Huisgenoot

MY LANG PAD AS ’N GEKWELDE BUITESTANDER

AL WOON hy reeds jare in Amerika, verlang hy steeds huis toe. Dan maak sir Anthony Hopkins graag Google Maps oop en reis deur die strate van Margam, die staaldorp in Suid-Wallis waar hy 83 jaar gelede op Oujaarsaand gebore is.

“Ek begin by my oupa se huis, stap in Caernarfonweg op, en ek loop dan oral in Port Talbot rond. Dis net ’n speletjie,” sê hy.

As kind het hy graag aan die paal agter op busse gehang wat hom na Port Talbot toe geneem het, ongeduldig dat dinge moes gebeur. En hy is steeds ongeduldig, met die lewe: “Gaan voort. Ons gaan almal doodgaan.” En met homself.

“Ek het ’n paar geringe beserings opgedoen van te vinnig beweeg en te veel doen,” vertel hy. “My vrou sê ek moet rustiger wees en ek luister wel.”

Met sy aankoms in Amerika vier dekades gelede was hy ’n rustelose jong man met ’n minderwaardigheidskompleks wat gevoel het hy pas nêrens in nie. Nou is hy een van die mees gevierde akteurs in Hollywood. Sy spel in sy jongste rolprent, The Father, het hom ’n Bafta besorg en teen druktyd is daar wyd voorspel dat dit hom ook ’n Oscar in die sak sal bring. Hy sal dan geskiedenis maak as die oudste wenner nog van dié gesogte prys vir die beste akteur.

Die rolprent, wat onlangs in Suid-Afrika uitgereik is, beeld ’n pa se verval in demensie uit terwyl sy dogter hom gelate versorg. Die rol se koningin Elizabeth) vertolk.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related