Ballonne in die wind
SAL ’n mens nie enigiets wil doen om jou kind gelukkig te sien nie, wonder ek waar ek aan my kroos sit en dink. ’n Paar dae gelede verjaar my seuntjie met die sjokoladebruin oë met gewone ballonne wat Pappa laatnag opgeblaas het. Ek het dit stilletjies teen sy bed se kopstuk vasgebind.
Wat is ’n verjaardag tog sonder ballonne? Die geskenke netjies langsaan gepak. Kleinsus noem dit dooie ballonne; dié dat sy gisteraand by ons vriendin se 50ste verjaardagpartytjie kordaat ’n paar heliumballonne vra, want vir haar lyk hulle baie meer lewendig.
“Tannie, my boetie het óók hierdie week verjaar. Kan ek van die ballonne kry om vir hom te gee?” vra Madre met geen skaam haar op haar kop nie. Wie sal nou nie gehoor gee aan so ’n smekende versoek nie? Ons stap daar uit met ’n hand vol
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days