Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Onbevange
Onbevange
Onbevange
Ebook105 pages1 hour

Onbevange

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Skop die luierstoel se voetstut uit, trek die tafeltjie met jou geliefkoosde warm of koue drankie nader en sorg dat die bord of bakkie snoeperye ook byderhand is, want dit kan dalk ’n lang, luilekker kuierlees word hierdie.

Maar daar is mos geen haas wanneer jy sulke vreemde ervaringe kan meemaak soos jou eerste ontmoeting met ’n djinn of saam met die manne in die Royal kuier waar die nagwaak gehou word vir oorlede Blink Willie O’Reilly nie of die Leeuvrou ontmoet wat tot in jou geheimenisse kan sien, om nie eens te praat van ’n soen wat in die hof eindig en die skaamtelose vertoning van eerbare vroue te ervaar nie.

So tussendeur kan die beker of glas weer gevul en nog snoepies bygevoeg word, want daar wag nog sommer ’n hele paar aangename storieverrassings. 

LanguageAfrikaans
Release dateFeb 14, 2017
ISBN9781386858270
Onbevange
Author

Lindeque de Beer

Gert Basson, alias Lindeque de Beer se eerste verhaal word in Die Jongspan gepubliseer terwyl hy in standerd drie is. Geboortenaam Gert Cornelius Basson  Nasionaliteit Suid-Afrika  Beroep Joernalis, redakteur, skrywer. Skrywersname: Gert Basson Dirk de Beer Lindeque de Beer Cor Lindeque Hugo le Roux Danz Cloete Chris Sasner Gert Cornelius Lindeque de Beer (Samesteller) Bevange Onbevange

Related to Onbevange

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Onbevange

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Onbevange - Lindeque de Beer

    Die soen

    Edel Hoffmann

    Rots Stone word die eerste keer van Reën Somers op die Solheimbus bewus. Dit gebeur die een middag toe sy by die halte voor syne die gangetjie afkom en toe sy reg teenoor hom is, stamp sy die tydskrif waarin hy lees, uit sy hande. Sy doen dit nie doelbewus nie. Sy het geen beheer oor haar ewewig nie. Die busbestuurder het skielik rem getrap toe ’n verskrikte hond voor die bus verby nael.

    Reën gryp betyds die stutpaal van die wenteltrap na die laer dek van die bus vas sodat sy nie heeltemal op Rots se skoot beland nie. Sy sak op haar hurke af en tel die tydskrif op. Jammer, sê sy sag. Hulle maak oogkontak.

    Hy kyk in haar donker, diepblou oë en sy in sy donkergroen oë onder die ruie swart wenkbroue. Hy is oorbewus van haar verleidelike mond en golwende goudblonde hare. Sy weer sien die kuiltjie in sy sonbruin wang en die sterk, glimlaggende mond toe hy ’n ewe sagte dankie sê.

    Van daardie dag af knik hulle elke mid­dag ’n groet wanneer sy verby hom na die wenteltrap toe beweeg. En elke dag word haar mond vir hom verleideliker en verleideliker. Dis ’n uitlokkende mond, ’n teisterende mond wat jou nader lok soos ’n flikkerende vlam wat ’n mot verlei. Dis ’n soenmond.

    Vrydagmiddag besluit Rots – terloops, dit is sy doopnaam. Sy pa is ’n Karooboer van die Boere-Stones en het aan oor­spronk­like name vir sy nageslag geglo. Rots se suster se naam is Varing. Dit is ook die geval met Reën. Albei haar ouers is kunstenaars. Haar pa ’n beeldhouer en haar ma ’n skilder. Sy is die enigste kind en sy is op ’n heerlike reëndag gebore, dus ... – ewentewel, Rots besluit dat hy daad by begeerte gaan voeg.

    Toe Reën die gangetjie afgestap kom en sy amper by sy sitplek is, staan hy op, neem haar in sy arms en soen haar. Dis nie sommer só ’n soen nie. Nee, dis ’n ongelooflik innige soen wat spreek van teerheid, diepe verlange en oneindige hunkering. Dis ’n soen waaroor jong meisies en mans droom en wat Holly­wood telkens op film probeer vaslê, maar selde indien ooit regkry.

    Reën is onkant betrap. Eers beur sy met albei hande teen sy bors, probeer haar kop wegdraai, maar tevergeefs. En geleidelik word sy weggevoer deur ’n onbekende en uiters genotvolle emosie wat hier van onder van haar voete af soos ’n gloeiende vlam deur haar hele wese sprei.

    Maar dan lui die gevaarklokkies in haar deurmekaar gedagtes. Met alle mag beur sy uit Rots se omhelsing en hier van onder van haar knie af trek sy los en klap hom teen daardie songebruine wang met die kuiltjie dat dit deur die bus eggo.

    Sy stamp hom dat hy op sy blaker op sy sitplek beland met haar vingermerke soos vuurwelte op sy wang. As mens nou nie die hele skokkende insident met eie oë gesien het nie, sou mens kon glo dat ’n spook dié vingermerke daar gelaat het.

    By die wenteltrap draai sy om en snou hom toe: Dis nie die einde van die storie nie, meneer Stone!

    Rots staar haar agterna met ’n hemelse, idiotiese uitdrukking op sy gesig. Hy draai na ou mevrou Evita Cohen wat langs tannie Moffat op die bank net agter hom sit. Dit was hemels...

    Oi, vey! skud ou mevrou Cohen haar kop.

    Kind, hoe kón jy? kom dit hees van tannie Moffat.

    Hoe weet sy wie ek is? kom die teenvraag steeds met daardie simpel glimlag.

    Daarna sien hy haar nie weer nie. Sy maak óf van ander vervoer gebruik óf haal ’n later bus. Maar drie weke later word hy gedagvaar – crimen injuria. Hy moet in die hof verskyn en besluit om sy eie verdediging waar te neem. Wat is die nut as jy ’n prokureur is en jy kan nie eens jou eie saak verdedig nie?

    Die landdros is die nog aantreklike, grys Fatima Peters met die immere bolla agter in haar nek en die goue halfraambrilletjie waaroor twee skerp swart oë alles in haar hof waarneem.

    Die aanklaer is ’n skraal jong mannetjie met ’n yl kuif wat al in sy half verbaasde oë tuimel. Dit is maar sy vierde saak en hy is op sy senuwees. Hy is die allerverskrik­likste stories oor landdros Peters vertel. Waarom moes die dekselse meisie aan­dring op ’n hofsaak?

    Reën vertel haar storie sonder ’n omhaal van woorde. Die vent...e...meneer Stone het haar ten aanskoue van almal op die boonste dek van die bus vasgegryp en teen haar sin gesoen. Sy het gebeur en gespook om uit sy klouende arms te ontsnap, maar hy was te sterk en sy heeltemal te verskrik. Alles het so vinnig en onverwags gebeur. Maar toe sy uiteindelik wel daarin slaag om los te kom, het sy hom ’n goeie mokerhou teen sy wang geslaan.

    Rots luister met ’n fyn glimlag om sy sterk gebeitelde lippe na Reën se relaas. ’n Paar keer knik hy selfs bevestigend.

    Die aanklaertjie sê met ’n hees stem­metjie: Dankie juffou Somers...Ek het geen vrae meer vir die getuie nie, Edelagbare. Hy gaan sit vinnig met ’n dankbare sug.

    Meneer Stone? Landdros Peters loer oor haar brilletjie na hom.

    Rots staan op. Dankie, Edelagbare. Hy wend hom tot Reën in die getuie­bank. Juffrou Somers, waarom is jou mond so uitlokkend rooi gegrimeer?

    Sy gaap hom aan.

    Die aanklaertjie spring op. Ek maak beswaar, u—

    Antwoord die vraag, juffrou Somers, val die landdros die aanklaertjie in die rede. Ek hoop jy weet wat jy met hierdie vraag wil bereik, meneer Stone.

    Beslis, u Edele. Hy kyk met geligte wenkbroue na Reën. Wel, Juffrou?

    Dis die kleur waarvan ek hou...Om te grimeer is mode. Alle vroue doen dit.

    Nie alle vroue nie, Juffrou. Ons agbare landdros dra nie grimering nie en sy is enige tyd net so aantreklik, selfs aantrekliker as baie vrouens wat wel grimeer.

    Daar is net ’n sweem van ’n glimlag om die landdros se mooi lippe.

    Reën kyk hulpsoekend na die aanklaertjie, maar hy vroetel in die lêer voor hom. Wel...e...die meeste vroue grimeer en...

    Maar waarom grimeer u, juffrou Somers?

    Omdat ek graag op my beste wil lyk en...

    U impliseer dus dat vroue wat nie grimeer nie, nie op hul beste vertoon nie?

    Glad nie. Dis nie wat ek bedoel nie...Vroue wat grimeer, voel doodeenvoudig net dat hulle dit nodig het. Vroue soos landdros Peters het dit klaarblyklik nie nodig nie.

    Landdros Peters glimlag nou openlik. Punte vir Somers.

    Rots staan ’n oomblik en afkyk na sy skoene, dan kyk hy op in daardie diepblou oë. Maar sonder grimering sal jy self steeds pragtig bly, juffrou Somers. Kyk net na jou – oë wat diep geheimenisse weerspieël, goue hare wat hande uitnooi om daarin verstrengel te raak. Maar dis jou mond wat tartend uitlok en met daardie vlamrooi lipstiffie enige man uitnooi: ‘Soen my!’

    Is jy van jou sinne beroof! roep Reën woedend uit. My lippe sê g’n so iets nie!

    Nie in woorde nie, nee, antwoord Rots bedaard. Maar jou mond is soos ’n woordelose reklamebord – een prentjie is gelyk aan ’n duisend woorde en jóú prentjie verkondig duidelik en luid: ‘Soen my!’

    Reën kyk na die aanklaertjie wat nou na iets op die vloer soek, dan na landdros Peters wat haar met uitdrukkinglose oë oor haar brilletjie aankyk. Wel, juffrou Somers?

    Reën kyk woordeloos terug na Rots.

    Jy sien, Juffrou. Al waaraan ek my skuldig gemaak het, is om aan jou advertensie te voldoen. Daar was geen ring aan jou vinger of ’n bordjie om jou nek wat gewaarsku het dat daar nét na jou mooie mond gekyk mag word nie. Weke lank moes ek daagliks na jou onuitge­sproke versoek kyk. En wanneer jy vir my geglimlag het net voordat jy die bus verlaat, het my weerstand by die dag verkrummel en...

    Dis alles net in jou gedagtes. Ek kan dit nie verhelp as jy soos ’n puisiegevreet-tiener dagdrome oor my het nie, meneer Stone.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1