SARIE

DIS MY ‘ tweede kans’

Party dae word hy wakker en wonder hoe hy die res van sy lewe sonder haar gaan hanteer.

André Schwartz probeer nog die stukke van sy hart heg nadat sy ma, Ina, in Maart op 89 oorlede is. “Sy was álles in my lewe, het niemand veroordeel nie. Dit was altyd net ek en sy. My pa is dood toe ek dertien jaar oud was.”

Dis by Ina, wat byna elkeen van sy vertonings bygewoon het en sy grootste aanhanger was, dat hy geleer het om hom nie te bekommer oor die dag van môre nie, om die beste van elke dag te maak, vertel hy.

Bekend as een van die grootste jintelmans in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, gemaklik en elegant in wit jeans, ’n ligblou hemp en lila tekkies, praat hy oor ’n cappuccino by die Lanzerac-hotel op Stellenbosch oor sy reis tot nou.

André is hier vir die Toyota US Woordfees, waar hy die vorige aand gehore bekoor het saam met Amanda Strydom in hul musiekproduksie Brel/Piaf. Later het hy ook in die produksie Grensloos saam met Coenie de Villiers opgetree.

En dis verfrissend: Suid-Afrika se geliefde Phantom, Joseph (en sy), Aladdin en kaptein Von Trapp van sê hy is elke keer nog verwonderd en dankbaar oor die reaksie van gehore, soos nou met sy en Dit gaan lankal nie meer vir hom oor die applous nie. “Mense moet uitstap en voel hulle het iets geleer en ervaar.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE5 min read
Troufotograwe
1. Jou gunsteling-troufoto wat jy al geneem het? As ek een moet uitsonder, sal dit vir seker ’n troue wees wat ek in Sossusvlei, Namibië, afgeneem het. Dis een van my gunstelingplekke op aarde en om ’n troue daar te kon afneem het dit net nog meer sp
SARIE2 min read
Bekroonde aktrise LEA VIVIER & ANDRÉ WILKENS Soos ’n woudsprokie
Dit was ’n trounaweek van genot, uitspattige kleur en geluk. Met ’n pragtige verskeidenheid blommerangskikkings in dieprooi, perske en ligpienk, asook granate en turksvye op die tafels, het die dekor aan die Romantiese kunsbeweging herinner. Sonder d
SARIE1 min read
’n Pak Op Sy Tyd
Die klassieke swart tuxedo kry ’n nuwe voorkoms met ’n baadjie in naaswit Vir ’n swart uitrusting van kop tot toon, speel met teksture deur ’n baadjie van tweed of brokaat te dra. Of wees op die uitkyk vir detail soos kristalle op die kraag * Sien o

Related