Huisgenoot

Die kat kom weer

NET ná nege staan Ben van sy rekenaar af op om koffie te maak. Voor die pandemie sou hy nou eers by die kantoor aangekom het; nou werk hy al ’n goeie twee uur lank. Die berugte Kaapse spitsverkeer is een van die dinge wat hy glad nie mis nie.

Hoewel hy dit aan niemand anders sal erken nie, mis hy ook nie sy kollegas nie. Niks fout met hulle nie, maar as gebore introvert was die sosiale aspek van die kantoorlewe vir hom baie meer uitputtend as enige spertyd.

Terug in die studeerkamer wip hy van die skrik. Op die vensterbank sit ’n groot swart-en-wit kat. Hy maak ’n paar wilde armbewegings in daardie rigting. “Huis toe! Skoert!” Die dierasie knip nie eens ’n oog nie, sit hom net ongesteurd en aankyk asof hý die indringer is.

Vir die res van die oggend wanneer hy van tyd tot tyd oor sy skouer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related