Huisgenoot

Zeus – god van verrassings

LANIE trek haar viooltjieblou oë op skrefies teen die helder sonlig wat haar hotelkamer instroom. Toe sy onthou waar sy haar bevind, gee sy ’n breë glimlag en strek haarself luilekker uit. Sy staan op en stap venster toe om die blou hortjies oop te gooi en tree dan uit op die balkon. Voor haar lê die wye, blinkblou oseaan, wit gekalkte huise met blou koepeldakke en hier en daar ’n spatseltjie kleur waar ’n bloedrooi malvaplant in ’n vensterbank knipoog.

Selfs ná ’n week in Griekeland voel alles nog by tye so onwerklik. Byna asof sy in ’n poskaart ingestap het en alles rondom haar meteens lewend geword het. Elke eiland het sy eie atmosfeer en sjarme en in elke stegie met sy leisteenplaveisel wag nog ’n avontuur.

Onwillekeurig kyk Lanie af na haar hande wat op die balkonreling rus. Die bleekwit strepie aan die leë ringvinger van haar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related