Vertel ons
wen-brief
En nog altyd is daar hoop…
Manjifiek! Sielsroerend – die mees besonderse voorbladfoto nóg.
Ek praat van daardie fassinerende windpomp op die Herfs 2020-uitgawe van Platteland. Dit het my terstond die tydskrif laat koop. Sing ’n windpomp dan nie al die pad, met elke draaislag van die wiel, “myhart-is-affie-platteland” nie? Hoe nostalgies!
Baie dankie aan Chrismari van der Westhuizen vir haar meesleurende foto-essay “Ons wag op die reën…” Iets in haar foto’s en woorde wil die verdriet en weerlose magteloosheid verdra en besweer. Dis vreemd mooi, maar ook skrikwekkend. Kleurryk dog pynlik. Angswekkend ook… daardie dooie skaap. Dit is só hartsaangrypend dat dit aan jou siel torring. Jy raak skoon aamborstig, en dis nie net van die stof nie. Jy snak na jou asem, tussen jou tande proe jy die grint. ’n Onwerklikheid, die swak springbok; die droë, kaal veld; die fel son. Hoe oorleef ’n dier hier waar geen boom of groen graspol is nie? Waar kry mens en dier die asem vandaan om verder deur hierdie helse droogte te swoeg?
Jy begin soek vir tekens wat moontlik daarop kan dui dat die reën op pad is. Reëngelowe. Het die skilpad oor die pad geloop? Sien, die duwweltjie blom. ’n Koggelmander staar in die lug. Dan gaan dit kom reën… Jy aanskou die landskap wat in goud gebaai is,
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days