Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Juweel van die Oosgrens
Juweel van die Oosgrens
Juweel van die Oosgrens
Ebook218 pages3 hours

Juweel van die Oosgrens

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Afrikaans was in sy groeifase toe Celeste en Barend ontmoet het.

Die mengsel van Frans, Nederlands, Engels, Afrikaans, Xhosa en Khoi het ʼn groot rol gespeel in die skepping van die taal wat ons vandag ken.

Die storie speel af in die somer van 1815. Die pas afgelope grensoorlog het vir baie spanning gesorg. As gevolg van die afstand was dié mense baie afgeskeep. Geleerdheid, gesondheidsdienste en wetlike dienste was van die tekortkominge wat hulle moes oorbrug. Terwyl manlief die grense beskerm het, het die vrouens die gapings ingevul net om liggaam en siel aanmekaar te hou. Daar is bitter min inligting beskikbaar van vrouens se worstelinge in hierdie tyd. Hulle gedagtes en drome is nêrens vir ons geslag vasgevang nie.

Wou hulle ook net wegbreek uit die normale siening van die samelewing en net leef? Wou hulle graag verder leer? Dit is maar net een van die talle vrae.

Celeste Reyneke, ʼn gebore Suid-Afrikaner met Franse ouers, het grootgeword in die Kaap van Storms met ʼn oop gemoed en lus vir die lewe. Sy kon lees en skryf en het ʼn ‘beroep’ gehad. Vir haar het dit natuurlik gekom om die tyd en reëls te verander soos wat die geleentheid hom voorgedoen het.

Sy het ook haar probleme gehad. As jong meisie in die ouderom van 18 stap sy in ʼn gerieflikheidshuwelik in. Dié is allesbehalwe ʼn gelukkige huwelik en eindig traumaties. Met die moord van haar man eindig sy op by Fleur Le Pont in die Oosgrens.

Celeste se unieke talente kom dadelik op die voorgrond en gou besef mense sy is ʼn aanwins vir die gemeenskap. Maar sy het ook die koppe laat draai. Met die tekort aan vroue en haar skoonheid trek sy onmiddellik aandag.

Een so ʼn kop is Barend Olivier. Tien jaar ouer as sy, troon die blonde reus bo haar uit. Hy is op soek na ʼn spesifieke vrou wat hom sal aanvul en sal aanpas by sy lewe. Gou besef Barend dat Celeste Reyneke die vrou vir hom is. Dit is vasgesement tydens ʼn twee weke lange patrollie. Deur die lief en leed van die area ontdek die twee meer as net kameradie. Maar die pad is lank, warm en rof en ʼn man kan net so lank van ʼn aantreklike vrou af bly voor die fisiese begeertes oorneem.

Sal hulle betyds ʼn prediker of landdros kan vind? Sal die onderstrominge hulle nader bring of weg dryf van mekaar? Sal Celeste hom toelaat om haar lief te hê?

Ek nooi jou om saam met my op hierdie reis te gaan en nie net die spanning van hierdie tydperk te ervaar nie, maar ook die romanse te vind in die grasvlaktes van ons mooi land.

LanguageAfrikaans
PublisherLynelle Clark
Release dateNov 14, 2020
ISBN9780620902809
Juweel van die Oosgrens
Author

Lynelle Clark

The desire to write was a silent wish I rarely talked about, keeping personal journals year after year. In my late forties, I found myself overwhelmed by life's experiences.This became a trigger that launched me into a new season. I have discovered much about myself and explore the many facets of writing, finding my peace within the walls of paper.I am a self-published multi-genre author and write short stories in my native tongue regularly. I collaborate with co-authors in different projects and find the connection fulfilling and of great value.In my free time, I judge stories, do some beta reading, create new products and YouTube videos, and love to read and leave reviews.Visit my website and subscribe to my quarterly newsletter.

Read more from Lynelle Clark

Related to Juweel van die Oosgrens

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Juweel van die Oosgrens

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Juweel van die Oosgrens - Lynelle Clark

    Celeste, jy is uiteindelik hier! roep Fleur opgewonde uit, haar Franse aksent nog net so duidelik. Haar niggie se opgewondenheid is ʼn lafenis vir die somberheid wat vir lank Celeste se metgesel was. Selfs die stof doen ʼn rieldans om haar voete om by te hou met haar vrolikheid.

    Afstand en omstandighede is die grootste redes vir die 10-jaar lange skeiding, maar die oomblik toe Celeste uitreik na haar enigste oorblywende familielid in die Graham’s Town omgewing, was die antwoord ʼn joviale ja.

    Die laatmiddagson se hitte het so bietjie getaan na nog ʼn dag van hittige intensiteit. Die eensaamheid het verder bygedra en daar was tye wat Celeste verlore gevoel het. Indien dit nie was vir die bystand van die twee mans nie, sou sy heel moontlik ʼn einde aan als gemaak het.

    Die tog vanuit Addo Drift tot in die Zuurveld was vermoeiend en gespanne. Sy was moeg, vuil en lus vir ʼn sagte bed. Die onrustigheid in die area het ook sy tol geëis. Deur die onherbergsame wildernis moes hulle permanent op die uitkyk wees vir die berugte Xhosa magte en wild. As wit vrou was sy heeltemal afhanklik van die beskerming van die drywer en voorloper. Alhoewel sy hulle vertrou het, was slaap min.

    Waar dit moontlik was, het sy geloop om die eentonigheid te breek en soms perdgery wanneer sy verkenning moes doen. Hulle was altyd op hul hoede vir enige vyandigheid wat mens en dier ingehou het.

    Die Oosgrens se skilderagtige natuurskoon het skuiling gebied aan verskeie roofdiere waarvan die tweevoetige soort die wreedste is. Hulle kon net nie hul waaksaamheid verslap nie en was slaap ʼn luukse. Haar lyf was nie meer die lang togte gewoond nie en sy het dit deeglik gevoel.

    Bo-op die kop het sy die plaashuis beskou met hernude krag. Die plaas het soos ʼn oase hulle nadergewink en die laaste paar myl is haastig afgelê. Selfs die osse was haastig om die groenigheid en koelte te bereik.

    Toe hulle die werf inkom, lei die drywer die osse behendig onder die koelte van die bome in. Dit al klaar is ʼn hemelse gevoel. Die osse se vrolike gebulk en gemaal vul die lug en hulle skop behoorlik stof op wat neerdaal in ʼn swierige warrelwind voor dit tot ruste kom op mens en dier.

    Bly om uiteindelik ʼn bekende gesig te sien, bondel Celeste haar romp om haar enkels en spring af, haar gehawende velskoene duidelik sigbaar.

    Welkom op Môregloed, liewe nig. Met stram bene kom Celeste op die grond te lande en probeer haar moeë spiere strek. Kans vir strek is egter min soos wat sy in ʼn liefderike druk vasgepen word. Die reuk van varsgebakte brood wat aan Fleur hang laat haar onmiddellik ontspan. Met ʼn klapsoen word sy nader getrek en Celeste lag verleë.

    Dankie Fleur, hoe gaan dit met julle?

    Goed, goed. Kom in, jy moet uitgeput wees. Die koffie is hoeka al gereed. En saam swaai hulle in die rigting van die huis.

    Die vreugde om weer familie te sien maak al die heimweë wakker … heimweë na haar ouers, die dinge wat was voor haar lewe dramaties verander het. Die eensaamheid rol van haar af ten spyte van haar lyf se seer. Dit is ʼn goeie seer wat haar opnuut laat besef dat sy lewe - ʼn dankbaarheid wat haar gemoed lig, ʼn gevoel wat vir baie lank weggesluit was.

    Op die drie-dae reis het sy baie tyd tot nadenke gehad. Daar was tye wat haar swartgalligheid haar wou aftrek tot in die donker dieptes in. Dan was daar tye waar selfs die hitte nie haar gevoel van afwagting kon demp nie. Die natuur se helende aanraking het wondere vir haar gedoen. Dit was net God se genade wat haar kon bring tot hier.

    Ek is bly om hier te wees. Dit was ʼn lang reis, maar die moeite werd. Dit het my kans gegee om die land se skoonheid te geniet, benadruk sy haar gedagtes.

    C'est vrai, ons het ʼn mooi land, stem Fleur saam. Ek self was lanklaas weg van die huis af, maar net om hier rond te stap gee my opnuut waardering vir die pragtige natuurskoon om my. Ons is werklik geseënd hier.

    Met die stap na die voordeur bekyk Celeste die werf met verwondering. Die naam van die plaas is beslis ʼn toepaslike keuse. Hier sal sy weer heel kan word.

    In die agt jaar wat Fleur en haar man hier woon, het hulle wonders verrig. Vanuit die gereelde briewe wat sy ontvang het, weet Celeste dat hulle feitlik met niks begin het nie en met baie harde werk het hulle die plek in ʼn lushof verander. Die area se vrugbaarheid het bygedra tot hul sukses en die opbrengste is beslis goed.

    Met haar eerste blik op die Hollandse gewelhuis het haar asem amper weggeslaan. Jaloesie wou sy groenkloue kom inslaan, maar sy het die gevoel vinnig onderdruk toe haar nig haar weereens omhels het. Sy gun dit vir Fleur.

    Reeds met die intrek by die werf het Celeste die huis gadegeslaan. Alhoewel klein, soos die meeste huise in die area, skep dit ʼn lafenis vir die vermoeiende siel. Die witgekalkte huis met sy groen houtluike en stoep is afgerond met ʼn pienk bougainvillea wat in volle blom is. Dit lok jou vriendelik nader na die koele rustigheid. Riempiesbanke met klein sytafeltjies staan gereed vir die besoekers. Terselfdertyd kan die lieflike tuin geniet word. Roosbome in volle blom vul die netjiese beddings met kleure van pienk en wit wat die stoep omring in baldadigheid. Kleinerige bome, duidelik nog nie uitgegroei nie, omraam die tuin. Die plaas is in ʼn goeie toestand en selfs die buitegeboue komplimenteer die hoofhuis. Dit is so anders as waaraan sy gewoond was.

    Kinderstemme vanaf die kraal verbreek die stilte en onmiddellik verbly dit Celeste se hart. Die kinders was een van die redes waarom sy die aanbod aanvaar het. Sy sien baie daarna uit om die twee seuns waarvan Fleur so baie in haar briewe van gepraat het, te ontmoet. Kort na haar en Aldert se huwelik is hulle vort en sedertdien het die familie uitgebrei. Met nog een op pad is hulle duidelik ook nog nie klaar nie. Weer wil die jaloesie-duiwel haar vreugde kom steel, maar sy onderdruk die gevoel blitsvinnig. Hoe dan anders, dink sy, Fleur gloei van geluk en vreugde. Haar helder blou oë verklap dit. Die blonde krulle word getem deur ʼn lae bolla, maar dit verhinder nie die ongetemde krulle om speels rond te fladder soos sy beweeg en opgewonde gesels nie. Fleur was nog altyd ʼn pragtige vrou. Sy onthou hoe die jong mans in rye gestaan het vir haar hand, maar uiteindelik het ʼn jong boer haar hart vermurwe. Die huwelikslewe pas haar beslis goed.

    Dit is so lank gelede dat ek jou gesien het, sê Celeste met ʼn sagte stem om haar gedagtes terug te bring na die hede.

    Hoe gaan dit met Aldert en die seuns?

    Dit gaan goed met hulle. Aldert is op patrollie en sal eers oor twee dae weer terug wees.

    Celeste kan sweer sy sien verlange sowel as vrees in die blou dieptes. Alhoewel hierdie land enige avontuurlike persoon se droom is, word hulle voortdurend gekonfronteer met vegtende stamme. Die Xhosa-oorlog van drie jaar gelede is nog duidelik in almal se geheue vasgevang. Met die nuwe militêre basis in Addo behoort daar ʼn bietjie meer hulp te wees. Hóé doeltreffend dit is, sal hulle nog moet sien. Darius het niks van dié nuwe verwikkelinge gehou nie. Inteendeel, hy was baie gekant daarteen. Met ʼn ophaal van die skouers onderdruk sy haar gedagtes.

    Baie van die Khoi- en Xhosamense wat saam met die boere werk is vreedsaam, maar soos dit gaan met diversiteite, nooi die toestroming van mense ʼn paar moeilikheidmakers saam wat die boere en die goedgunstige stamme wil uitroei. Diefstal is aan die orde van die dag en die grense moet deurlopend gepatrolleer word. Dit neem die boere weg van hul huise vir weke op ʼn slag, wat die vroue weerloos laat. Alhoewel die plase ver van mekaar is, is die gemeenskap nou saamgebind en werk hulle saam om ʼn beter wêreld vir die toekomstige geslagte te bou.

    Ek gaan gou vir Jacob roep om na jou mense om te sien. Het julle enige probleme op die pad gehad?

    Nee, gelukkig nie. Abe het mooi gekyk en Isaac was baie betroubaar.

    Die twee niggies stap die koelte van die huis binne en Celeste kyk waarderend om haar rond. Die houtvloer is blink gepoets. Sy kyk na haar stowwerige voete wat sy by die deur probeer afskud, sonder goeie sukses. Sy voel dadelik ongemaklik.

    Kan ek net eers opwas, s’il vous plait. Stof kleef aan elke deel van haar lyf, maar net om hande te was sal al klaar ʼn groot verligting wees. Stilweg haal sy die stowwerige kappie af. Haar donker hare voel klewerig en taai teen haar nek. Om dit te kan los maak sal ʼn verligting wees, dink sy stilweg.

    "Où sont mes voies? Fleur slaan haar hande saam: Natuurlik, waar is my maniere. Kom ek gaan wys jou, roep sy laggend uit. Vergewe my my ongasvryheid. Ek het so uitgesien om jou weer te sien. Die tien jaar was hopeloos te lank."

    Celeste lag verlig. Fleur is presies soos wat sy haar onthou. Sy is vol lewe en geluk wat oorborrel en als verander om haar. In haar teenwoordigheid kan jy nie depressief bly nie. Dit is net nie moontlik nie. Sy het haar werklik baie gemis.

    "C'est bien. Ek gaan jou wys waar jy jou goedjies kan uitpak, dan bring ek vir jou ʼn beker koffie en berei vir jou ʼn bad voor. Ek is seker jy wil die stof van die lang pad afwas, droit, en dan kan ons gaan aansit vir ʼn heerlike maaltyd." Haar rok fladder om haar soos sy gesels en Celeste sug verlig.

    "Mon Cœur, dit klink baie goed. Met haar hand teen haar bors is haar dankbaarheid sigbaar. Dankie dat ek hier kan kom bly. Dit beteken die wêreld vir my."

    "Jy is altyd welkom, Cœur. Ek het Pappa belowe dat ek na jou sal kyk. Dit is vir my net so ʼn voorreg. Om die waarheid te sê, en skielik praat sy agter haar hand asof iemand haar afluister, haar oë glinsterend, dit is meer uit selfsugtigheid dat ek jou hier het. Vroue in hierdie area is ʼn skaarste. Baie is nog bang om te kom weens die aanhoudende aanvalle van die inboorlinge. En weer vat sy Celeste om die lyf. Ek mis vrouegeselskap en die kleingoed sien vreeslik uit na jou kuier. So sien, ons is albei daar om mekaar te help."

    Hulle stap die songevulde sitkamer binne en die geelhoutvloer skitter in die laatmiddag son. Celeste weet sommer, naas die stoep, gaan dit haar gunsteling vertrek wees. Groot stewige houtmeubels vul die vertrek met die geur van politoer en houtolie, treffend van die huisvrou se sorgsaamheid. Geborduurde kussings en geblomde gordyne versag die hout en gee dit ʼn egte vroulike afwerking. Dit lyk uitnodigend en gesellig. ʼn Bos rose in ʼn kristal-vaas rond die prentjie af.

    Ingenome volg sy Fleur deur die huis. Die skemer gang lei hulle verby twee deure. By die derde deur maak Fleur dit oop en Celeste volg haar. Binne is die geelhoutvloere blink gevryf en die reuk van politoer oorweldig haar. Dadelik stap Fleur na die venster en maak dit groot oop. Die politoer vermeng met die lug en ʼn skoon sitrusgeur verfris haar sintuie. ʼn Groot bed neem ʼn groot gedeelte van die kamer in beslag, met klein handgemaakte tafeltjies aan beide kante. Op elk is ʼn pragtige lamp reg vir gebruik en vars linne rond die prentjie af. ʼn Lang spieël langs die venster weerkaats ʼn moeë vrou in haar twintigs terug. Die swart rok hang soos ʼn sak aan haar benerige lyf. Die beeld lyk verwaarloos, stowwerig en gekreukel met hare wat smeek vir aandag. Vinnig draai sy weg na die oop venster. Die pragtige uitsig op die grysblou berge in die verte is ʼn koel lafenis vir ʼn moeë siel.

    Hoe wonderlik is dit om in ʼn huis welkom te voel, dink sy moeg. Die afgelope twee jaar het sy ʼn bitter eensame vrou geword. Die vrou in die spieël is ʼn skokkende teenstelling van die nuwe omgewing. Wanneer het ek so oud geword?

    Fleur, dit is ʼn lieflike kamer, uiter sy in verwondering. Net om asem te haal laat haar vry voel.

    Dit was glad nie moeite nie. Dit het my ʼn verskoning gegee om iets met die kamer te doen toe jy instem om te kom. Kom ek wys jou die res van die huis, dan kan jy jouself gemaklik maak.

    Die kamer oorkant hare behoort aan die kinders. Dit is tipies van twee seuns wat daarin woon. ʼn Kettie hang oor die deurknop; ʼn paar insekte in bottels staan op ʼn houtlaaikas en spierwit dolosse lê in ʼn mandjie. Op die geweefde matjie lê ʼn paar tekeninge, kinderhandjies duidelik sigbaar op die lei. Miniatuur bruin baadjies hang aan die hoek teen die muur en klein velskoene staan netjies teen die muur. Bont gehekelde komberse lê oor die voetenend van elke bed. Net soos die res van die huis spreek die vertrek van liefde. In die gang af hoor hulle ʼn geskarrel en stemme en Fleur draai terstond om.

    Die seuns is al klaar in die kombuis, reg om te eet, Cœur. Ek gaan hulle gou versorg voordat hulle weer moet uit vir melktyd. Fleur se stem verander na dié van ʼn trotse moeder. Sonder hulle sou die alleenheid baie dae ondraaglik gewees het, fluister sy sag. Hulle neem al die pligte op hulle, veral as Aldert op patrollie is. Hulle glo hulle is die manne in die huis wanneer hy weg is. Hulle is ons trots en vreugde.

    Celeste volg Fleur die gang af. En die kleintjie wat jy dra, hoe ver is jy?

    Fleur streel oor haar maag en antwoord met teerheid in haar stem. Een van die dae. Ek hoop dit is ʼn dogtertjie.

    ʼn Erge verlange kruip deur Celeste se gemoed. Om kinders van haar eie te kan hê, ʼn huis te skep en hulle alles te leer wat sy weet, is haar grootste begeerte. Hartseer vul haar gedagtes en sy wonder vir die soveelste keer watter man ooit weer na haar sal kyk. Darius het haar van haar vrouwees ontneem en koud en bitter agtergelaat. Die vernedering het haar leeg gelaat. Hy het alle hoop op ʼn mooi huwelikslewe in haar vernietig.

    Eendag sal jy weer gelukkig wees, Cœur. Ek weet nie wat daardie man aan jou gedoen het nie, maar weet net dat nie alle mans so is nie. Jy sal miskien vroeër geluk vind as wat jy dink.

    Ek dink nie ek sal ooit weer trou nie. Die bitterheid is duidelik hoorbaar in Celeste se stem. Hy het my verneder en mishandel. Wat kan ek vir iemand gee?

    "Jouself. Jy het soveel om aan enige man te bied, Chéri."

    Fleur se sagtheid dring haar gemoed binne. Haar opregtheid is ʼn salwing, maar vir nou is sy net nie reg om dit te glo nie. Hulle haak bymekaar in en stap terug na haar kamer.

    In die hoek staan haar karige besittings. Die kontras is so opmerklik dat Celeste ʼn traan wegpink. Sy het niks van Darius saamgebring nie. Sy wil niks hê wat haar aan hom of die mislukte huwelik herinner nie. Al wat sy het is dit wat sy van haar ouers ontvang het. ʼn Skommelstoel wat sy voor die venster wil plaas, haar pa se dokterstas, haar ma se naaldwerkstel en ʼn paar lakens. Net een trommel het klere en snuisterye in. Sy weet sommer dat dit verlore sal lyk in

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1