Koue pampoen
LAAT hier asseblief tog water wees! dink ek desperaat met ’n kurkdroë keel toe ek die huis sien. Dit kom nou van te veel biltong eet vir ontbyt. En dan vergeet ek boonop my waterbottel!
Dis broeiend warm. My ligbruin poniestert hang swaar en klam in my nek. Ek trek my pet laer oor my kop. Ek wóú mos afwyk van die voetslaanpad op die Klein Karoo-plaas waar ek tuisgaan, en dít agter interessante vetplante aan. Ek is immers ’n tuinboukundige.
En nou bevind ek my by ’n verwaarloosde ou huis versteek tussen die bome. G’n mens of dier is sigbaar nie.
Ek begin die waterpype teen die muur langs volg hopende om ’n kraan te vind. Party vensters is toegespyker met hout. Onder ’n baldadige pers bougainvillea raak ’n staldeur met afgeskilferde verf sigbaar.
Gedryf deur dors klop
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days