Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Stervangers
Die Stervangers
Die Stervangers
Ebook241 pages4 hours

Die Stervangers

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Lela soek avontuur, 'n nuwe lewe. Sy wil vlug vir 'n troue wat op haar geforseer word, maar as sy dit doen, sal sy verban word uit Lelie, weg van haar familie en die plek wat sy liefhet. Sy kan kies om te bly, en te maak soos al haar voorgangers gemaak het, of sy kan haar eie pad volg en uitgaan na die groot wêreld buite die muur waar sy op haar eie sal moet klaarkom. Lela worstel met die besluit om te loop, maar 'n vreemde ster wat verskiet op haar verjaarsdag sit haar ou leermeester op loop na die naaste dorp om hulle te waarsku en sy besluit inderhaas om saam te gaan. Die pad vorentoe is egter moeiliker as wat sy ooit kon dink. Dit is 'n pad deur 'n gebreekte wêreld vol hartseer en gevaar, maar ook liefde en die hoop van 'n nuwe begin.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 30, 2022
ISBN9798201055400
Die Stervangers

Read more from W Van Der Heever

Related to Die Stervangers

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Stervangers

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Stervangers - W van der Heever

    Ander romans deur W van der Heever

    Hettie in 'n Veld vol Blomme

    Eden

    As JM van Zyl

    Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim

    Die Kinders Grim en die Verskiete Ster

    Vir Die Een Wat Ek Liefhet

    Altyd en Altyd

    Die Rooi Dag

    Alta-va , die oggend roep. Alta-va ha , die Rooi Dag breek.

    Die eerste skagte lig van 'n nuwe dag begin deur grys wolke op die horison skyn. Die lug word vaal blou, dan rooi, dan goud soos die helder skyf van 'n nuwe son agter sneeu-bedekte berge rys.

    Die bries wat oor die Suid Toring waai is vars, met reuke van lente wat van die vallei af waai tot waar Lela dit kan ruik. Sy staan wag oor die eeue-oue klippe, koud en verweer deur tallose voete wat al oor hulle geklim het. Sy voel bly, die winter is amper verby. Een van die dae sal sy weer kan baljaar met haar vriende in die damme en stroompies wat agter die plase afloop na die groot Kliprivier, weer saam feesvier onder die warm son van 'n sorgelose somer en smul aan die soet vrugte van die nuwe jaar. Een van die dae is sy weer vry.

    Alta-va, die oggend roep. Alta-va ha, die Rooi Dag breek.

    Lela loer oor 'n lae muur na berge op die horison wat nog steeds onder 'n dik laag sneeu lê, so asof die somer se warm son geen effek op hulle het nie. Hulle name is die berge van Misnoeë en die pieke van Denever waar die pas deur loop. Hulle gebreekte vorms lê wit en koud, skerp rotse steek donker uit waar sneeu nie kon vashou nie en waar die steil kranse nie geklim kan word nie, ten minste nie deur mense nie. Lela weet dit is net 'n kwessie van tyd voor die meeste van daardie sneeu weggesmelt het, net 'n paar weke voor die valleie en woude weer groen en welig word soos die laaste van die bitter koue terugtrek noorde toe, waar dit hoort.

    Sy glimlag vir die skerp lig wat oor die kranse styg, haar hart voel bly. Dit is nou al baie jare wat sy wag, wat sy hoop. Sestien jaar lank wag sy vir die Rooi Dag. Die dag wanneer alles nuut gaan word, wanneer die dooie dinge weer lewe kry, nuwe blare uit die droë takke groei, vars water in die riviere vloei, groen lewe in die wêreld uitgeasem word. 'n Nuwe begin, nie net vir die aarde nie, maar ook vir haar.

    Sy skuif suutjies op tot in die hoek van die muur, loer versigtig na die valleie wat langs die toring uitstrek al die pad op na dynsige pieke in die verte. Daar kronkel 'n pad oor hulle, versteek agter bome en landerye, maar sy kan die klippe wat dit bedek duidelik uitmaak tot waar dit 'n vaal streep word teen Gert se Bult. Die eikeboom wat daar lê is die verste wat sy nog ooit van almal af weg was. Haar hart voel warm toe sy die bome agter die bult sien. Vryheid.

    Vandag gaan sy vry wees. Vandag is die Rooi Dag.

    Die eerste lig skyn goud oor mis wat laag hang in die valleie, al die pad op tot teen die muur en die Bessie Laagte onder haar waar daar 'n paar waens uitgekamp staan. Perde runnik vir die kos in hulle emmers wat 'n maer jong man uit sakke skep. Rook trek op van 'n klein vuurtjie waar 'n pot prut en 'n ent verder staan 'n ou vrou met wilde grys hare by die voet van die woud. Sy kyk na die bome, 'n bos blomme wat slap hang in haar hand en 'n ander jong man aan haar sy. Hy is omtrent Ben se ouderdom. Sy gesig is maer, hy kyk om hom rond. Lela buk vinnig af voor hy haar raaksien.

    Hulle is die mense van die Buitewyke. Hulle is vuil, hulle moet buite bly.

    Sy druk haar vingers saggies teen die gevriesde klip, hou haar asem op en luister in die stilte vir enige teken dat hulle haar raakgesien het, maar dit is stil. In die koue van die vroeë oggend is dit net wind wat huil om die klippe van die Suid Toring, en 'n sagte klingel van eetgerei wat saam met die geure van ontbyt opstyg onder haar.

    Die wagtoring se rotse is grys in die nuwe lig, rof gekap, opeen gestapel en vasgevries deur koue wat maar altyd aan die hoë plekke klou. Die ou klip is oortrek met merke van aanval en weerstand, wonde van die kere wat dit wat buite is wou inkom. Lela hurk agter 'n skeur in een van die klippe waar iets dit getref en die rots weggeruk het. Dit maak 'n gerieflike uitkyk in die muur van die Kraaines, die hoogste plek van die Suid Toring, om die beste uitsig te gee oor die sonsopkoms waarvoor sy al haar hele lewe wag. Die Kraaines is klein, net 'n paar tree aan elke kant van 'n stel vrot, hout trappe wat skielik in die middel van die vloer afsak na waar gesellige stemme weerklink uit die kombuis.

    Hulle het haar nog nie gehoor nie. Sy hou haar kop laag, asem stadig uit, bang dat sy gevang gaan word voor sy 'n kans het om die sonsopkoms te sien, en sy móét dit sien. As dit die Rooi Dag is sal sy vir almal kan vertel dat die wêreld nuut geword het, dat hulle nie meer hoef te maak soos altyd nie, nie meer hoef te bly soos altyd nie.

    Nie meer hoef te trou soos altyd nie.

    Vroeg die oggend, toe dit nog donker was, het sy ongesiens verby die wagte gesluip terwyl hulle besig was met ontbyt. Vinnig met die trappe op gehardloop om haar plek teen die skansmuur in te neem, haar oë vasgenael op die horison en die presiese plek waar die son sou opkom.

    Sy het gehurk teen die donker klippe, bang dat een van die nagwagte haar sou sien en wegjaag voor die son opkom, maar ook opgewonde oor die moontlikheid van die nuwe dag, die avontuur van 'n nuwe begin. Sy sien al so lank uit daarna, vandat Magnus haar die eerste keer vertel het van die Rooi Dag, lank terug toe sy nog 'n kind was en elke week by hom gaan les kry het om te leer lees en skryf. Hy het hulle vertel van die dag wat eendag gaan kom. Die dag wanneer die winter se koue finaal sal wegvlug en die somer sal bly, nie net vir 'n paar weke nie, maar vir altyd. Die dag wanneer nuwe dinge gaan kom, nuwe lewe in die Ou Wêreld.

    Dit is vandag, sy is seker van dit!

    Die lig word helder. Lela haal al hoe vinniger asem en duik weer terug agter die Kraaines se lae muur. Haar hart galop in haar keel, haar oë rek groot in afwagting.

    Die nuwe dag begin te breek.

    'n Stralekrans styg oor gevriesde klip, rooi en goud en beeldskoon. Dit glinster van krans tot boom tot teen die hemelblou waar mak ganse oor die dorp se skoorstene vlieg. Lela snak, haar asems warm en vinnig. Die sonsopkoms breek die hemel oop, 'n stille loflied oor die nuwe wêreld wat nou ook tot hier in Lelie gekom het, hier waar almal kan sien. Die son se blink skyf word sigbaar, 'n helder streep op die horison, maar sy kyk nie weg nie. Haar hart trom teen haar asof sy nou net al die pad van die Raadsaal af gehardloop het.

    Wat as dit nie die Rooi Dag is nie? Wat as sy al die jare verniet gewag het? Miskien is dit net nog 'n dag, net soos elke dag in Lelie.

    Lelie is die klein dorpie waar sy nog haar hele lewe lank bly, saam Ben en Atu by Ma Aia, net so entjie weg van die groot geboue wat al langs die Kliprivier staan om graan te maal en hout te saag. Vanoggend vroeg, toe Ma Aia nog geslaap het, het sy uit die huis gesluip en vinnig in die koue na die Suid Toring gehardloop. Die pad was donker, met net 'n paar fakkels om plek-plek lig te gee en die nag se skaduwees op te breek. Lela het gehardloop oor die laaste van die winter se sneeu en ys. Die toring is vêr van hulle huis af en sy moes gou maak as sy betyds wou wees om die sonsopkoms te sien. Die koue lug het haar keel gebrand, toe haar longe. Dit het gesny deur haar vel tot teen haar bene maar sy het aangehou hardloop. Haar mooi groen mantel styf om haar gedraai terwyl sy van skaduwee tot skaduwee gesluip het om die wagte te vermei.

    Hulle was almal in elk' geval half aan die slaap. Sy wonder wat hulle sou doen as daar werklik 'n indringer was, as iets gebeur het om die eentonigheid in Lelie te versteur, as daar werklik iets nuuts gebeur het. Maar hulle glo nie in die Rooi Dag nie. Hulle glo nie Magnus se stories nie. Hulle weier om te dink dat die wêreld kan verander, dat iets nuuts in hulle lewens kan gebeur, iets wonderliks.

    Lela staar na die groot rooi skyf wat oor die berge styg, goue strale aan alle kante wat oor sneeu en wolke lig. Die skouspel tref haar soos 'n somer wind, sy gryp die muur vas, bang dat die gloed haar gaan wegspoel- dit is die Rooi Dag! Nou sal hulle nie kan sê sy lieg nie, hulle sal nie meer met haar kan spot nie wat nou kan hulle mos self sien! Die Rooi Dag styg, net so mooi soos sy altyd verbeel het dit sou.

    Haar vingers druk koud en lam teen die rotse, al is hulle toegewikkel in 'n paar dik handskoene wat Ma Aia vir haar gemaak het vir haar verjaarsdag, gister, die dag toe sy grootgeword het. Sy is nou sestien jaar oud, sy is nie meer 'n kind nie en hoef nie meer te maak soos ander sê nie, ten minste met sommige dinge. Nou dat sy groot is, is daar is ander dinge wat sy moet doen, al wil sy nie.

    Sy moet trou. Ma Aia sê so, nes die ander mense in die dorp. Dit is net Magnus wat sê sy hoef nie, dat sy kan doen wat sy wil, maar die mense luister nie na Magnus nie. Hulle sê hy is 'n ou man wat hom by sy skoolboeke en bygelowe moet hou. Sy plek is om kinders te leer, nie om vir die mense van die Binnewyke te sê wat om te doen nie. Dit is Magnus wat haar vertel het van die Rooi Dag. Die dag van verandering wanneer mense nie meer hoef te lewe soos hulle nog altyd gelewe het nie, nie meer hoef te trou met iemand wat hulle nog net 'n paar keer van ver af gesien het nie.

    Egel Wan, van alle mense!

    Hy is Abel Wan, die skoenmaker se seun; loopneus, skewe voortande en lyk altyd asof hy nou net opgestaan het. Net die manier waarop hy na haar kyk laat haar gril. Waarom kon dit nie Radu wees nie, of selfs Dan, die pottebakker se seun? Radu kan enige iets met sy boog raakskiet, tot die wilde Makeie aan die oorkant van die rivier. En Dan... Dan se gesig is so mooi, al die meisies hou van hom. As die son reg skyn lyk dit of daar sterre in sy oë blink. Hy het haar een keer van sy kos gegee, vars moerbeie wat hy self gaan pluk het. Sy het 'n paar geëet, maar toe hou sy op. Wat help dit dat hy van haar hou, of sy van hom? Sy kan nie met Dan trou nie, of met Radu of enige iemand anders nie. Dis net Egel, soos die Raad besluit het. Egel, niemand anders nie. Lela skud haar skouers om van die hoendervleis ontslae te raak.

    Haar troue is môre. Nie oormôre of oor 'n week of 'n jaar nie - môre.

    Sy het gister grootgeword, en môre moet sy trou, maar sy wil nie. Almal sê sy moet. Hulle sê dis 'n goeie ding. Dit is haar plig as 'n volwassene in Lelie om te trou met die een wat die Stadsraad vir haar uitgekies het, lank terug, toe hulle nog kinders was. Hulle sê sy is gelukkig. Egel se pa is welaf, ten minste so welaf soos iemand in hierdie klein dorpie kan wees. Hulle sê ook sy is gelukkig dat sy met iemand in Lelie kan trou. Gewoonlik moet hulle met mense van ander dorpe trou, dan moet hulle alles hier net so los en wegtrek na 'n nuwe plek toe.

    'n Nuwe plek, 'n nuwe begin...

    Die gedagte maal deur haar kop. Sy wil nie meer hier bly nie. Met alles in haar wil sy weghardloop, maar sy is bang. As sy wegloop gaan sy Ma Aia seer maak. Die Raad sal haar ook nie weer terugvat nie, hulle sal haar uitban, sy sal buite moet bly. Maar buite kan sy doen wat sy wil, sy kan trou met wie sy wil, sy kan vry wees. Hier moet sy maak soos die Stadsraad sê. Die Raad sê vir almal, hier moet jy ploeg en dit moet jy plant. Hier moet jy bly, en met die een moet jy trou. Hulle sê dit is vir almal se beswil. Hulle sê dit is omdat dinge so moeilik is dat hulle moet intree om mense te help - die winters is te lank, die oeste te min.

    Lela kan verstaan hoekom hulle sê watse gewasse geplant moet word en waar. Sedert hulle begin het om dit te doen het die opbrengs elke jaar meer geword, laas jaar was daar selfs genoeg om te bêre. Sy kan verstaan hoekom hulle voorskryf oor die kos wat geplant moet word, maar sy kan nie verstaan hoekom hulle mag sê met wie jy moet trou nie. Ma Aia het vir haar verduidelik hoekom hulle dit doen. Almal het dit vir haar verduidelik. Hulle het gesê dit is vir almal se beswil, net soos die plante, maar dit krap aan Lela soos 'n jeuk wat nie wil weggaan nie.

    Sy loer weer versigtig oor die rand van die klippe na die mooi sonsopkoms. Die rooi begin geel word en pienk aan die kante. Dit is 'n pragtige toneel. Sy wens Ida kon dit sien, sy maak sulke mooi skilderye. Hulle lyk net soos die werklikheid, maar mooier, so asof Ida iets kan raaksien wat ander mense nie kan nie. Daar is een van Ida se skilderye wat Lela besonders baie van hou, dit is van die valleie aan die ander kant van die Wespoort - 'n plek waar Lela nog nooit was nie. Sy het haar altyd verkyk aan die mooi oop landskap wat wyd lê sonder enige hoë berge om dit in te kamp. In die voorgrond vlieg daar voëls, Ida het gesê hulle is miskien eende of iets want in die Buitewyke is daar ander diere. Hulle vlieg na die verre horison waar die son net so mooi opkom oor die wolke en sneeu, net soos die son van die Rooi Dag.

    Alta-va ha, dit is vandag!

    Lela glimlag, haar hart voel warm met die son wat oor haar skyn. Sy sal hulle vertel wat sy vanoggend met haar eie oë gesien het. Sy sal hulle vertel van die Rooi Dag, van die nuwe son wat skyn en die keer moet hulle haar glo. Hulle sal nie weer kan sê sy het haar verbeel nie. Kyk net hoe groot is die son, dit lyk of die hemel brand, almal kan mos sien dit is die Rooi Dag! Een laaste kyk na die goue glans wat al hoër oor die berge styg, dan kruip sy suutjies na die trappe om weer af te sluip kombuis toe, maar in stede van vrot hout kyk sy vas in 'n bebaarde man se kwaai gesig.

    Is dit al weer jy! spoeg hy van die trappe af en laat Lela terugsteier. Ek het jou mos gesê jy moet ophou om hierheen te kom!

    J... Jammer Sersant Maas, stotter sy 'n flou verskoning. Ek wou net kom kyk-

    Ja, jy wou weer net kom kyk! As die bevelvoerder jou hier vang is ons almal in die moeilikheid! Hoe kry jy dit in elk' geval reg om elke keer so verby ons te sluip?

    Lela wil hom 'n eerlike antwoord gee, dat die wagte almal 'n bietjie te gemaklik op hulle poste is, maar dan dink sy beter van dit en trek maar net haar skouers op. Sersant Maas gee haar 'n skewe kyk en skud sy kop met afkeur.

    Ek moet jou sommer hier bo toesluit dat jy in die koue bly, miskien sal dit jou 'n les leer! Weer kyk Lela net skamerig na die vloer en wonder of hy regtig sy dreigement sal uitvoer. Sy dink nie hy sal nie, die bevelvoerder soek nie gewone mense hier nie.

    Nou ja dan, sug hy, klim af, en laat ek jou weer hier kry!

    Lela gehoorsaam dadelik, net ingeval hy van plan verander.

    Jy is gelukkig dit is elke keer ons wat jou hier vang, sê hy toe Lela met 'n kraak by die laaste vrot trap afspring. As die bevelvoerder jou hier kry sal hy jou laat toesluit. Die is nie 'n plek vir gewone burgers nie. Sersant Maas loop oor na 'n dik, hout tafel waar verskeie borde kos, leë bekers en ander geregte op staan, saam met sy yster helm wat spog met 'n klein rooi veer wat aan die een kant ingedruk is. Agter die tafel sit 'n ander wag met vol kieste, 'n hoender been in een hand en 'n beker in die ander; hy gee Lela 'n verveelde kyk en hou aan eet.

    Agter hom staan 'n mollige ou man voor die brandende kaggel, sy grys hare is kort, yl, en pas by die lyne op sy bekommerde gesig. Anders as die wagte, wat heeltemal oordek is met harde leer, is die ou man geklee in 'n ligte bruin trui wat lank afhang tot amper op sy stewels. Die wol is grof en afgeleef, en is vasgetrek om sy middel met 'n dun leer gordel. Hy kyk op van die kaggel af en skud sy kop vir Lela.

    Magnus? vra sy verbaas. Hy is die laaste een wat sy verwag het om hier te sien. Wat maak oom hier?

    Magnus antwoord nie. Hy glimlag net vinnig en loer onder sy borselrige ooghare na die wag wat die laaste van sy beker se inhoud wegsluk en dan sy mond met die agterkant van sy mou afvee.

    Hy het jou kom soek, sê Sersant Maas. En nou moet julle albei spore maak voor die bevelvoerder opstaan. Hy druk sy helm op sy kop en gee dit 'n ligte klap om seker te maak dis vas. Julle is gelukkig, hy het gisteraand 'n laat nag gehad met die Plantfees, gewoonlik is hy voor ons almal uit die vere uit.

    Magnus, Lela kan haar opwinding nie meer in hou nie, dis die Rooi Dag! Sy glimlag breed vir die ou man wat stadig nader loop, sy oë nog steeds op Sersant Maas wat skielik omdraai en Lela aankyk.

    Die Rooi Dag? frons hy. Is jy al weer met daai snert deurmekaar?

    Dis nie snert nie! hap Lela, maar die sersant lag net vir haar uitbarsting.

    Die hoeveelste Rooi Dag is die nou al? terg hy. Elke keer sê jy dis die keer rêrig die Rooi Dag, en elke keer bly alles maar net dieselfde. Elke keer word die winter maar net so koud en bitter, of erger. Waar is die somer wat julle sê moet kom? Kruip seker weg onder al die sneeu. Hy word skielik meer ernstig gee Magnus 'n beskuldigende kyk. Daai goed is net stories, dinge van die Ou Wêreld. Julle moenie laat die mense in die dorp julle so hoor praat nie. Nie almal is so gaaf soos ek nie.

    Dis nie stories-!

    Lela! Magnus kyk na haar en net deur sy streng uitdrukking verstaan sy dadelik dat sy eerder moet stilbly. Dankie, Rowe, sê hy vriendelik vir die sersant wat hulle by die kombuis uitlei. Sy sal julle nie weer pla nie. Hy gee Lela 'n kwaai kyk.

    Dit wil ek nog sien, mompel Sersant Maas teen die toring se steil trappe af. Sy is hoeveel keer deur die jaar hier. Elke keer sluip sy op na die Kraaines toe om die sonsopkoms te bewonder, en dan raak sy liries oor die Rooi Dag gemors wat jy in haar kop gepraat het.

    Sy sal julle nie weer pla nie, ek belowe. Magnus trek sy trui styf om sy nek toe 'n ander wag die swaar deur oopstoot en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1