Ter elfder ure
‘JA, MENEER. Sekerlik, Meneer,” mimiek Lottie haar eie onderdanige woorde van twee minute vroeër in TG Jordaan se kantoor terwyl sy met die bondel bouplanne die gang afstap. “Dankie, U Hoogheid!” voeg sy wrewelrig by toe sy haar kantoordeur met die agterkant van haar voet toestamp en die rolle op haar lessenaar neersmyt.
Is dit dan nodig vir die man om altyd so saaklik te wees, so byna hoogmoedig?
Daar is minstens vyf rolle argiteksplanne wat by die drukkers afgelewer moet word en voor sluitingstyd op “Sy Hoogheid” se tafel moet lê vir die finale vergadering met die bouer môre.
Lottie weet dis ’n feit soos ’n koei dat hierdie dag lank gaan word. Sy voel oorweldig, belas. Verstaan die man dan nie dat sy maar net ’n mens is nie? Haar vermoëns het hul beperkings.
As die man net iemand anders was, sou sy lankal
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days