Rapport

‘Covid eis my man, al was hy nooit siek nie’

“Maar soos die tyd aangedraal het, het Mielie elke oggend as hy sy oë oopmaak, begin sê: F*k kan ons net begin werk, dit moet nou end kry, dis ’n klug om ’n restaurant te bedryf waar mense so ver van mekaar sit, gemonitor met ’n ou simpele termometertjie.”

Renette Vosloo, die geliefde Rooitamatie-televisiesjef, het haar man aan Covid-19 verloor sonder dat hy ooit die virus gehad het.

“My man het geknak onder die streng inperkingsregulasies. Maande sonder ’n inkomste het hom finaal gebreek.”

Op Vrydagoggend 11 September het Emile Vosloo hamburger-frikkadelle gestaan en voorberei vir die Hangkliphotel se kroegspyskaart.

“Hy het vir my gesê hy wil kyk of ons nie daarmee bietjie kontant kan inkry nie.

“Daar was nie ’n enkele bestelling nie.

“Laatmiddag het hy sy haelgeweer uit die hotel se kluis gaan haal, by die kombuis uitgestap en ’n paar tree verder homself geskiet.

“Die tjipsolie was nog warm,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport3 min read
Swaar Boetes Wag Vir Dié Wat E-tol Ignoreer
Die regering wil die knyptang inlê om motoriste met enorme boetes en ander swaar strawwe te dwing om e-tol te betaal. Boetes vir ’n enkele rit kan duisende rande beloop en motoriste kan hul lisensies verloor. Die Gautengse e-tolstelsel het in Desembe
Rapport3 min read
‘Baie Pyn Wag Op ANC En DA By Die Stembus’
ANC-leiers is openlik lusteloos oor die 96 tussenverkiesings wat op 11 November in munisipale owerhede oor die land heen gehou word. Ook die DA sukkel volgens ’n goed geplaaste bron in dié party om sy partywerkers te motiveer vir die verkiesings in s
Rapport1 min read
Maimane ’n Dogter Ryker
Mmusi Maimane, hoofaktivis by die One South Africa Movement en oudleier van die DA, het weer pa geword. Maimane het gister op Twitter aangekondig dat sy vrou die lewe geskenk het aan hul derde kind. Die babadogtertjie se naam is Kutlwano-Grace. “Ons

Related