Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hettie in 'n Veld Vol Blomme
Hettie in 'n Veld Vol Blomme
Hettie in 'n Veld Vol Blomme
Ebook190 pages3 hours

Hettie in 'n Veld Vol Blomme

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hettie het 'n probleem, sy kan nie doodgaan nie. Dit is nou "kan nie" in aanhalingstekens, want eintlik kan sy, maar soos vandag se mense sou sê - dis complicated.

Hoe gemaak as almal wat jy liefhet doodgaan en jy alleen moet oorbly om al die storms van die lewe te trotseer? 

LanguageAfrikaans
Release dateOct 31, 2022
ISBN9798215275108
Hettie in 'n Veld Vol Blomme

Read more from W Van Der Heever

Related to Hettie in 'n Veld Vol Blomme

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Hettie in 'n Veld Vol Blomme

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hettie in 'n Veld Vol Blomme - W van der Heever

    Werniech van der Heever

    Hettie in 'n Veld Vol Blomme

    deur

    Werniech van der Heever

    Hierdie is 'n werk van fiksie. Alle persone, plekke, situasies, ens. is bloot 'n werk van die skrywer se verbeelding en het geen betrekking op die werklikheid nie. Geen deel van die publikasie mag gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiereghouer nie.

    Sagteband en hardeband kopieë van die boek is ook beskikbaar.

    Copyright © 2022 Werniech van der Heever

    Alle Regte Voorbehou

    Ander romans deur W van der Heever

    Die Stervangers

    Eden

    As JM van Zyl

    Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim

    Die Kinders Grim en die Verskiete Ster

    Vir Jaco.

    Seun, broer, oom, en lewenslange vriend.

    Die Verkeerde Een

    Hettie het 'n probleem, sy kan nie doodgaan nie. Dit is nou kan nie in aanhalingstekens, want eintlik kan sy, maar soos vandag se mense sou sê - dis complicated .

    Die doodgaan storie is nie weens te min tyd of 'n gebrek aan geleenthede nie, maar weens BB. Hettie kan nie meer die vrou se regte naam onthou nie, en het in die afgelope eeue maar net na haar verwys met watter belediging sy ook op daardie stadium aan kon dink. Haar gunsteling op die oomblik is BB, dit is kort vir die Blerrie Bitch, en laat Hettie glimlag elke keer as sy daaraan dink.

    Sy vryf 'n lang haar lok uit haar geplooide gesig en druk dit liggies agter haar oor, versigtig om nie die blou verf wat aan haar vingers sit in haar hare te kry nie.

    BB... Ha! prewel sy saggies vir haarself en ondersoek een van die blommetjies wat sy op 'n blompot geverf het. Dit is die twaalfde een in 'n ry, en al is dit blou, pas dit mooi by die madeliefies wat net gister begin blom het. Hulle steeltjies staan hoog, elkeen met 'n pragtige geel blommetjie aan die punt. Vanaand sal sy 'n paar van hulle afsny en in 'n bottel op haar tafel sit sodat dit ook mooi kan lyk as sy by die venster uit kyk.

    Die stad se liggies blink so pragtig in die nag, hulle skyn soos sterre, maar hulle is nog steeds nie so mooi soos blomme nie. Niks kan blomme se plek vat nie. Hettie staar tevrede na haar handewerk en kyk op van die madeliefies se kleur skouspel na die stad se uitgestrektheid om haar. Aan elke kant toring dakke teen Breë Straat af, plat, met antennes en satellietskottels, en op plekke 'n paar skoorstene waar rook uitstyg. Meeste van hulle het net 'n klein kamertjie op die dak om toegang te gee vir instandhouding, maar die dak van nommer 21 het 'n mooi groot kamer, so groot soos 'n enkel garage, en wye spasie rondom dit waar Hettie al haar potte pak.

    Daar is madeliefies en kappertjies op die lae muur wat die dakstoep omring, varings en kruisement langs die oop deur en jakobregop in 'n groot pot teen die muur van haar woonstelletjie. Tussen staan potte geplant met al wat jy aan kan dink, komkommers en tamaties, tot een met gras wat sy sny met 'n skêr as dit te lank word. Al die ou potte het sy present gekry of uit asblikke gegrou. Mense gooi darem sulke mooi goed weg. Almal van hulle kan nog gebruik word, al het hulle miskien 'n hap uit of krake in. Hettie het alles toegeverf met blomme, die lelike plekke mooi gemaak met rooi verf en geel en groen, sommer alles wat sy gehad het.

    Sy glimlag vir die blomme en die mooi geverfde potte. Vandag is 'n goeie dag. Sy het vanoggend gevoel dit gaan 'n spesiale dag wees toe sy opgestaan het, die maan nog helder in die oggendlig met 'n dowwe groen smeer langs dit in die hemel. Die komeet laat haar baie ongemaklik voel, dit is 'n teken van iets wat aan die kom is, iets verskriklik. Maar vir nou hanteer sy dit ook maar net soos al die ander dinge wat krap - sy ignoreer dit en hoop vir die beste.

    Sover gaan dit goed, sy trek al tot by T in die nuwe telefoonboek wat sy nou die dag agter Afslag Ondernemers opgetel het. Die blaaie is smerig en sit aan mekaar vas, maar sy vat haar tyd om sorgvuldig deur almal te lees. Bietjie vir bietjie, elke dag. Wie weet, dalk kry sy vandag die een wat sy soek? In elk' geval, sy het 'n nuwe belediging vir BB uitgedink, en dit laat haar beter voel, sommer jonger ook. Die jong klomp hou mos so van afkortings. LOL en FML is twee waarmee sy in besonder kan identifiseer, veral die laaste een.

    Hettie het al lank haar bestaan op aarde betreur. Dis nou amper twaalf duisend jaar, al lyk sy nie 'n dag ouer as 'n baie gekreukelde sestig nie. Haar gesig tot haar hande lyk soos die van 'n ou mens, die vel is los en dun gespan oor bene met maer vleis onder dit. Haar bruin hare is lank oor haar skouers, donker krulle raam die plooie om haar diep oë. Sy lyk oud, maar in die dag se laaste lig lyk haar gesig ook soos die van 'n jong vrou, vertrek in ouderdom wat sy nie verdien nie.

    Sien, Hettie was baie mooi toe sy jonk was. Die hele dorp het gesê sy is die mooiste vrou in die land, mooi genoeg om met hulle nuwe koning te trou, en Hettie het heelhartig saamgestem. Maar tyd wag vir niemand nie, en teen die tyd wat die jong koning die troon bestyg het was sy twintig jaar oud - dis basies al oor die muur vir twaalf duisend jaar gelede toe mense net gelewe het tot die rype ouderdom van dertig, miskien veertig as hulle siektes en vyandige byle kon vermy.

    Sy was seker as sy meer tyd gehad het sou sy haar regmatige plek langs die heerser kon inneem, maar net as sy nog mooi lyk. Hettie het gewens sy kon langer jonk bly, sy het gewens sy het meer tyd gehad - ag, die ironie. En toe verskyn BB op die toneel.

    Mag sy vrot en deur wurms gevreet word!

    Hettie se voorkop plooi in 'n frons toe sy terugdink aan daardie tyd. Sy sug hardop, sit die kwassie netjies in 'n konfytbottel vol water en trek 'n gietertjie nader. Dis van groen plastiek met 'n vrolike rooi blommetjie op dit geverf, want die groen op sy eie het te vervelig gelyk. Sy glimlag toe 'n dun stroompie by die tuit uitspuit op die lang bak vol madeliefies wat hulle gesiggies vrolik na die son toe hou.

    Dis nou vir julle vandag, sê sy in 'n hees stem en vryf saggies oor die groen blare. Ouma se kinders groei so mooi. Haar vingers trek liggies oor die kleurvolle blommetjies, draai hulle na haar toe om die geel skouspel te bewonder. Hulle is haar kinders, saam al die katte, al het sy nooit rêrig kinders gehad nie.

    BB en haar toordery het gebeur voor sy 'n man kon kry, en na dit, toe die toordery klaar was, wou niemand haar meer hê nie.

    Toe sy daardie dag uit die paleis gekruip het, het sy gelyk soos sy nou lyk, en elke dag na dit lyk sy dieselfde. Dit is hoekom sy nie in 'n spieël kyk nie, sy is te lelik. BB en haar mislike gif het dit gedoen. Dit is ook hoekom sy eenkant bly, weg van ander af, sodat sy nie die heeltyd herinner word aan wat sy verloor het nie.

    Want sy het alles verloor.

    Hettie byt haar lip, forseer 'n glimlag vir die gemmer kat wat teen haar rolstoel kom skuur en miaau vir kos. Sy naam is Boetman. Hy het vyf winters terug hier aangekom, so maer sy ribbes het gewys, maar sy het hom weer vet gevoer. Hettie buk vooroor en streel oor sy sagte pels. Boetman reageer deur hard te spin en weer te vra vir kos, al het sy hom vanoggend gevoer.

    Die potplante om haar kry skielik lewe, hulle blare stamp en raas. Tussen kappertjies en kruie lig Boetman se boeties en sussies hulle koppe uit, spring nader, almal miaauend in 'n kattekoor rondom Hettie ingeval sy dalk wil kos uitdeel.

    Ek sal nou-nou vir julle almal 'n ietsie gee, sê sy in 'n growwe stem en glimlag. Wag net so bietjie, my skapies. Anders, as julle te vroeg eet, is julle netnou weer honger. Die kattekoor hou vir 'n paar sekondes aan tot hulle besef daar is nie nou kos nie, hulle sal moet wag. Elke koorling spring terug in die wegkruip plekkies agter potte en op plank bankies om saam Hettie die dag se laaste lig te geniet. Dit is net Boetman wat nog wag.

    Hy hou aan spin en vriendelik teen haar rolstoel skuur. Sy groen oë staar na haar en straal van blydskap. Hy gee nie om hoe sy lyk nie. Dit maak nie vir hom saak dat sy soos 'n verdroogde rosyn lyk nie, dat sy nie bene het nie, dat sy arm is. Al wat hy soek is liefde, en sy is bly om dit te gee.

    Hettie glimlag vir die kat en vee 'n haar sliert terug wat voor haar waai. Die wind hier bo op die dak is koel. Een van die dae is dit weer winter, want hier in die stad eindig die somer sommer net so. Een dag is dit nog warm en dan skielik word dit koud. Sy trek haar trui styf, kyk na die dakstoepe om haar waar skaduwees lank trek en duiwe mekaar opjaag om plek te kry vir die nag. Die son begin te sak en gooi 'n welkome gloed oor die winkels en geboue van Breë Straat.

    Onder haar weerklink die stad se gewoel. Mense stroom uit werkplekke en stap haastig na hulle woonstelle of stop eers by 'n winkel om iets te koop vir die aand. Hulle skinder op die sypaadjie, praat angstig van die moord laas week en wonder wanneer die polisie die skuldiges gaan vang. Die wêreld is ook nie meer wat dit was nie, maar in Breë Straat ken mense mekaar. Hulle stop en luister, groet vriendelik, hulle gee om vir mekaar. Dit is hoekom Hettie so baie van die plek hou.

    Sy hou van die stad. Sy hou daarvan om na mense te kyk, maar sy wil nie tussen hulle wees nie. Daarvoor weet sy beter. Hulle het haar al te veel seer gemaak. Dit is beter om eenkant te bly, hier bo op die dakstoep, met haar kinders. Hier waar sy veilig is en 'n ogie oor Anika kan hou.

    Anika is haar niggie. Eintlik haar agter- agter- honderd maal agter- niggie. Sy is 'n afstammeling van Hettie se suster, die Lang Een - sy kan haar naam ook nie onthou nie. Sy het 'n paar susters gehad. Daar was 'n Vet Een, 'n Korte en ook die Lang Een. Hettie vertrek haar gesig weer in konsentrasie. Sy het al so baie probeer onthou, maar na twaalf duisend jaar is hulle name en gesigte net wasems wat sy nooit kan vasvat nie.

    Sy kan nie eers haar eie naam onthou nie, haar regte naam. Sy het al so baie oor die eeue heen gehad, na 'n ruk word hulle almal grys. Dit is iets wat haar vreeslik pla, dat sy nie alles kan onthou nie, dat dinge so wegraak in die krake tussen eeue. Sy het al probeer om dit neer te skryf, maar haar boeke het verlore gegaan in die tyd. Selfs die name wat sy op klippe gekrap het, het dof geword en weggereën.

    Nou die dag het sy weer onder in Breë Straat se begraafplaas gaan kyk na een van haar ou grafte - volgens wet moet sy gereeld sterf, veral vir belasting doeleindes, en ook, niemand wil glo dat sy so oud is soos sy is nie. Dit is hierdie Saterdag presies twaalf duisend jaar, 'n honderd en twintig eeue. Hettie kan skaars sin van dit maak al het sy dit self geleef. Dit is hoekom sy na die begraafplaas gegaan het.

    Haar graf het 'n geheim, 'n tergende gejeuk wat sy nie kan krap nie en wat laas maand begin het toe daardie komeet langs die maan verskyn het. Sy het voor dit gaan sit, gestaar na die naam op die leë tombe, haar vingers getrek oor gekerfde letters en probeer onthou, maar sy kon nie. Die newels in haar brein wou nie ooptrek nie, hulle het aanhou tol in 'n groen swerm rondom iets wat sy moet onthou, maar nie kan nie. Al wat sy kon sien was die naam op die graf, 'n ou naam wat sy vir 'n lang tyd nie meer dra nie.

    Henriëtta Havenga, sewe en sestig jaar oud, dit is die naam wat staan in die boekie wat in haar kas lê. Sy is nou al vir meer as 'n honderd jaar 'n Havenga. Die naam op die graf is Hendriena Havenga - kwansuis haar ouma, en voor dit was Aletta, nee wag... Aletta was die een in Europa, met die einde van die tweede oorlog. Sy was saam Adam daar. Dit was die keer toe sy voor 'n tenk gaan swaai het sodat die Duitsers haar kon skiet.

    Sy was nog nooit deur 'n kanon getref nie, en het gehoop dit kon dalk werk. Die Duitsers het haar toe ook geskiet, maar nie met die kanon soos sy gehoop het nie. In stede van 'n groot ontploffing wat hopelik haar lyf met die ou stoor waar sy weggekruip het sou saamvat, het drie besope Nazi's uitgeklim en haar probeer skiet met hulle handwapens. Hulle het baie gemis. Hettie kan nog onthou hoe seer dit was, dit het amper vyf minute en vier magasyne gevat voor sy dood is, maar die koeëls het niks gehelp nie. Dieselfde wat elke keer gebeur as sy sterf het toe ook weer herhaal, tot die dronk Nazi's se skok.

    Sy glimlag toe sy dit onthou. Daai drie knape het hulle mae los geskrik en so bleek soos spoke weggehardloop, die tenk net so gelos. Toe klim sy maar in en begin trek en stoot aan elke hefboom wat sy kon bykom, maar die tenk het nie ver gevorder nie toe 'n harde knal dit tref en die hele kajuit in vlamme uitbars - Amerikaners.

    Wat aanvallers en wilde diere nie kon regkry nie het sy self probeer doen deur die hoogste plekke uit te soek en van hulle af te spring. Wind het om haar ore gesuis toe wolke onder haar ooptrek en harde klip nader woed. Berg na berg, en krans op krans. Eeue later het selfs die Eiffel Toring 'n beurt gekry, maar dit was perongeluk. Sy het eintlik net probeer om 'n windverwaaide poskaart te vang en het toe tragies gemis.

    Maar net soos die berge het die toring nie gewerk nie. Niks het gewerk nie. In twaalf duisend jaar kon sy geen verlossing kry vir haar eensaamheid nie. Sy moes toekyk hoe die een geliefde na die ander sterf, hoe haar wêreld elke keer leeg word, hoe sy elke keer weer alleen moet staan. Sy het gesmag om saam te gaan, maar sy kon nie, sy moet hier bly. Sy is Hettie, die een wat hulle nie wil hê nie, die een wat nie kan doodgaan nie.

    Elke keer wat 'n byl haar oopkloof, elke keer as sy die grond tref en haar liggaam in stukke spat, verander die bloed besmeerde ligamente en oopgeskeurde organe in 'n pof swart rook wat chaoties rond dwarrel tot dit 'n paar tree verder weer tot haar gestalte gee.

    Weer dieselfde ou Hettie.

    Elke keer is haar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1