Huisgenoot

Afspraak met die noodlot

JANA haal haar selfoon uit, bewus van die grondboontjieverkoper wat vir haar staan en grinnik. Daar is niks meer vernederend as om vir ’n toeris in jou eie stad aangesien te word nie.

“Ek het nog nooit so ’n eekhoring gesien nie,” verduidelik sy en beduie na die boom waar die wolstert ewe rats met die stam opklouter. Met sy spierwit pels lyk hy soos ’n harige spokie teen die donker bas.

“Daai een – sy naam is Oupoot,” sê die ouerige man met die mandjie vol grondboontjiesakkies.

“Oupoot,” herhaal sy, geamuseerd. Die naam behoort eerder aan ’n reuse-olifant in die Knysnabos.

“Hulle sê dis good luck om hom te sien.”

Ek het dit nodig, dink Jana. Sy was op pad na haar eerste afspraak sedert ’n vorige verhouding verbreek is. Sy was so op haar senuwees dat sy heeltemal te vroeg opgedaag het.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related