Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

My hart klop muffins
My hart klop muffins
My hart klop muffins
Ebook87 pages51 minutes

My hart klop muffins

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Katrina is moeg vir vervelige mense, moeg vir ’n vervelige lewe, moeg vir haar outydse naam. Sy is Kat . . . en Kat is sexy, suave en gesofistikeerd. Net jammer haar lewe bly so gewoon en saai. Naweke werk sy en Van Aardt op die kunsmark en by die skool het sy te doen met irriterende mense soos Marlé Groenewald, die girl met die supergroot boobs. Tot hý op die toneel verskyn. Hý met die ontwerperstoppels en die romantiese Franse naam. Kat is verlief. So verlief dat sy haar beeld heeltemal verander sodat hy haar móét raaksien. Maar die Fransman het ’n geheim. Iets wat sal maak dat Kat haar romantiese idees van voor tot agter moet hersien en haar hart net so deeglik moet ondersoek
LanguageAfrikaans
Release dateAug 28, 2012
ISBN9780798156844
My hart klop muffins
Author

Helen Brain

Helen Brain was born in 1960 in Australia, and grew up in Durban, South Africa. She has published over 50 books for children and young adults, as well as a memoir. She has worked as a crafter, school teacher and freelance journalist. She now teaches creative writing through an international online writing college. She lives in Cape Town, in a house overlooking a vlei, with her husband and their three dogs and in her spare time plays the piano, sings and makes toys out of old socks.

Read more from Helen Brain

Related to My hart klop muffins

Related ebooks

Related articles

Reviews for My hart klop muffins

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    My hart klop muffins - Helen Brain

    hoofstuk-01.jpg

    Kyk waar jy loop, moroon!

    Ek swaai om. Niemand noem my ’n moroon en stap weg met al sy tande nie. Beslis nie ’n grootbek in ’n groen bakkie vol duike nie. Wie’s jou moroon? skel ek en skop na sy wiel. Kyk jy liewer waar jy ry, dofkop!

    Hy swaai sy vuis deur die oop ruit. Jy storm net oor die pad sonder om eens te kyk! Wat’s jou probleem, airhead?

    Airhead? Nóú het hy te ver gegaan. Ek plak die stapel bokse voor die bakkie se neus neer en marsjeer na die venster. As jy jou oë oopmaak en die kennisgewings lees, rotgesig, sal jy sien geen voertuie word hier toegelaat nie! Nie dat ’n mens hierdie ding ’n voertuig kan noem nie.

    Hy leun op sy regterarm by die venster uit en lig sy sonbril. Dadelik begin my voete sweef. Ek oordryf nie, dis die ongelooflikste paar oë wat ek al in ’n menslike gesig gesien het. Gode, ja, engele selfs, was dalk al geseën met sulke stukkies hemel, maar geen gewone aardling nie.

    Van Aardt se stem bring my grond toe. Katrina, sê jy’s jammer sodat ons kan loop!

    Ek waai na hom met my hand. Gaan weg, Art.

    Trina, die mark maak oor ’n halfuur oop!

    Die engel in die groen bakkie rev die enjin. Sê my, airhead, waar is die organiseerder van hierdie plek?

    Hy is verdwaal. My engel is verdwaal. Wonderwerke gebeur nog.

    Volg my, sê ek, my stem aspris sexy en hees. Ek sal jou gaan wys. Ek buk oor, tel die bokse met geoefende grasie op en stap met swaaiende heupe voor die bakkie uit. Hopelik sien hy hoe perfek my nuwe skinny jeans om my boude span.

    Van Aardt is al besig om die gazebo op te slaan toe ek uiteindelik by ons staanplek onder die eikeboom aankom. Nog gloeiend ná my triomftog grawe ek in ’n boks op soek na die pakkie skroewe waarmee ek die opslaantafel aanmekaar moet sit.

    Ek het opgelet, Art, dat jy my weer eens Trina genoem het, sê ek. My naam, soos ek al oor en oor vir jou gesê het, is Kat. Kort en kragtig, om nie te praat van sexy, suave en gesofistikeerd nie. Ek raak so meegevoer dat ek die skroewe laat val sonder om dit agter te kom.

    Van Aardt tel ’n houtbokkie van die gras af op en vou dit oop. Ek sal dit dalk oorweeg om jou Kat te noem, sê hy droogweg, mits jy op jou beurt die naam gebruik wat ek verkies. My doopnaam is Van Aardt – dis die naam wat my ouers my gegee het – ek hou daarvan en dit pas by my. Hy snuif effens en druk sy goueraambril terug op sy neus.

    Maar Art klink net soveel beter, sê ek terwyl ek hom help om die tafelblad op die bokkies te sit en die tafeldoek oor te gooi. Art is – wel – arty.

    Trina, moenie so ’n idioot wees nie. Van Aardt gryp die tafeldoek se punte en trek dit reg. "Lyk ek miskien kunstig? Lyk ek miskien soos ’n – Art?"

    Ek moet erken, nee. Van Aardt is kort en maer. Hy het stokkerige vaal hare en ’n gesig soos ’n hamster met ’n bril op. Hy lyk soos iets wat nie genoeg sonlig en skoon water kry nie. Iets wat sonneblomsade en appelstronke eet en onder ’n hoop skaafsels slaap.

    Maar hy is my beste, beste maat. Ek ken hom al van my geboorte af, eintlik van vóór my geboorte. Art-hulle woon langs ons en ons ma’s is beste vriendinne. Ek het Art se hamsterstemmetjie gehoor toe ek en hy nog in ons ma’s se boepies gelê en droom het.

    Oukei, oukei, gee ek teësinnig toe, miskien lyk jy nie nou arty nie, maar mense verander. Image is alles, hoor. As jy kunstig lyk, dan kom die res vanself en . . .

    Art praat my dood. So jy probeer sê ek moet net kunstig lyk as ek kunstig wil wees? En dat ek kunstig sal wees indien ek kunstig lyk?

    H’m, so iets.

    Soos altyd maak hy knope in my logika.

    Ek gee die handgemaakte T-hemde wat te koop is een-een vir hom aan en hy pen dit vas aan die draad wat hy aan die agterkant van die gazebo gespan het. Daarna maak ek my geldsak om my lyf vas en vou die piekniekstoele oop. Heeltyd wens ek dat Art die onderwerp sal drop.

    Dit gebeur nie.

    Op sy gewone perfekte Afrikaans sê hy: Kom ons volg die argument tot sy logiese uiteinde. Hy frommel sy hamsterneus soos altyd wanneer hy weet hy’s op die wenpad. Om iets te wees, moet jy soos daardie iets lyk, reg?

    Soort van. Ek maak ’n ongeërgde gebaar.

    Ipso facto, as iemand ’n dokter wil wees, het hy net ’n wit jas en ’n stetoskoop nodig?

    Dit sal help. Sal jy ’n dokter vertrou wat nié ’n wit jas aanhet nie?

    Hy staar na my. Natuurlik. Hoekom nie?

    Jy weet goed wat ek bedoel, sê ek ergerlik.

    Van Aardt is die enigste mens wat ek ken wat my in ’n hoek kan dryf. Verlede jaar het die debatspan van die St. Kierans-meisieskool hulleself so vas gepraat dat hulle kaptein begin huil het. Natuurlik wil ek my doodlag wanneer hy dit aan iemand anders doen, maar ek haat dit as hy sy trieks op my uithaal.

    So jy sê, beur hy voort – baie soos ’n hamster op ’n

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1