Weg! Platteland

Vertel ons

wen-brief

Kos én ’n inkomste uit ons tuin

Baie geluk! Ek is bly julle is nou onafhanklik. Maar ek moet erken, my oë het groot gerek oor die allemintige verhoging op julle tydskrif. Ek hoop nie julle raak soos vele ander tydskrifte onbekostigbaar en die mark vir Afrikaans verklein dan nóg verder nie. Wat moet ons dan lees?

Ons boer in die Karoo, in die Venterstad-distrik in die Noordoos-Kaap, en omdat ons so lief is vir hierdie mooi land van ons, geniet ons julle tydskrif terdeë. Ons kan nie wag vir die volgende uitgawe nie, veral julle afdeling oor die kweek van groente.

Ons maak self groentetuin én verdien ’n ekstra inkomste daaruit. Elke week wanneer ons dorp toe gaan, pak ons ’n krat met vars groente wat saamgaan en wat ons dan smous – van skorsies, tamaties en wortels tot beet, uie en knoffel. Én boontjies – veral dié is baie gewild.

Soggens vroeg, sodra dit lig word en voor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland5 min read
Gekruiste Lyne
Die verlate tyd tussen twee-en vieruur in die oggend – die diep, stikdonker nag – het ek nog nooit vertrou nie. Dan voel dit of niks op aarde wakker kan wees nie, of selfs die klippe en vlieë en muskiete slaap. (Goed, dalk nié verpleegsters, vlermuis
Weg: Platteland1 min read
Om Van Vooraf Te Begin…
In Julie 2022 is al ons besittings gesteel gedurende die KwaZulu-Natalse plundertog terwyl dit in Westmead, Pinetown, geberg is. Ons moes letterlik van vooraf begin, maar dankie tog vir versekering. Nou het ons ’n nuwe huis in ’n aftreeontwikkeling o

Related