Met die haan gepla
WAAR ek grootgeword het, kraai die werfhane soggens sodra die son opkom. Betaamlik. Trots. Betyds.
Trots. Betyds. Nie soos my buurtannie se hallelujagesig wat begin kraai sodra die straatligte ná beurtkrag weer aangaan nie. Ongeag die tyd. Luidkeels. Afgewissel met sulke kort covid-19-kuggies.
Telkens draai ek op my ander sy. Vannag roggel die swerkater op ’n deskantnoot. Iets moet gedoen word. Oorpluisies, oorfone en bottoe vensters werk nie. Nie weer gaan ek moeg opstaan, heeldag beneuk by die werk wees en saans saam met die normale hoenders in die bed kruip nie, my sosiale lewe in sy maai.
Ek rol uit die bed en slof badkamer toe.
Twee Panado’s. Water. As dit nou inskop, behoort ek die 30 gesiggies in my klas om halfagt te kan trotseer. Miskien moet ek die TV-kamer beproef tot sesuur toe. ’n Entjie verder van die haan se gejubel af.
Met my nesskroppery op die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days