Byna niks in die lewe, behalwe miskien die catering by ’n begrafnis, behoort óf soet óf sout te wees nie. By ’n roudiens hou jy dit eenvoudig, hoor ek, want dis moeilik om kieskeurig te wees terwyl jy staan en huil. Droë balletjies, blokkies, driehoeke en rombusvormige deeg dobber op ’n see van hartseer blaarslaai op die een tafel, en ’n diabeet se nagmerrie dryf in stroop op die ander. Soet of sout. En almal weet instinktief: dis barbaars om ’n soet ding te hap voor ’n sout een.
Asof ’n begrafnis nie neerdrukkend genoeg