lola en Ramsey. Sy is van die klein dorpie Barkly-Wes in die Noord-Kaap waar sy op 15-jarige ouderdom begin het om liefdesverhale met die hand te skryf. Sy het haar professionele loopbaan by Volksblad begin nadat sy haar BA honneurs in joernalistiek in 2013 aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, voltooi het. Sy woon tans in Potchefstroom en werk vir haar almal mater. Sy hou van lees en toepaslike sarkasme, en is verslaaf aan springmielies en 'n goeie koppie koffie. Sy skryf graag kortverhale, waarvan meer as dertig op Litnet en in Huisgenoot, Kuier, Vrouekeur en verskeie bundels gepubliseer. Haar debuut, Om jou te ken, het in 2022 verskyn.

Read more from Cliffordene Norton

Related to Ek sal vir jou veg

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek sal vir jou veg

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek sal vir jou veg - Cliffordene Norton

    Pan Macmillan

    www.panmacmillan.co.za

    Vir my ouma, Ella. Nou is jy vir ewig vasgevang soos jy geleef het: vreesloos.

    CAZLEE

    Komaan, Killer K! hoor ek iemand skreeu.

    Ja! Moer haar! skreeu nog iemand.

    Ek buk en Bruneidt, of Brutal B soos sy hier by die vegklub bekendstaan, se vuis gly oor my kop. Haar knie tref my onder die ken en my kake klap so hard op mekaar dat my oë traan.

    Ek proe bloed op my tong. Natuurlik sal bloed die eerste ding wees wat ek op my verjaarsdag proe.

    Veels geluk met jou verjaarsdag, Cazlee, sê ’n stem wat baie soos Pa s’n klink in my kop.

    Ek keer die skop wat Bruneidt na my kop toe mik en hou haar been vas sodat sy nie weer kan aanval nie. Nog net twee minute, dan is ons laaste geveg vir die aand klaar.

    Bruneidt ruk haar been los, en haar elmboog tref my teen die kop. My tande klap dié keer so hard op mekaar dat pyn deur my kaak skiet.

    Die punt van my tong brand en my oë traan, maar ek bly op my voete. Bruneidt se oë sê sy is jammer. Sy is nie iemand wat vuil baklei nie.

    Ek spring terug om uit haar pad te kom, en toe die pyn begin verdof, hoor ek die mense. Hulle geniet elke oomblik hiervan. Die trane in my oë en die blouoog waarmee Bruneidt môre sal rondloop, maak nie vir hulle saak nie. Ons werk is om hulle te vermaak, en hulle verwag ons moet dit goed doen. Hulle soek waarde vir die geld wat hulle op ons verwed.

    Nog een! skreeu ’n manstem met ’n slepende tong.

    Gee haar ’n blouoog! kom ’n bevel.

    Komaan, Brutal B. Jy kan nog wen, laat haar uittap! skreeu ’n ander ou in die hoop dat ek onder soveel druk geplaas word dat ek met ’n klap op die vloer sal aandui dat ek oorgee.

    Een minuut, ek kan uithou vir een minuut.

    Ek skud my kop en fokus weer op die geveg. Net ’n idioot se aandag dwaal, en ek was so pas vyftien sekondes lank ’n idioot.

    Ek keer die tweede hou wat my beslis van my voete sou gevee het as ek steeds gedagdroom het.

    Amper daar.

    Ek tel stadig die sestig sekondes in my kop af terwyl ek meestal in die kryt ronddans.

    Vince gaan kwaad wees. Hy ken al my styl – om rond te dans is nie deel daarvan nie. Maar ek het genoeg geld gewen. Almal weet dit. Selfs al tap ek uit, is ek vanaand die wenner. Dis nie nodig dat ek my kneukels stukkend slaan nie.

    Bruneidt het ook die geld nodig. Sy het ’n siek ma en drie jonger broers wat sy moet onderhou. Nie dat ons arme-ek-stories uitruil nie, maar niemand sal doen wat ons doen as alles by die huis mooiweer is nie.

    Vanaand se geld beteken Bruneidt kan kos op die tafel sit. Hoe langer ek uithou, hoe meer kans kry sy om ’n show op te sit. Vince het ’n blik waarin ondersteuners vir die vegter wat verloor het, geld kan ingooi. Hoe langer Bruneidt vanaand veg, hoe meer geld wag daar vir haar in die blik.

    Tien ... nege ... agt ... begin Vera uiteindelik aftel.

    Ek duik uit die pad van ’n vuishou en draai op my hak sodat ek nie val nie.

    Drie ... twee ... een.

    Hei! HEI! skreeu ’n stem. Ek het groot geld op jou gesit! Breek haar been! Dêmmit!

    Killer K is die wenner! kondig Vera dramaties aan.

    Ek het gesê: Breek haar been! kom die stem nader.

    Bruneidt word uit die pad gedruk en skielik kyk ek in die woedende gesig van ’n man vas. Hy maak ’n vuis en lig sy arm. Sonder om twee keer te dink, lig ek my knie tussen sy bene.

    Die skok bloei oor sy gesig en ek lig my vuis om dit van sy gesig af te vee. My middelste kneukel tref die been onder sy oog en ek trek vinnig my hand terug. Dit gaan ’n merk los.

    Vat hom weg! klink Vince se stem langs my op.

    Jarre, die sekuriteitswag en medeorganiseerder van die vegklub, sleep die man aan die nek weg.

    Daarsy, man, sommer ’n ekstra special einde vir die aand. Ek hoop julle het dit geniet, hoor ek hoe Vera haar PR-vaardighede beoefen, maar sy haal vlak en vinnig asem.

    Is jy oukei? vra Vince vir my.

    Tien, nege, agt ... tel ek op my vingers af tot my hartklop rustig word.

    Ja, ek is.

    Hoe het hy verby Jarre gekom? vra Bruneidt terwyl sy die verbande van haar vingers afhaal.

    Die idioot het gaan rook. Van nou af geen smoke breaks meer nie, maak Vince ’n nuwe reël. Vir iemand wat ’n onwettige vegklub bestuur, hou hy nogal daarvan om reëls te maak.

    Vince is nie dom nie. Sy reëls vir die vegklub is eenvoudig en rotsvas:

    Geen regte name nie. (Bruneidt het eenmaal haar naam per ongeluk laat val en Vince het haar nooit daarvoor vergewe nie.)

    Geen ernstige beserings nie. Hy wil nie die hospitaal se binnekant sien nie. Hospitaalbesoeke lei tot baie lastige vrae.

    Ons ken hom nie buite hierdie vier mure nie.

    O, en nou ook: Geen smoke breaks nie.

    Die reëls beteken die gattas bly van sy spoor af en hy maak profyt wat hy deur sy vis-en-tjips-plek verklaar.

    Hoekom was daai ou so kwaad? vra ek en beduie na waar Jarre met die man verdwyn het. Hy sal waarskynlik ’n vinnige vuishou kry en permanent weggejaag word.

    Ek haal die bloederige verbande van my hande af.

    Die linkerkant van my gesig voel asof dit hang. Ek lig my hand en voel aan my linkeroog waar een van die ander vegters my geslaan het. Dis geswel.

    Dit beteken almal by die skool sal weer skinder.

    My kneukels voel styf toe ek my hande oop- en toemaak, maar die krappe en stukkende plekke voel bekend.

    Hy het sy hele pay-tjek en bonus in die tweede rondte op Brutal B gesit. Idioot! Ek het hom gevra of hy seker is. Vince sê hoeveel geld die man gewed het.

    Ek maak vinnig die som in my kop. Die wenner van die laaste geveg sal R2 800 kry. Hoeveel sou my pot vir die hele aand wees?

    Kom kantoor toe, lees Vince my gedagtes.

    Kantoor is ’n oordrywing. Dis eintlik net ’n lang grys staaltafel en ’n donkerblou opvoustoel wat in die gang staan wat na die aantrekkamer en toilette lei. Die tafel blokkeer die pad na die aantrekkamer, maar niemand sal dit in elk geval waag om verby te glip nie. Net idiote gaan waar Vince hulle nie wil hê nie.

    Goeie show, sê Vince en sak met ’n kreun op die opslaanstoel neer. Julle kon natuurlik vinniger klaar gemaak het, maar daai ekstra tyd gee die dommes genoeg kans om ’n tweede bet te maak. Meer krone vir ons.

    Hoeveel? Ek probeer ongemerk my vingers kraak voor dit styf trek.

    Hy kyk my skuins aan en tel ’n klomp note uit. Hy tik-tik met die note teen die grys tafel en druk dit in koeverte. Vince hou ’n vuil wit koevert na elkeen van ons uit. Hy is te suinig om nuwe koeverte te koop.

    Sien julle oor twee weke, sê hy.

    Twee weke? Bruneidt kyk op. Haar hande raak stil om die koevert.

    Ja, ek en Vera gaan see toe. Hy kyk nie eens op nie. Julle het volgende naweek af. Geniet dit.

    Geniet dit? Pa kry ’n oorval. Hy is gewoond daaraan dat ek elke naweek geld huis toe bring. Bruneidt se gesig val ook. Het sy vanaand genoeg geld gemaak om vir twee weke te oorleef?

    Dankie. Jy ook, kry ek tussen droë lippe uit.

    Ek skuif saam met Bruneidt verby die tafel en toe ons ’n entjie verder is, vra ek: Sal jy oukei wees?

    Ja, moenie worrie nie. Sy draai na my. Ek is ernstig. Moenie oor my of enigeen hier worrie nie. Dit maak dinge onnodig moeilik. Sy stap by die aantrekkamer in.

    Dit was nie ’n afjak nie, al voel dit so. Sy is net eerlik. Vriendskap en vuiste stap nie dieselfde pad nie.

    Ek rol my skouers om van die styfheid, en haar woorde, ontslae te raak.

    K! Vera staan aan die bopunt van die gang. Iemand wil met jou gesels.

    Wie sal met my wil gesels? Is Pa hier? Dan moet hy seker regtig desperaat wees, want ná my eerste geveg het hy nie weer saamgekom nie.

    Wie is dit? vra ek.

    Joshua Dean. Vince ken hom. Hy was ’n vegter op sy dae. ’n Kampioen.

    Ek vat die koevert stywer vas.

    Hoekom wil hy my sien?

    Vera lig die blikkie koeldrank in haar hand en drink stadig daaraan. Dan skud sy haar kop.

    Ek weet nie, maar Vince sal dit waardeer as jy met hom praat. Dit lyk of hulle mekaar goed ken.

    Dit klink dreigender as wat Vera bedoel – of dalk presies net so dreigend soos sy dit bedoel het. Wat maak dit saak? Ek ken die reëls – dié wat hardop gesê word en dié waaroor daar nie gepraat word nie. Dit help nie ek stel uit nie.

    Kan ek gou ander klere gaan aantrek? vra ek

    Ja, ek gaan hom vra om buite vir jou te wag, antwoord Vera en stap weg.

    Toe ek by die aantrekkamer instap, stap die ander vegters uit. Ons groet mekaar met ’n knik. Ek stap na die kassies wat teen die muur staan. Dis ons enigste bietjie privaatheid in die plek.

    Die enigste ander meubelstuk is ’n ou, lang bank in die middel van die vertrek. Ek maak seker ek is alleen voor ek my hand onder my kassie se poot insteek. Ek voel-voel tot ek die sleutel raakvat. Die houtdeur kreun van ouderdom, maar dit swaai oop en ek haal my skoolsak uit. Die tweede r van Karrimor is af en die rugsak is ’n ligter blou as sy oorspronklike kleur, maar ek druk dit teen my maag vas op pad badkamer toe.

    In die badkamer sluit ek die deur, gaan sit op die toiletdeksel en maak versigtig die vuil koevert oop.

    R18 860, tel ek. Dit was ’n goeie aand.

    Vir ’n oomblik wens ek dat ek die geld kan vat en in ’n taxi klim. Ek weet nie waarheen ek sal gaan nie, maar iewers moet daar ’n beter plek wees as dié. ’n Klein plekkie waar alles nie so duur is nie. Hoe lank sal die geld hou in ’n klein dorpie?

    Ek sit die meeste van die geld terug in die koevert. R500 sit ek in die voorste linkerkantste sakkie van my rugsak en R200 in die regterkantste een. Die sak se binneste voering het losgetrek, en dit maak ’n veilige wegsteekplek. Ek steek die koevert met die res van die geld daarin weg.

    Ek haal my sweetpaktop en -broek uit die sak en glip dit aan oor wat ek aanhet. Ek kan by die huis was. Daar is ’n skeur by die sweetpakbroek se knie.

    Ek was my hande by die wasbak. My palms voel skurf van die nuwe merke. My hande het nie eelte nie, maar die vel voel hard. Dit bly die lekkerste deel van die aand – om die gevegte van my hande af te was.

    Ek spoel my gesig af en droog dit met ’n ou waslap af. Ek moet dit self bring. Vince mors nie geld op handdoeke nie.

    Dis twintig oor twee, sien ek op my foon. As ek nog met Vince se tjommie moet gesels, sal ek omtrent vyfuur by die huis kom. As ek ’n uur kan slaap, sal ek skool toe kan gaan. Ek sal net aan ’n verskoning moet dink vir waarom my gesig so lyk.

    Ek rol weer my skouers toe die moegheid daarop wil neersak. Ek is besig om te druip, so, die moegheid moet wag. As ek graad elf kan deurskuur, kan ek volgende jaar alles gee en my matrieksertifikaat kry.

    Ek maak die deur oop en toe ek uitstap, voel dit of my hart ’n slaggat tref.

    Wie is jy? vra ek vir die man wat vir my wag.

    Joshua Dean, aangename kennis, beantwoord die man kalm my vraag.

    Hy steek sy hand uit, maar ek vou my arms oor my bors. Hy hoef nie te weet ek het my boeglam geskrik nie.

    Hy lyk soos ’n onderwyser in ’n Sondagbroek en langmouhemp, maar daar is ’n merk bo sy linkeroog en sy neus het ’n paar duike in.

    Klaar gekyk? Joshua glimlag.

    Wat maak jy hier? Ek gaan nie skaam kry omdat hy my uitgevang het dat ek kyk nie. Vera het gesê sy sal jou vra om buite te wag.

    Ek het, maar Vince wou die tafel oppak en dis, beduie hy na die bank, die enigste ander plek met sitplek.

    Wat soek jy? vra ek.

    Die man sug asof hy moeg is en sak op die bank neer.

    Ek was self ’n vegter op my dag. Eers hier by Vince se plek en later professioneel.

    Ek frons.

    Wat het dit met my te doen?

    Joshua vou sy een been oor die ander.

    Ek is nou ’n martial arts-afrigter by Carlisle Hoërskool en ek dink jy is ’n uitstekende kandidaat om ’n beurs by ons skool te kry.

    Ek knip my oë om seker te maak ek droom nie.

    ’n Beurs? Waarvoor? Ek weet nie baie nie, maar ek weet skole met fênsie name deel nie verniet beurse uit nie.

    Ek wil hê jy moet vir my, ons, veg.

    Wat? Ek het nooit gedink my vuiste sou my by ’n privaat skool inkry nie.

    Het julle dan ’n vegklub? vra ek

    Nie soos Vince s’n nie. Ons fokus is taekwondo, waarin jy jou hande en voete mag gebruik om jouself te verdedig. Daar is vaste reëls.

    Ek is bly vir julle. Ek lig my hand toe hy wil praat. Jy weet nie eens wat my naam is of wat my punte is nie. My punte is bitter sleg. Dit vat deesdae baie om te druip, maar ek is daar. Laat hulle net enigeen by die skool toe?

    Nee, natuurlik nie. Hy sê dit asof ek moet weet van sy skool. Die helfte van die tyd weet ek nie eens wat by óns skool aangaan nie. Jy is Cazlee January en jy is sewentien jaar oud. Veels geluk met jou verjaarsdag.

    Hoe weet hy dit? Ek druk my naels in my palms.

    Joshua steek sy hand in sy broeksak en haal ’n Lindt-sjokoladebal uit.

    Jammer dis nie koek nie, sê hy.

    Ek is doodhonger. Ek het vanoggend laas geëet. Ek skuif die rugsak na my ander hand en vat die sjokolade.

    Dankie. Dis eers toe ek in die sjokolade byt dat ek dink aan alles wat hy gesê het. Hoe ken jy my naam? vra ek.

    Vince doen navorsing voordat hy iemand hier laat veg, sê Joshua. Hy sal nie so onder die radar kan bly beweeg as sy vegters se bekommerde ouers hier opdaag nie. Hy doen navorsing om seker te maak ...

    ... ons ouers gee nie om nie, maak ek die sin klaar waarmee hy sukkel. Wat weet jy nog van my?

    "Jou skoolgemiddeld is 33%. Dit sou seker meer gewees het as jy nie so baie afwesig was nie. Dit was 68% voor jy hier begin veg het. Jou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1