DIE VIRUS ROEI ONS UIT
DIT is ’n lofgesang van rubber op teer. ’n Deuntjie wat enige reisiger sal bekoor – soveel te meer nou in die tyd wat ons deur die coronaviruspandemie as gyselaars tuisgehou word. Die bevryding van die oop pad is soos balsem vir die siel.
Die ruit is op ’n skrefie oopgedraai en die koue winterlug stroom by die kar se kajuit in. Mick Jagger sing oor die radio van hoe jy nie altyd kan kry wat jy wil hê nie, maar as jy mooi vra, kry jy wat jy nodig het. En ek het mooi gevra en gekry.
Ná vyf maande van vasgekluister wees in my woonstel het ek weer die geleentheid gekry om die land en sy mense te sien. Dit is ware doepa vir my kajuitkoors.
Ek deurkruis die Noord-Kaap en Noordwes om te sien hoe ver die coronavirus se tentakels strek. Ken die platteland die pandemie, en is die reuk van ontsmettingsmiddels en die anonimiteit wat maskers gebring het ook op dorpe soos Coligny, Vryburg, Van Zylsrus en Kenhardt die nuwe normaal?
Die gestroopte mielielande flits verby. Ek draai af by Ventersdorp. Die lang pad vra vir Red Bull en chilli bites, en Ventersdorp se biltong is altyd to
Toe ek die slaghuis instap, word my temperatuur geneem en moet ek my hande ontsmet.
Die slagter, wat net as Ernie wil bekendstaan, skep vir my R50 se en gesels oor hoe die pandemie ’n dorp soos Ventersdorp raak.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days