’n Man wat nog in goedheid glo
D it ruik na gister se reën. Voëls flerts soos koekblikprente oor kosmosse langs die grondpad. By ’n plaashek naby Kromdraai wag drie honde ons in.
Skuus julle, ek soek gou die hek-oopmaker, laat weet André Schwartz.
Ons wag. Hondesterte swaai, harige metronome, een-twee-een-twee.
Ek soek nog steeds die oopmaker, voicenote hy weer vervaard, in daardie stem van encores.
Ons oë volg die plaveistene tot by die wit plaashuis. Hy kom aangedraf. Stoppelbaardglimlag. Superdry-hemp. Welkom julle, ek het tafel op die balkon gedek.
Hy vlerk sy arms vir ’n druk.
Die gordyne trek oop. Ouverture verby. Die middag begin.
“Ek het nog altyd in die Parks gebly,” rol die gesels uit hom. “Parktown North, Greenside, Saxonwold. En toe sien ek dié plasie vier jaar terug toevallig in ’n Property24-pop-up.”
André het ’n vriend, Gareth Edwards, ’n afgetrede plastiese chirurg, as voice of reason saamgesleep om te kom kyk. En nou bly André hier met net die honde, die perde en een liewe blinde vark genaamd Freddy.
Dis wat hom éintlik gevang het, wys hy na die koppie agter die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days