DIE stoeplig skiet aan toe ek uit die kombuis stap, vullissak in die hand.
Ek skop die waterpistool uit my pad, roep na die twee ouer seuns oor my skouer. “Kom tel op julle speelgoed, geld groei nie op my rug nie!”
Wolke steek die maan en sterre weg. In die verte donder die weer. Ek hoop dit reën vanaand, want ek kom nie aldag by gras natmaak uit nie.
“Jy moet hulle speelgoed vir Hop-Hop gee,” roep my vrou uit die kombuis uit. Sy praat van die bure se seun wat altyd huppel. “Dit sal hulle leer om hulle goed op te pas.”
“Ja, my lief.”
Ek het lankal geleer om my mond te zip. Wat ons moet doen, is om alle kredietkaarte te knip. Een karretjie se wiel breek en ons koop tien ander. Ons vriende mag mos nie sien hier’s stukkende speelgoed nie. Dieselfde geld vir ons klere,