Waar gode tuimel
By Gert Basson
()
About this ebook
WAAR GODE TUIMEL, het die reklamewese as agtergrond – ‘n milieu waar ‘gode’ maklik geskep en net so maklik getuimel word.
Die tempo is vinnig en die dramatiese gebeure wat so snel op mekaar volg, bly deurgaans intens en prikkelend.
Die gegewe is meesleurend en die boeiende verhaal van Valk van der Walt en Gloria Roux, hou die leser vasgevang tot aan die opwindende einde.
Gert Basson
Gert Basson se eerste verhaal word in Die Jongspan gepubliseer terwyl hy in standerd drie is. Geboortenaam Gert Cornelius Basson Nasionaliteit Suid-Afrika Beroep Joernalis, redakteur, skrywer. Skrywersname: Gert Basson Dirk de Beer Lindeque de Beer Cor Lindeque Hugo le Roux Danz Cloete Chris Sasner Gert Cornelius Werke: Gert Basson Die Nagvalke Waar Gode Tuimel Man met die Donker Bril Prinses Dou-ogies Hugo le Roux Hand van vergelding Bloedfamilie Bloedoffer vir Lilith Meer as moord Kamerling – moord op die drumpel Helkruin Terwyl die krokodil sing Chris Sasner Die Swart Kat slaan neer, en ander avonture Die Swart Kat slaan 'n ster, en verdere avonture Die Swart Kat slaan 'n noot, en ander avonture Die Swart Kat slaan 'n nar, en ander avonture Die Swart Kat slaan 'n vos, en verdere avonture Gert Cornelius Nagstories: laatnagverhale oor gruwels en die bonatuurlike Cor Lindeque Sarie Marie Moe – waarnatoe? Boetaman se Opperaffertrapper Snoerkie-hulle in die Okkiebokkiebosveld Danz Cloete Lans le Fleur – hardekwas Dubbelslag: twee speurspanningsverhale Dirk de Beer Die nagvalke Lindeque de Beer (Samesteller) Bevange Onbevange Naglopers : verhale van die bonatuurlike en onverklaarbare Kortetjies vir die katel Vangnet Die Goeie gety Drif Dwalers So op jou gemak Vuur!
Related to Waar gode tuimel
Related ebooks
Dwelm Rating: 5 out of 5 stars5/5Onbevange Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTerwyl die krokodil sing Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBloedoffer vir Lilith Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAl wat tel Rating: 4 out of 5 stars4/5Die Dissonant Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie vrou in die blou mantel Rating: 4 out of 5 stars4/5Sam se Liedjie: Sam Smith Misterie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMoord Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie afreis van Abel Lotz Rating: 4 out of 5 stars4/513 uur Rating: 4 out of 5 stars4/5Sirkus Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNooit Meer as Twee Keer Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVonnis van die Berge Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHartedief Rating: 5 out of 5 stars5/5Hans-Nazi's Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Gebreekte Raam Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSonligdroom Rating: 5 out of 5 stars5/5Horoskoop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkoenlapper Rating: 3 out of 5 stars3/5Gogga op 'n Harley (Afrikaans Edition) Rating: 5 out of 5 stars5/5Meer as moord Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTelos Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTussen die Vuur en As Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkoenlapper Liefde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOrion Rating: 4 out of 5 stars4/5Hoopvol Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIemand vir 'n scoop? Rating: 0 out of 5 stars0 ratings7 Dae Rating: 4 out of 5 stars4/5Verf My Vergifnis Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Waar gode tuimel
0 ratings0 reviews
Book preview
Waar gode tuimel - Gert Basson
Hoofstuk Een
Waar Freek Eksteen deur sy vuil kantoorvenstertjie kyk, kan hy die rooi sportmotor met die GP nommerplaat voor sy motorhawe sien stilhou. Hy is egter meer geïnteresseer in die vrou wat blykbaar vererg agter die stuur uitskuif. Sy is lank en blond; groot, maar nogtans nie grof gebou nie.
Die motordeur klap agter haar toe.
‘n Ongekurkte sigaret met die rooisel van haar lippe daarop, word ergerlik in die sand gegooi. Sy kom haastig oor die pad gestap en Eksteen volg elke beweging, elke tree drink hy met sy gretige oë in.
Hierdie vrou met die nousluitende lemmetjiegroen rok wat die ronding van haar liggaam so verleidelik vertoon, stuur ‘n tinteling deur sy are, ‘n opgewondenheid wat sy hande klam en sweterig laat. Sy beweeg nie soos Rooisand se vrouens nie — hulle loop mos sommer — maar nie sy nie. Nee, hierdie een het stap tot ‘n fyne kuns ontwikkel. Elke tree, elke beweging van haar soepel liggaam is ‘n streling vir die oog. Toe sy die pompe bereik, staan hy op en stap haar tegemoet.
Magtig, dis ‘n oulike stukkie huiswerk!
Kan ek help?
vra hy met ‘n glimlag wat sy geel tande vertoon.
Haar blik gly vinnig van sy vuil vellies tot by die oliebesmeerde pet voor sy antwoord: Ja, as jy iets van motors af weet — daardie een oorkant die straat.
Sy’t ‘n mooi stem, maar hy hou nie van die manier waarop sy met hom praat nie, nog minder van die wyse waarop sy na hom kyk. Dis die moeilikheid met hierdie stadsvrouens — so mooi soos kalendermeisies, maar hoogmoedig soos poue!
Ek weet alles van enige motor af... daardie een inkluis!
Sy glimlag en hy vergeet die hoogmoed.
Gaaf, ek sal bly wees as jy daarna kan kyk. Vandat ek uit Mafeking weg is, lol hy al om kort-kort te gaan staan. Ek is gewillig om ekstra te betaal indien jy hom so gou as moontlik kan regkry. Ek moet voor sononder terug wees in Johannesburg.
Dit kan nie iets ernstigs wees nie, dalk skort daar net iets met die vergasser of die petroltoevoer.
Hy beduie na ‘n deur net links van sy kantoor. U kan solank daar gaan wag...
hy kyk vinnig na haar linkerhand, mevrou. . . e. . .
Roux.
Dit is nou nie so ‘n wat wonderse ruskamer nie, mev. Roux, maar hy’s darem skoon.
Dankie.
Sy draai om en stap na die ruskamer.
Hy staar haar agterna, sy oë vasgenael op die verloklike swaai van haar heupe.
Aitsa! Aitsa!
Sy gaan sit in een van die leuningstoele in die klein vertrekkie met die witgekalkte mure. Sy sak gerieflik terug in die kussings en skop haar écru-kleurige skerppunt skoene met die stilethakke uit. ‘n Oomblik sit sy so met haar oë gesluit. Dit is vermoeiend om soveel lang kilometers agter die stuur van ‘n sportmotor te sit.
Sy kyk krities deur die vertrek. Behalwe die twee stoele en ‘n rusbank teen die oorkantse muur is daar net ‘n klein tafeltjie langs haar stoel met ‘n koerant daarop. Traag tel sy die koerant op.
Rooisand Herald, lees sy. Verveeld begin sy blaai deur die blad wat een keer elke week verskyn en teen twee rand verkoop word. Aan die nuus steur sy haar nie veel nie. Geboortes en vendusies het haar nog nooit geïnteresseer nie. Dit is die advertensies wat al haar aandag geniet en elkeen word belangstellend gelees.
Advertensies is nie by haar ‘n swakheid soos by so baie ander vroue nie. Dis haar loopbaan, haar hele lewe. Sy is een van die knapste vroue in die advertensiewese, en talle produsente se hoë verkope kan regstreeks toegeskryf word aan die vaardige advertensies wat sy van hulle produkte opgestel het. Die advertensies in die Rooisand Herald is egter lomp en onaantreklik aangebied en ontlok nou en dan ‘n kritiese klik van die tong of ‘n geamuseerde glimlag.
Haar lang, lenige vingers met die goed versorgde rooi naels, huiwer ‘n oomblik oor die swak gedrukte kolomme en blaai dan na die volgende bladsy. Dit is die volblad advertensie op bladsy ses vir ‘n plaaslike eiendomagentskap wat haar haar wenkbroue in verbasing laat lig. Dit is ‘n uitstekend opgestelde advertensie wat haar onwillekeurig onder aan die bladsy na die kodenommer van die reklameagentskap wat dit moes opgestel het, laat soek. Daar is egter geen kodenommer nie. Sy lees die advertensie weer ‘n keer noukeurig deur. Deksels goed gedoen! Hierdie kopieskrywer moét sy beslis vir Zandbergh en Roux kry... veral noudat Wessels hulle gaan verlaat. As sy net kan uitvind watter agentskap die advertensie opgestel het.
Haastig kom sy orent, sukkel haar skoene aan en stap met die koerant in haar hand om na die werkwinkel, Sy kry Freek gebukkend oor die enjin van haar motortjie. Waar kan ek hierdie eiendomsagentskap kry?
Sy hou die koerant na hom uit.
O, dis ou Henrik Reinecke se besigheid. Hy’s net daar langs McCowrie se steenkoolagentskap. Hier met die hoofstraat af.
Hy beduie na die stofstreep wat voor die motorhawe verbyloop. Is u van plan om hier te koop, Mevrou?
Nee, maar daar is iets waaroor ek mnr. Reinecke wil spreek. U sê ek stap met hierdie straat aan. Is dit ver?
Nee, net ‘n blok. Aan u linkerkant, langs die koleplek.
Dankie.
U moet maar in die straat loop, Mevrou. Dit is nou wel nie geteer nie, maar heelwat gelyker as die sypaadjie.
Ek sal. En my motor sal seker gereed wees as ek terugkom, of hoe?
Ek skat so. Dis nie ‘n groot fout nie.
Haar hoëhakskoene en nou romp is nie die beste mondering vir Rooisand se grondstrate nie en dis met verligting dat sy uiteindelik die beton-sypaadjie voor die Indiërwinkels betree. Sy steur haar nie aan die opmerkings van die mans voor die plaaslike hotel nie en nog minder aan die venynige oë van die paar vroue wat sy onderweg teenkom.
Hier is die steenkoolagentskap en dan die eiendomsagentskap van Hendrik Reinecke. Sy stap die koel kantoor binne en merk op hoe die jong meisie agter die toonbank haar met bewondering gadeslaan.
Is mnr. Reinecke in, Juffrou?
Die meisietjie kom staan teen die toonbank voor sy antwoord. Ja, Dame, wil u hom sien?
Haar stem is sag, eerbiedig soos wanneer sy met met ‘n Hollywoodaktrise sou praat indien sy ooit die kans daartoe sou verkry.
Hendrik Reinecke leun gerieflik terug in sy stoel en kyk die vrou oorkant sy lessenaar belangstellend aan.
U het dus gedink dat die advertensie wat in ons plaaslike koerantjie verskyn het deur ‘n reklame-agentskap opgestel is, mev. Roux?
Is dit dan nie? U gaan my tog nie vertel dat daardie advertensie deur iemand hier op Rooisand opgestel is nie, mnr. Reinecke.
Reinecke lag diep uit sy keel. Werklik, Mevrou, julle Johannesburgers verbaas my. Het julle stedelinge dan al die kennis in pag? Of is dit net omdat die skeppingsdirektrise van Zandbergh en Roux nie kan glo dat iemand anders ook ‘n goeie advertensie kan opstel nie?
Gloria Roux glimlag. Glad nie, mnr. Reinecke. Ek wil egter net verseker dat die beste kopieskrywers in die Zandbergh en Rouxkamp is.
Met ander woorde, indien ek u vertel wie die advertensie opgestel het, gaan u die persoon vir u agentskap probeer koop.
As u dit so wil stel, ja.
Reinecke vryf ‘n slag oor sy stewige ken en staar ‘n oomblik peinsend voor hom uit voor hy antwoord. Ek neem aan dat u dit vir die persoon die moeite werd sal maak. . . finansieël bedoel ek.
Beslis.
Gloria haal ‘n goue sigaretkoker uit haar handsak, en Reinecke leun vooroor om die sigaret vir haar aan te steek. Hulle oë ontmoet.
U lyk gesteurd deur my versoek, mnr. Reinecke.
Om eerlik te wees, is ek. U sien daardie advertensie is vir my eiendomsagentskap deur een van my knapste agente opgestel. Ek sal hom nie graag wil verloor nie.
Hy sien die verbasing. . . die ongeloof in haar oë.
Was hierdie agent van u vroeër by ‘n advertensieagentskap werksaam?
Nee, hy het regstreeks na matriek hier begin. Stel u nog belang?
Haar vol, rooi lippe plooi in ‘n aantreklike glimlag wat egter nie daarin slaag om tot daardie onpeilbare kykers van haar deur te dring nie. Meer as ooit, mnr. Reinecke.
Hy tel die vulpen voor hom op, kyk ‘n oomblik ingedagte daarna en hy dink aan al die gerugte wat hy al oor hierdie mooi, bekwame vrou gehoor het. Sy is een van die weinige vroulike skeppingsdirektrises van ‘n reklame-agentskap in die land. Nie omdat sy die vrou van Fanus Roux, een van die besturende direkteure, is nie, maar omdat sy in alle opsigte bekwaam is. Hy weet ook dat sy ‘n ongenaakbare persoon is wat nie sal skroom om van enige metode gebruik te maak om haar doel te bereik nie.
Hy plaas die pen stadig terug, amper versigtig.
Ek sal hom gaan haal en dan kan u self met hom gesels.
Hy staan op. Hy is soos ‘n seun vir my. Moet hom dus nie neem indien u nie baie seker is dat hy in alle opsigte vir die werk geskik sal wees nie, mev. Roux.
Dit is vanselfsprekend, sou ek sê.
Ek wonder. U sien, hy is nie net knap nie, hy is ook. . .
Met daardie woorde verlaat hy die kantoor.
Na ‘n paar minute hoor sy hom terugkeer.
Stap in.
Dankie, Oom.
Hoor sy die diepe dog jeugdige stem antwoord.
Dan staan Reinecke langs haar. Laat ek jou voorstel; mev. Gloria Roux, Valk van der Walt.
Met die eerste oogopslag is dit vir haar duidelik dat Reinecke se amper-amper beskrywing van die jong man geen oordrywing was nie. Sy neem die lenige, bruin hand wat hy na haar hou en kyk in die ernstige grys oë.
Aangenaam, mnr. Van der Walt.
Mevrou Roux wil graag met jou gesels, Valk. Ek dink jy moet haar nooi vir tee. Julle sal die ou sakie beter oor ‘n koppie tee kan bespreek.
Dis ‘n uitstekende plan.
Gloria staan op. Sal ons gaan, mnr. Van der Walt?
Sy kan sien dat die hele besigheid hom dronkslaan, maar hy glimlag nietemin.
Hulle verlaat die kantoor en stap na die kafee net oorkant die straat. Nadat hulle by ‘n tafeltjie in die hoek plaasgeneem het, vra sy: Het mnr. Reinecke u gesê waaroor ek met u wil gesels, mnr. Van der Walt?
Sy neem ‘n sigaret uit die pakkie wat hy na haar hou.
Hy het slegs gesê dat u met my oor daardie advertensie van ons wil gesels.
Sy kyk hoe hy die eerste rook intrek en sy wange ietwat na binne hol maak. Die kooltjie gloei ‘n oomblik helderrooi voordat hy die rook in ‘n dun, reguit straal uitblaas. Sy oë is vraend op haar gerig en dit is duidelik dat hy haar ook opsom, dat hy hou van wat hy sien. ‘n Stonde praat nie een nie en hou hulle mekaar met hul oë.
Vir hom is sy een van die mooiste vroumense wat hy nog ooit gesien het. ‘n Amasone met blonde hare wat tot op haar skouers reik, ‘n weinig gebuigde neus oor ‘n sagte, wellustige mond. Dit is egter haar oë wat hom boei. Twee donker, amper swart kykers wat niks verraai van wat daar in haar gedagtes omgaan nie. Oë wat ‘n krieweling teen jou ruggraat afstuur, jou lok en terselfdertyd ongemaklik laat voel. Hy tik die as van sy sigaret in die asbakkie voor hulle af en ontwyk haar blik.
Sy glimlag. Sê my, mnr. Van der Walt, wat is jou naam?
Hy frons. Valk. Het mnr. Reinecke dit nie netnou genoem nie?
Hy het, ja, maar ek het onder die indruk verkeer dat dit net ‘n bynaam is. Dit ís ‘n eienaardige naam, is dit nie?
Skeer sy die gek met hom? Hy trek sy mond op ‘n verergde lyn. Is dit?
Nogal gou op sy perdjie ook, Ek bedoel dit is nie ‘n alledaagse naam soos Piet of Jan nie. Maar dit is nie waaroor ek met jou wil gesels nie, Valk.
Sy loer vinnig na hom om te sien hoe hy op die noem van sy naam reageer. ‘n Ligte frons is al teken dat hy haar gehoor het. Wat ek veeleerder wil weet, is of my naam nie vir jou iets beteken nie.
Hy dink ‘n oomblik na en skud dan sy kop. Ek vrees, nie.
Miskien moes ek liewer gevra het of die naam Zandbergh en Roux nie vir jou enige betekenis inhou nie.
Weer skud hy sy kop. Nee. Ek het nog nooit van hulle gehoor nie.
Dit is amper ongelooflik,
lag sy, maar dit wys jou net dat mens nooit werklik so belangrik is as wat jy dink nie. Zandbergh en Roux, Valk, is vandag een van die grootste reklame-agentskappe in die land, en ek het die voorreg om hul skeppingsdirektrise te wees.
As ‘n nagedagte. "Ook die vrou van een van die besturende direkteure. Ek word beskou as een van die beste beoordelaars van ‘n advertensie.
Daardie advertensie van jou in die Herald is ‘n oulike stukkie werk, Valk. Om die waarheid te sê, dit is ‘n uitstekende stuk kopie. Ek het glad nie so iets in hierdie stowwerige dorpie verwag nie.
Hy tel een van die vuurhoutjies uit die asbakkie op. U het tog sekerlik nie die hele end pad na Rooisand toe gekom net om my te vertel dat u van die advertensie hou nie, Mevrou?
Daar heers ‘n wyle stilte met net die geknak van die vuurhoutjie wat hy tussen sy sterk vingers breek.
"Ek het nie spesiaal Rooisand toe gekom om met jou te gesels nie, Valk. Twee ure gelede was ek nie eens bewus van ‘n koerantjie soos die Rooisand Herald nie. Ek was onderweg na Johannesburg, toe my motor net hier buitekant julle dorpie die gees gegaf het. Dit was terwyl ek in die wagkamer van die motorhawe gewag het dat hulle my motor weer padwaardig kry, dat ek toevallig op ‘n eksemplaar van jul agtbladsy-wonder afgekom het. Uit pure verveeldheid het ek daardeur geblaai en op jou advertensie afgekom.
Glo my, dit was so goed dat ek oudergewoonte onder gesoek het na die kodenommer van die agentskap wat dit na my mening moes opgestel het. Jy kan jou voorstel hoe verbaas ek was om te hoor dat jy daarvoor verantwoordelik is.
Sy leun met haar elmboë op die tafelblad en daar is net die sweem van haar reukwater wat hom prikkel en onwillekeurig nader laat skuif. Ek het na julle kantoor gegaan om uit te vind wie die advertensie opgestel het sodat ek daardie persoon vir ons agentskap kan koop soos mnr. Reinecke dit gestel het. Jy is daardie persoon. . .
Daar is ‘n lokkende wasigheid in haar oë... Wat is jou prys, Valk?
Daar heers ‘n ongemaklike stilte tussen hulle en hy is vasgevang deur die misterieuse spel van haar oë. Hy maak ‘n ongeduldige gebaar met sy hand asof hy die betowering van die oomblik daarmee wil verbreek.
Ek vrees ek weet nie so mooi wat u bedoel nie, Mevrou.
Dit is tog baie duidelik Valk. Ek bied jou ‘n betrekking by Zandbergh en Roux aan. Wat is jou salaris by die eiendomsagentskap?
Hy aarsel, nie seker of hy haar moet antwoord nie, maar dan hoor hy homself die antwoord gee.
Goed. Ek bied jou dubbel soveel aan. As jy vaar soos ek verwag jy sal, sal jou salaris natuurlik dienooreenkomstig styg. Daar is groot moontlikhede in die reklamewese, Valk. Jy kan ongekende hoogtes bereik.
Hy skud sy kop. "Dit is alles ‘n bietjie oorweldigend. Waarom is u so gretig om my op u personeel te kry? Ek het per slot van rekening nie die vaagste benul van reklamewerk nie, behalwe daardie advertensie in die Herald natuurlik en, om eerlik te wees, glo ek nie dat dit heeltemal so geslaagd is nie. Waarom so ‘n reuse-salaris vir iemand wat nog nooit eens van Zandbergh en Roux gehoor het nie?"
Ek het jou reeds gesê dat ek ‘n goeie advertensie ken as ek een sien. Jou advertensie is besonder goed. Daarom wil ek jou vir Zandbergh en Roux hê. Daarom en... dalk ook om ‘n ander rede, ‘n persoonlike rede.
Sy kyk hom reguit en onbeskaamd in die oë en tot sy ergernis kan hy sy ore voel verkleur.
Magtig, watse vroumens is sy?
Sy haal ‘n tjekboek in ‘n blou leeromslag uit haar handsak. Ek neem aan dat jy ‘n maand kennis moet gee; nietemin, ek maak nou vir jou ‘n tjek uit om jou reisgeld na Johannesburg te dek.
Sy begin skryf. Hy wil protesteer, maar met ‘n vinnige, skalkse glimlag, lê sy hom die swye op. Jy kan dit altyd terugstuur as jy van plan verander, Valk. Moet jou onder geen omstandighede gedwonge voel om die aanbod te aanvaar nie. Onthou net, die werk is daar.
En met die oorhandig sy die tjek aan hom.
Hy neem dit sonder om na die bedrag te kyk, want hy weet dat dit buitensporig hoog sal wees. Buitensporig soos alles omtrent hierdie aanloklike dame.
En nou moet ek gaan kyk of hulle my vuurwa al weer padwaardig gemaak het. Daar lê nog kilometres tussen Rooisand en die Goudstad. Stap jy saam?
By die motorhawe is ‘n werker net besig om die rooi motor se windskerm skoon te vee. Nadat Eksteen haar verseker het dat die motor nie weer moeilikheid sal gee nie en sy hom vergoed het, help Valk haar galant agter die stuur in. Sy skakel die voertuig aan en terwyl die enjin gerusstellend brom, neem sy Valk se hand in hare.
Ek hoop jy aanvaar my aanbod, Valk. Laat my weet wanneer jy kom, en ek sal jou op die stasie ontmoet.
Die volgende oomblik trek die motor in ‘n stofwolk weg en jaag teen ‘n hoë snelheid met Rooisand se nou hoofstraatjie af.
Hy staan alleen voor die twee petrolpompe met die stof wat deur die motor opgeskop is, dig oor sy skoene. Hy kan die koel intimiteit van haar hande nog aan sy eie voel. Sy is skaars weg, en reeds is daar ‘n vreemde drang om haar weer te sien.
Diep ingedagte stap hy terug kantoor toe. Hy moet die besigheid met oom Hendrik gaan bespreek.
***
Reinecke luister belangstellend na Valk se relaas oor sy onderhoud met Gloria. Toe Valk uiteindelik klaar vertel het en vraend na hom kyk, soek Reinecke tydsaam deur sy sakke na sy kortsteelpyp. Toe die eerste dampe grys hang tussen hulle, begin hy praat: "Ja, sy is ‘n besondere vroumens, Valk... en ‘n gevaarlike een daarby. Sy weet blykbaar wat sy uit die lewe wil hê en gewoonlik kry sy ook seker haar sin. Sy wou skeppingsdirektrise word en die reklamewêreld het in hul mou gelag. Dis klaarpraat met Zandbergh en Roux, het hulle gesê, maar die skoen was in werklikheid aan die ander voet. Zandbergh en Roux is vandag een van die grootste en sterkste agentskappe in die land nie omdat hulle een van die eerste