Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Bloedfamilie
Bloedfamilie
Bloedfamilie
Ebook205 pages3 hours

Bloedfamilie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dwelms het dikwels moord tot gevolg. In Johannesburg word ‘n jong kunsstudent vermoor en wanneer Hugo le Roux van Moord en Roof by die ondersoek betrokke raak, word ‘n genadelose en wrede misdaadsindikaat blootgelê wat die een slagoffer na die ander opeis.

Le Roux kom egter nie net teen hierdie internasionale dwelmkartel te staan nie, maar hy moet ook swaarde kruis met ‘n formidabele teenstander in sy eie geledere, boonop een met ‘n hoër rang as hy.

In Bloedfamilie is daar aksie van die eerste bladsy af en hoogspanning wat die leser op die punt van sy of haar stoel hou.

LanguageAfrikaans
PublisherHugo le Roux
Release dateFeb 22, 2017
ISBN9781386747642
Bloedfamilie
Author

Hugo Le Roux

Hugo Le Roux, alias van Gert Basson se eerste verhaal word in Die Jongspan gepubliseer terwyl hy in standerd drie is. Geboortenaam Gert Cornelius Basson  Nasionaliteit Suid-Afrika  Beroep Joernalis, redakteur, skrywer. Hugo le Roux Hand van vergelding Bloedfamilie Bloedoffer vir Lilith Meer as moord Kamerling – moord op die drumpel Helkruin Terwyl die krokodil sing Skrywersname: Gert Basson Dirk de Beer Lindeque de Beer Cor Lindeque Hugo le Roux Danz Cloete Chris Sasner Gert Cornelius  

Read more from Hugo Le Roux

Related to Bloedfamilie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Bloedfamilie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Bloedfamilie - Hugo Le Roux

    HOOFSTUK 1

    Die eerste hou breek Even Stephen se tande. Die tweede hou van die groot man tref hom vol in die wind en laat hom enkele treë die gang af steier tot in die beknopte sitvertrek van sy woonstel. ʼn Harde regter lig hom skoon van sy voete af sodat hy sy volle lengte uitmeet op die tenger koffietafel. Die hout kraak en die volgende oomblik lê die skraal, blonde man op die vloer tussen die spaanders van sy eens duursame meubel­stuk.

    Daar is bloed in die een hoek van sy mond en sy oë sukkel om deur ʼn waas van wisselende kleure te sien. Hy kreun, probeer orent kom. Dan buk die groot man met die ligte borselkop langs hom. Stephen lek-lek oor sy bebloede lippe. Pyn skiet deur sy bors en hy probeer desperaat om die borselkopman in fokus te bring.

    Die groot man kam een keer vinnig deur sy regop hare en daar is ʼn lui, wolfagtige glimlag om sy lippe sodat die man op die vloer net-net die wit van sy tande kan sien. Daar is egter geen humor in die ys van sy grys oë nie. Hulle is uitdrukkingloos op hom gerig. Hulle noem dit polisiegeweld, meneer Stephen. Sy stem is diep, amper rustig. Maar Stephen is bewus van die ondertoon van dreiging.

    Police brutality, noem die Engelse koerante dit, maatjie, praat ʼn ander stem. ʼn Bekende stem.

    Stephen knipper sy oë ʼn paar keer vinnig en kyk half verbaas na die gesig bokant hom. Hy word weer bewus van die ligte borselkop, die kontrasterende swart wenkbroue met die kil, grys oë, die siniese mond, hoekige ken, reguit neus. Hy sien die een frommeloor, die kepe wat langs die neusvleuels afsny en die gesig hard en ongenaak­baar maak. Hy lig sy ondersoekende blik verder. Verby die man voor hom. Dan gewaar hy die breëskouer-figuur effens na agter. Die man staan met ʼn wyemondglimlag na hom en afkyk. Hy herken hom onmiddellik – inspekteur Tande Nel van die Moord-en-Roofafdeling. Sy oë dwaal terug na die streng, bruin gelaat voor hom. Nou weet hy ook wie dié man is. Hy weet en die vrees is met­eens erger as die pyn.

    Waar Tande Nel met daardie witklawerglimlag van hom is, is kaptein Hugo le Roux ook iewers in die nabyheid.

    Le Roux leun vorentoe, draai Stephen se hemp in sy massiewe vuis vas en lig hom effens van die vloer af op. Die koerante noem dit geweld, maar ek en jy weet dis niks meer as net ʼn vriendelike gesprek tussen jou en jou plaaslike polisieoffisier nie, nè?

    Tande runnik ʼn lag.

    Stephen soek na ʼn sweem van humor in daardie grys ys, maar hulle forseer sy blik weg. Die hand ruk hom nog hoër en toe hy weer opkyk, is dit vas teen die kneukels van die speurder se vuis. Hy kan die donker hare op die groot vingers duidelik sien. Ten spyte van sy vrees neem hy sulke detail nogtans waar. Hy lig sy oë na die onverbiddelike gesig. Wat wil julle...

    Lientjie Louw is dood, Stephen. Hulle sê sy’t van Highpoint gespring – selfmoord. Maar ek en jy weet van beter, nè? Ons weet sy’s vermoor. Maar van ons twee weet net jý wie haar daar afgestamp het. En nou gaan jy my vertel wie dit was, Stephen.

    Die skraal man sluk hard. Hy weet hy gaan sterf. Wat ook al vandag hier gaan gebeur, die uiteinde gaan dieselfde wees – dis verby met Even Stephen.

    Hy kyk op in die grys oë. Hy dink aan die gerugte oor hierdie man voor hom. Hy het ʼn reputasie oor die lengte en breedte van die land. Sy naam is ʼn paar keer in die parlement genoem. Hy maak van onortodokse metodes gebruik om inligting te bekom. Hy het verskeie mense al doodgemaak. Hy kry altyd sy man. Die Engelse pers eis kort-kort sy ontslag. In die oë van die publiek kan hy egter weinig verkeerd doen. Daar is ander weer wat dink dat hy niks anders is as ʼn moordenaar met ʼn lisensie nie.

    Die skraal man skud sy kop. Ek...ek weet nie wat jy bedoel...

    Ten spyte van die kort afstand tussen die vuis en sy gesig, klap die hou soos ʼn sweepslag deur die klein vertrek. Stephen val terug op die vloer net om onmiddellik weer orent gepluk te word. Die pyn is rooi walms in en om hom. Daar is ʼn hoë, byna onuithoubare singgeluid in sy kop. Sy mond is oopgesper en hy snak na asem. O, hy gaan sterf!

    Le Roux skud hom liggies heen en weer en met elke beweging voel dit of sy kop gaan bars. Hy hoor weer daardie diep, rustig dreigende stem. Wie het haar daar afgestamp, Stephen?

    Ek...ek weet nie...

    Die hou tref hom tussen die oë. Die pyn spat in duisend skerwe deur sy kop. Waarom slaan die man hom nie uit en kry klaar nie!

    Praat, Stephen. Jy het aan Lientjie die dwelms verskaf. Sy het iets gesien of gehoor wat sy nie moes nie. Daar’s besluit om haar uit te wis. Wie het die besluit geneem en wie het dit uitgevoer, Stephentjie? Jy?

    Nee...Asseblief, glo my. Dis nie ek nie!

    Ek glo jou. Is my afleiding korrek?

    Sy tong lek vinnig oor sy geswelde lippe. Die bloedsmaak walg hom. Die pyn kurktrekker deur sy hele liggaam. En weer die volstrek­te wete: vandag gaan hy sterf.

    Die speurder se groot hand draai sy hemp stywer vas, skud hom onsag. Hy knik ʼn paar keer bevestigend. Ja...ja, jy’s reg. Maar ek sweer, ek weet nie wie haar daar afgestamp het nie.

    Waar’t jy aan Lientjie gekom?

    Die Disco Blue.

    Waarom het jy háár gekies, Stephen?

    Sy... Die skraal man swyg en sy oë pleit met die speurder. Daar is egter net die strak gesig bokant hom, onsimpatieke oë wat hom vaspen.

    Ja, waarom hét hy Lientjie Louw gekies? Lientjie, met die groot oë. Die grou kykers byna soos hierdie harde staalman s’n. Maar haar oë was sag en vriendelik en vol lag en lewenslus. Sy het stad toe gekom om die wêreld te oorwin. Bedags was daar kunsklasse en tussendeur het sy rolle vertolk in radiodramas. Daar was sprake van ʼn klein maar belangrike rolletjie in ʼn televisiereeks. Eendag sou sy die wêreld aan haar voete hê deur haar skilderkuns. Lientjie Louw, vars van die platteland. Lientjie met die borrelende lag en die sagte mond. Lientjie met die wulpse liggaam, maar die sedes van ʼn preutse skooljuffrou. Sy het nie gedrink nie en sy het nie gerook nie. Ek wil alles helder en suiwer ondervind. Die lewe in al sy fasette is stimulerend genoeg vir my.

    Ja, sy was ongekunsteld, ongekompliseerd – se­ker van haarself. Daar was ook geen mans­vriend op die toneel nie. En Even Stephen het aspi­rasies gehad. Sy was die eerste meisie wat ʼn blywende vuur in hom aangesteek het. Hy kon nooit daarin slaag om werklik daardie selfde gloed by haar te skep nie. In die begin miskien toe sy so kinderlik diep getref was deur sy skilderye, deur sy lewensfilosofie, deur sy kwasi-geleerde vriende en die nagte en nagte se lang diskoerse oor kuns, die politiek, die lewe.

    Was sy kuns dalk werklik so goed soos wat sy gesê het? Het daar dalk meer op hom gewag indien hy harder gewerk het, geduldiger was? Maar daar was ander maniere om geld te maak. Buitendien, wat is roem as jy dit dalk eers gaan kry as jy eendag in ʼn houtpak onder die grond lê?

    Dis wat die man gesê het toe hy hom die eerste keer genader het. Hulle het in die Three Ships geëet. Die man het sigare bestel met likeurs daar­na. Wat verkies jy? Jare se swoeg en sweet voor ʼn esel met die vae hoop dat jy in die verre verskiet dalk sukses sal behaal? Onthou, daar’s duisende met dieselfde droom. Begin hier saam met ons en jy kan elke aand so eet soos vanaand. Jy kan mos voortgaan met jou kuns.

    Toe hy Lientjie ontmoet het, was hy reeds ge­ves­tig. Hy het sy vaste klandisie gehad en daar was volop geld. Maar om die een of ander rede was daar ook nie meer die tyd of drang om te skilder nie.

    Eers was Lientjie beïndruk. Sy het aangehou dat hy harder moes werk. Hy het haar probeer bluf, maar Lientjie was te slim. Jy’t jou eerlik­heid as kunstenaar verloor, Even. Iets is weg...

    En weg was haar belangstelling ook in hom. Dis toe dat hy besluit het dat sy dit gaan berou. Niemand behandel Even Stephen so nie. Dit het lank geduur – maande. Maar hy is ʼn geduldige man. Daar was partytjies en besoeke aan dans­plek­ke. Jy hoef nie te drink of te rook om dwelms te begin gebruik nie. Daar was die aand toe sy nie lekker gevoel het nie. Hy het net die pil gehad.

    En nou is sy dood en hierdie ongenaakbare man wil weet waarom. Daardie grys oë sal weet as hy lieg. Hy vertel dit so goed soos wat hy kan. Die borselkop knik een maal aan die einde van sy relaas asof hy alles daarmee bevestig.

    En nou, waarom is sy vermoor en deur wie, Stephen?

    Sy’s vermoor omdat sy my en...die man hoor gesels het. Sy het hom gesien. Die deur was nie gesluit nie en ons het haar nie hoor inkom nie. Toe...e...die man haar gewaar, het sy probeer wegkom. Hy...ons het haar by die deur gevang. Sy het ontken dat sy iets gehoor het. Hy het haar geklap. Sy het histeries geword. Sy het op ons...op my eintlik, begin skree. Sy het my verwens omdat ek haar verslaaf het. Sy het gedreig om na die polisie toe te gaan en...

    Meteens is daar begrip in die skraal man se oë. Jy...jy is familie van haar, nè? Sy het gesê haar oom is ʼn speurder. Sy sou ons verkla.

    Die speurder knik. Daar is ʼn spiertjie hierbo teen sy kakebeen wat liggies bult toe hy sy tande opmekaar klem. Sy was my tante se enigste kind. My peetkind. Hy trek Stephen nader, die grys oë borend in hom. Ek was lief vir haar en ek gaan haar moordenaar kry. Wie is die man van wie jy praat?

    Ek ken hom net as meneer Ferrot. Hy hou nie daarvan dat ek sy naam gebruik nie. Die dag toe Lientjie ons afgeluister het, het ek sy naam in die loop van ons gesprek gebruik en hy was woedend. Hy is ʼn Fransman, dink ek.

    Waar ontmoet jy hom altyd?

    Ek ontmoet hom selde en hy reël altyd ʼn ander afspraakplek.

    Kry jy die dwelmmiddels van hom af?

    Nee. Ek het hom nog net ʼn paar keer per­soonlik ontmoet. My voorraad word een keer elke maand in my posbus gelaat. Ek het hom ʼn dupli­kaatsleutel gegee.

    Dink jy hy bly in Suid-Afrika?

    Ek weet nie. Sy Engels is goed, maar hy praat met ʼn swaar aksent.

    Hoe lyk hy?

    Hy is kort, donker met digte, swart hare wat hy agteroor kam. Hy het ʼn breë neus en ʼn ruie snor wat langs sy mondhoeke af groei. Sy oë is klein en swart en sy wenkbroue is nog digter as joune. Aan die pinkie van sy linkerhand dra hy ʼn goue ring met ʼn enkele groot robyn. Sy klere is altyd baie netjies. Ek dink hy laat dit maak en hy is lief vir skakerings van bruin.

    Le Roux staan op en lig Stephen in dieselfde bewe­ging op sy voete. Jy’s ʼn kunstenaar. Teken hom vir ons. Jou woordprent is goed, maar ʼn gete­ken­de een sal ons nog meer help.

    Hugo draai na Tande toe. Kry vir hom wat hy nodig het, Tande.

    Right, Chief.

    Sit hier. Hugo druk die jong man hardhandig neer op die stoel by die klein ronde eettafel in die hoek van die vertrek.

    Tande stoot ʼn groot vel papier en ʼn dosie met pastelle voor hom in. Doen dit sommer in techni­colour, ou. Jy’s mos goed daarmee, nè?

    Ek sal probeer.

    Tande glimlag sy wit glimlag wat hom sy bynaam besorg het. Solank dit net so goed is soos die een wat jy van my gemaak het, ou.

    Van jou? Hugo kyk sy assistent met ʼn ge­ligte wenkbrou aan.

    Ja. Die ou was een van die kunstenaars onder die son wat destyds by die Dieretuinmeer uitgestal het. Hy het toe sommer daar pasteltekeninge van men­se gemaak. Ek het dit vir my ma as verjaarsdag­geskenk gegee. My ou moeder was vreeslik gaande daaroor. Sy sê dis sprekend ek.

    Hugo grinnik, maar Tande sien dat die oë sonder werklike belangstelling is. Hulle kyk na Stephen se hande wat vinnig oor die grys papier beweeg. Voor hulle oë neem die onbekende me­neer Ferrot gestalte aan.

    Ná ʼn rukkie kyk die kunstenaar op en hou die voltooide skets uit na Le Roux. Dis die naaste wat ek so uit my geheue aan hom kan kom, kaptein Le Roux.

    Hugo kyk oor die rand van die papier na hom. Hoe weet jy wie ek is?

    Stephen kyk na Tande. Die dag toe ek sy skets gemaak het, het een van my vriende my gesê wie hy is. Hy het my toe so een en ander van julle twee vertel. Daarna het ek koerantberigte gelees.

    Tande hou ʼn pakkie sigarette na hom uit. Die jong man neem een. Sy hande bewe. Hy trek die rook honger in en blaas dit dan weer met ʼn lang sug uit. Daardie skets is die ondertekening van sy doodvonnis.  Wat het die man daardie eerste keer gesê? Onthou, my vriend, die beloning is baie goed. Jy sal nooit weer finansiële probleme hê nie. Hy het die as van sy dik sigaar afgetik en die lig het rooi vonke uit die robyn aan sy pinkie laat spat. Maar vir konkelwerk of verraad van die organisasie is daar net één beloning. Sy swart ogies was naaldprikke in sy blas gesig. Soos ʼn slang s’n, het hy destyds gedink.

    Ons sal jou doodmaak, meneer Stephen.

    Daarná was daar ʼn paar eliminasies soos die man die moorde genoem het. Paul Garrick is koelbloedig in sy deftige haarkappersalon in Sandton doodgeskiet. Hy het te gulsig geraak, het die man gesê. Hy het geld teruggehou. Jet Scholtz is uit ʼn bewegende trein gegooi. Even weet nie waarom nie. Toe was daar Morris Doe. Morris was die man wat aan die begin die goed aan hom verskaf het. Hy was eienaar van The Sweet Basket. Hulle het hom met sy kop in sy gasoond gevind – die moordenaar het die gas oopgedraai.

    Die dag nadat hulle Morris gekry het, het die man hom kom spreek. Ek wil ʼn duplikaatsleutel vir jou posbus hê totdat ons vir ʼn ander kontak gereël het. Doe het meer as sy vingers verbrand, meneer Stephen.

    Dit as die eerste keer dat hy die man gesien of gehoor lag het. Dit was lelik.

    Hugo le Roux kyk lank en aandagtig na die pastelskets in sy hand. Hy sal die man onmiddel­lik herken indien hy hom ooit iewers sou raak­loop. Hy steek die tekening in sy sak en kyk dan na die skraal man by die tafel wat diep, senuwee­agtige teue aan sy sigaret gee. Wat is daar wat jy my nog van hierdie spul kan vertel, Stephen? Ek wil álles weet.

    Die jong man begin sy kop skud, maar dan pluk die groot speurder hom met een kragtige haal op sy voete. ʼn Metaalvoorwerp val uit die ver­skrik­te man se sak, wip oor die tafelblad en val dan op die volvloermat.

    Tande buk en tel die koperkleurige voorwerp op. En dit? Hugo hou sy hand uit. Dit lyk soos een of ander medalje, Chief. Waarvoor het jy dit gekry, ou? Het jy die meeste junkies in die organisasie gewerf, of is dit vir lang en eervolle diens?

    Even Stephen kyk verskrik van Hugo na Tande en dan weer terug na die borselkopspeurder.

    Hugo se aandag is nou by die medaljon in sy hand. Dit is rond met heelbo ʼn afbeelding in reliëf van ʼn arend met halfgesperde vlerke. Die arend kyk na regs. Direk onder die arendskloue is die buitelyne van ʼn wapenskild. Die boonste gedeelte van die skild bevat die woord Corse. Direk daaronder is ʼn lyn wat oor die hele breedte van die skild strek. Onder hierdie lyn is die kop van ʼn man met ʼn smal doek om sy voorkop en agter sy kop vasgebind sodat die twee los punte na bo en onder wapper. Die kop kyk na links.

    Hugo beweeg sy hand liggies op en neer, toets die gewig van die medaljon. Dis soliede goud as ek dit nie mis het nie.

    Krismis! sê Tande en wend hom dan weer tot die bleek Stephen. Wat probeer julle, ou?

    Hugo draai na hom. Die grys oë is koud, priemend. Waar kom jy hieraan? Wat is dit?

    Stephen maak ʼn moedelose gebaar met sy hande, die sigaret vergete tussen sy vingers. "Ek sweer, ek weet nie wat dit beteken nie. Dis net ʼn medaljon so ver ek weet. Dit het aan die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1