Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Fluistering in die Wind
Fluistering in die Wind
Fluistering in die Wind
Ebook347 pages5 hours

Fluistering in die Wind

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Boekbeskrywing:

Stap in die bose wêreld van mensehandel, waar korrupte amptenare, werkloosheid, armoede,gierigheid en mag 'n rol speel.

'n Gesin word deur ontvoering uitmekaar geskeur.

'n Kind wat in die middel van die nag gesteel word, 'n ma wat in slawerny ontvoer en verkoop is, en die wêreld van sekshandel.

Die soektog na die kind en vrou verskuif van die oewer van die magtige Zambezi tot diep in die Afrika-bos, na die onderwêreld van Johannesburg, Suid-Afrika.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateMar 1, 2020
ISBN9781071532676
Fluistering in die Wind

Read more from Paul Zunckel

Related to Fluistering in die Wind

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Fluistering in die Wind

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Fluistering in die Wind - Paul Zunckel

    Fluistering in die Wind

    Paul Zunckel

    ––––––––

    VertaaldeurLiezl Dreyer 

    Fluistering in die Wind

    Geskryfdeur Paul Zunckel

    Kopiereg © 2020 Paul Zunckel

    Alleregtevoorbehou

    VerspreideurBabelcube, Inc.

    www.babelcube.com

    VertaaldeurLiezl Dreyer

    Buitebladontwerp© 2020 Eeva Lancaster

    Babelcube Books en Babelcube is handelsmerke van Babelcube Inc.

    FLUISTERING

    IN DIE

    WIND

    ––––––––

    Deur

    Paul Zunckel

    ––––––––

    Alle regte word voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies nie, insluitend fotokopiëring, opnames of deur enige inligtingstoor en -herwinningstelsel sonder vooraf skriftelike toestemming van die kopiereghouer en outeur, behalwe vir die insluiting van 'n kort aanhaling in 'n resensie.

    Alle karakters in hierdie boek is fiktief. Name, karakters, plekke en voorvalle is óf die produk van die verbeelding van die skrywer óf word fiktief gebruik, en enige ooreenkoms met plekke, gebeure of persone wat lewend of dood is, is toevallig.

    Inleiding

    Die jaar is 2005

    Die maan sit hoog in die donker naghemel terwyl die roeiers stil in die donker waters van die Kafue-rivier roei; 'n mis kom op van die kant van die rivieroewer en verberg die drie mans terwyl hulle diekanoovorentoe stoot deur die water na hul bestemming, en die voltooiing van hulle soektog. 

    Stil bring hulle die kanootot langs die kant van die oewer, maak dit vas, en gly soos spoke die donker bos in,oppad na hulle uiteindelike doel.

    Die safarikamp word omring deur 'n boma, en die hoof vuur flikker in die speelse briesie terwyl dit vonke in die naglug gooi. Alles is stil en bewegingloos terwyl die inwoners van die kamp slaap en droom oor watter avonture die opkomende son sal bring.

    Die skaduwees van die drie geeste gly in die kamp in en gaan na 'n tent in die middel, want daar lê hullefonds. Soos een beweeg hulle na binne en verskyn met 'n wit bondel wat oor die skouers van een van hulle gedrapeer is.

    Hulle verlaat die kamp net so stil soos hulle gekom het, en as dit nie vir die ontvoerde meisie was nie, sou niemand ooit geweet het dat hulle daar was nie.

    Die flikkerende vlamme van die fakkels aan die kant van die rotswande van die groot grot gooi groteske skaduwees oor die oop ruimte. Die lug is dik van die rook van twee brandende fakels aan weerskante van 'n hoë altaar, 'n lae gemurmel en die geluid van skuifelende voete vul die areatoe 'n figuur wat 'n swartrug-jakkals aan 'n tou die vertrek binne lei, gevolg deur 'n optog van wit geklede figure. Hulle koppe is gebuig terwyl hulle in die heilige tempel ingaan, en na die altaar beweeg met hulle oë vasgenaal op die offer wat met ‘n tou bo-op die gladde oppervlak vasgemaak is, gevlek met die bloed van ander wat voor haar daar was.

    Die jagters het opgedaag, en die uitverkorene word deur haar slavinne gereed gemaak om na vore te kom om haar regmatige plek in te neem as die leier van die Sekte van die Jakkals.

    1

    Hoofstuk 1

    Die jaar, 2015.

    Veels geluk liewe maatjie, veels geluk liewe Debi, omdat jy verjaar.

    ‘’Sjoe, jy is al tien jaar oud, jong dame, en so mooi soos 'n prentjie.’’

    ‘’Dankie oom Piet,’’ glimlag Debi skaam vir Piet.

    ‘’Ag nee man, los die oom, ek is nie so oud nie.’’

    ‘’Haai Piet, wil jy nog 'n bier hê?’’

    ‘’Jadankie David, 'n koue een sal goed afgaan.’’

    Die partytjie is in volle gang, die braaivleisvuur flikker gesellig, en 'n baie gelukkige en tevrede gevoel vul die huis op die kleinhoewe. Dit is reeds drie jaar sedert David en Adele Debi aangeneem het ná die tragiese verlies van haar ouers se dood in 'n vliegongeluk. Al drie van hulle het saamgesmelt as 'n volledige gesin, met albei ouers wat beurte maak om  Debi te tuisskool, en amal het hulself heelhartig in die hoenderplaas gewerp,wat nou ontwikkel het tot 'n vooruitstrewende onderneming en almal uit die moeilikheid hou.

    ‘’Peggy, wanneer vertrek jy en Piet saam met Veronica na julle baie lank verwagte vakansie in Suid-Afrika?’’

    ‘’Ons vertrek môreaand van Lusaka Internationaal, Adele, en ek moet sê, ek is so bly dat Le Vee by Piet se besigheid ingekoop het, want hy kan nou weg gaan en alles in die hande van die Fransman los.’’

    ‘’Ek moet sê, net tussen ons twee, Le Vee is nogal aantreklik.’’

    Hmmm, ek is geneig om saam met joute stem, maar moenie dat Piet ooit daarvan weet nie, want hy sien homself nog steeds as die bulonder die safari-dames, en ek sal nie daarvan hou om sy borrel te bars nie.

    Die gelag van die twee vroue is aansteeklik en baie gou lag al vyf, die klank van geluk dra ver oor die bos na die wagtende Land Rover, waar 'n sluwe Afrika-polisieman na die handstuk van sy radio reik, 'n ander frekwensie insleutel, en die volgende boodskap deur stuur.

    2

    ‘'Sê vir die Jakkals dat ons die regte voorbeeld gevind het, sy is nou net tien, blond met blou oë en maklik om te kry. Sy woon by die Swart's op die kleinhoewe naby die oewer van die Kafue; dit sal maklik wees om haar te vat. "

    Die klank van die Land Rover wat aangesluit word bereik die kleinhoewe, en Piet kyk net betyds op om 'n blik te kry op die blou lig op die dak wat in 'n stofwolk verdwyn, terwyl die voertuig  sy pad terugvind  op die grondpad na die klein dorpie Kafue.

    ‘’Ag, dit lyk of ons plaaslike polisie 'n oog op julle hou, Adele, ek het nou net een van hulle patrollievoertuie in 'n stofwolk sien wegtrek.’’

    ‘’Wel, Piet, ek is nie verbaas na al die gebeure wat 'n paar jaar gelede hier plaasgevind het nie. Hoe dit ook al sy, dit laat my baie veiliger voel as ek weet dat hulle daar is. "

    ‘’Reg, Peggy maak klaar skat, ons het 'n lang reis voor ons, en ek moet nog ‘n paar dinge uitklaar met Le Vee voordat ons vlieg. David, indien jy iets nodig het terwyl ons weg is, kry die Fransman in die hande en as hy nie kan help nie, dan my maatjie, kan jy die bekommernis in my oog sien? ‘’

    ‘’Moenie bekommer wees nie Piet, ons gaan doodreg wees. Ek het jou selnommer, maar sal jou vakansie slegs onderbreek as ek regtig moet. ‘’

    ‘’Debi, kom groet vir Piet en Peggy, hulle gaan nou ry.’’

    Die verjaarsdagmeisie kom by die vertrek in, almal glimlag, soene word aan almal uitgedeel, en die jong gesin kom op die voorstoep bymekaar. Hulle kyk die vertrekkende voertuig agterna terwyl dit sy pad na die grondpad vind, met die ondergaande son wat die stof rooi kleur en die geskreeu van die jakkalse wat oor die veld weerklink.

    ––––––––

    3

    Die jaar, 2008.

    Die sagte geluid van die tromme weerklink in die grot en rol oor die bymekaarkomplek, terwyl hulle wag op die koms van die binnekort nuwe Hoëpriesteres. Sy sal gesalf word deur die bloed van haar voorganger terwyl sy sterf op die rotsblad, die offermes wat in haar liggaam begrawe is, terwyl haar lewensbloed die rots onder haar vlek.

    Die vrou wat aan die altaar vasgemaak is, is in 1995 uit haar familiehuis ontvoer en dien al agt van die tien jaar wat sy vermis is, as Hoëpriesteres van die Jakkals. Nou is haar tyd verby, haar plek moet deur 'n ander ingeneem word, en die ander een sal die offermes vashou wat haar lewe sal beëindig, maar tog strysy nie teen haar lot nie, want sy het die weg van die Jakkals aanvaar. Sy verstaan dat die vrylating uit hierdie lewe net tydelik is, want sy sal terugkeer in die liggaam van 'n ander om weer Die Sekte van die Jakkals te regeer.

    Die tempo van die tromme neem toe en die byeenkoms begin saggies te blaas, en swaai van kant tot kant. Die gemurmel word harder, die tromme slaan harder en eggo teen die rotsmure terwyl die groep mense hulself besig hou met 'n waansinnige, staan en skuifel dans. Die stof van die rotsvloer styg in 'n wolk op toe daar skielik 'n enkele opdrag uitgeroep word en die tromme word stil. Die byeenkoms val neer in 'n posisie van aanbidding, koppe wat aan die grond raak, niemand waag om na die nuwe Hoëpriesteres te kyk totdat sy die dolk oplig en deur die dood van die ander gesalf is nie.

    Die offer lê op die altaar, haar lang, blonde hare wat agter haar uitsprei, bereik byna die vloer. Haar blou oë staar na die rotsplafon bokant haar; sy berushaar in haar lot. Dit is die oomblik waarop sy voorbereid is, vandat sy die offermes hoog bo haar dertienjarige kop gelig het en dit met dodelike akkuraatheid diep binne in die borskas van die vrou wat voor haar gelê het, begrawe hetop dieselfde manier as wat sy nou lê.

    'n Geluid na regs, skuifelende  voete op die gladde rots, en  ‘n stadige optog wat bestaan uit vier ouer wit vroue, beweeg na die binnekant van die grot, met 'n dertienjarige blonde kind in die middel, wat deur twee van hulle ondersteun word. Hulle is almal geklee in seremoniële gewaad, almal in wit met die kop van 'n jakkals aan die voorkant.

    Hulle vorder tot by die altaar toe die groep mense weer sag begin murmel, en van kant tot kant wieg, met hulle oë neergeslaan terwyl hulle in ‘n knielende posisie bly. Die jong meisie se oë is omgedop, die gevolg van 'n dwelmmiddel wat vroeër aan haar toegedien is. Haar bewegings is rukkerig, maar haar greep op die Offerdolk is ferm en sterk.

    ––––––––

    4

    Kyk, o getroue Allah, ons bring 'n ander een om die vlam van die Jakkalse te dra, kyk, ons is getrou, die offer gaan gewillig, kyk, o getroue, jou nuwe hoëpriesteres sal soos die Kobra slaan en haar regmatige plek in die Sekte van die Jakkals inneem.

    Die gemurmel stop, en stadig, soos een, lig die byeenkoms hulle geboë koppe van die klipvloer van die grot af om na die jong meisie te kyk terwyl sy die mes hoog oplig, die vlamme van die brandende fakkels weerkaats teen die antieke lem. Dit wys afwaarts, met al haar dertienjarige krag daaragter, druk sy die mes diep in, en die lewensbloed van haar voorganger vloei.

    Die vrou op die altaar boog haar rug terwyl die mes diep in haar liggaam insny, 'n sug ontsnap uit haar lippe, en skielik kom die helder wete terug in haar oë, maar te laat onthou sy wie sy was, en sy sterf op die altaar met die naam van haar vader op haar lippe.

    Kyk, o getroue, u nuwe Hoëpriesteres het haar regmatige plek opgeëis.

    Die jong meisie sak stadig inmekaar as gevolg van die dwelm, en die dolk val uit die willose vingers op die vloer. Die vier vroue omring haar, beskerm haar teen die aangesig van die mense, tel haar versigtig tussen hulle op en verlaat die grot. Die liggaam van die jong vrou wat eens die Hoëpriesteres was, bly vir almal oor om te sien, haar bloed vloei stadig onder haar lyf in, verkleur haar wit kleed in rooi.

    ––––––––

    Die klanke van huilende jakkalse het die grot gevul terwyl die mense daar bymekaargekom het om die heengaan van hulle meesteres te vier, hulle geliefde leierte aanbid, en die salwing in die bloed van hulle nuwe een te eer, tien jaar is verby en 'n nuwe hoofstuk in hulle lewens het begin. Die Jakkalsgod glimlag af na sy mense terwyl hulle voor sy beeld raas, terwyl die flikkerende vlamme van die brandende fakkels sy dooie gesig lewendig maak in die dansende skaduwees.

    ***

    5

    Die ontvoering van die destydse tienjarige Sandra uit die safarikamp in 2005 is nooit deur die polisie opgelos nie. Haar verdwyning bly 'n raaisel tot vandag toe, saam met verskeie ander ontvoerings van ‘n tienjarige Europese meisies wat so ver teruggaan as die vroeë 1920's, wat net in die Afrika-nag verdwyn het, om nooit weer gesien te word nie.

    Die polisie se ondersoek na die verdwynings het nooit iets opgelewer nie, en daar is aanvaar dat die kinders deur 'n wilde dier uit hulle beddens geneem is, en daar is nooit oorblyfsels gevind nie, en daar was nooit 'n teken van 'n geveg nie, asof hulle vrywillig weg is. Erger nog, hulle was miskien geteiken deur die bendes wat handel dryf met vroue en kinders en verkoop isin slawerny of prostitusie.

    Hulle liggame sal in der waarheid nooit gevind word nie, want die tradisie van die Sekte van die Jakkals is om die oorblyfsels van die een wat eens die Hoëpriesteres was, te voer vir die diere wat hulle aanbid het, die grootste bene wat oorgebly het, word tot poeier gestamp en verkoop vir toordery.

    6

    Hoofstuk 2

    Die jaar, 2015.

    Die Land Rover kom tot stilstand, net buite die hek van die boma (bosheining) se ingang na Piet's Photographic Safari's. Sedert die Fransman Jacques Le Vee by Piet as 'n vennoot aangesluit het, lok die besigheid al hoe meer kliënte, danksy die bemarkingsvaardighede van Peggy en Le Vee.

    Die fris Suid-Afrikaner tuimel uit die kajuit van die Land Rover, hardloop nog voor sy voete die grond tref en skreeukliphard.

    LE VEE, my moer, waar de bliksem is jy, LE VEE, WAAR IS JY MAN?

    Die tent klap lig op, en die Fransman verskyn, geklee in net 'n helderrooi slaap broek.

    ‘'Ah, monsieur Piet, jy is terug van jou partytjie af, hoe gaan dit met die klein verjaarsdagmeisie?’’

    Nee fok Le Vee, trek eers klere aan, netnou skrik jy al die wild weg.

    ‘’Ah, maar Monsieur Piet, ek is besig om te werk.’’

    ‘’Werk, watse soort werk doen jy in daai bliksemse rooi broekie?’’

    "Ek vermaak een van die dameskliënte Monsieur Piet, ek neem my skakelwerk baie ernstig op. Die kliënt sê dat sy 'n Groot Wildjagter wil sien, soooo ek wys haar hoe 'n Groot Wildjagter lyk, en sy is baie opgewonde, né? ‘’

    Ag nee fok Le Vee, trek bietjie klere aan, ek en jy, ons moet nou praat, maak gou man, ek het ‘n fokken vliegtuig om te haal.

    Die tent klap lig weer op en die pragtige Belgiese model, wat al lawwe goed in Piet se ore prober fluister het, glip by Le Vee verby, geklee in niks meer as net 'n skrapse bikini en stap na die verleë Suid-Afrikaner.

    ‘’Jy wen 'n paar, jy verloor 'n bietjie groot seun, en jy was te stadig met die aanbod. Maar dit maak nie saak nie, ek gee nie om, om te deel nie, so dink net daaraan, jy sê tog, ‘dubbel die pret’, so bewys dit. "

    7

    Piet gryp sy boshoed van sy kop af en byt hard in die materiaal in om te verhoed dat hy iets vir die heupswaaiende vrou sê terwyl sy wegstap na haar tent toe.

    Monsieur Piet, moenie bekommerd wees nie, ek kan jou verseker dat alles in goeie hande sal wees terwyl jy weg is, en ek belowe jou ek sal daarby hou.

    ‘’Ja Le Vee, ek kan dit sien, bliksem, ek is nog nie eers weg nie en jy hou reeds jou dekselse kant regop, jy kan dit weg sit ook.’’

    ‘’Ontspan monsieur Piet, ek weet watter kant om op te hou, en ek sal jou nie in die steek laat nie. Die besigheid sal nie skade ly terwyl jy weg is nie, en ek kan jou verseker dat ek die kliënte gelukkig sal hou en hulle 'n goeie tyd wys."

    ‘’Dit is wat my bekommer Le Vee, die kant wat jy op hou, maar ja, ek moet gaan, so ek los alles agter vir jou, hoe moet ek dit nou stel ... in jou warm handjies. Ek het vir David gesê as hulle iets nodig het moet hy jou bel, en asseblief Le Vee, dink aan 'n nuwe naam vir die safari, hierdie verdekselse Dubbel die Pret gee die dames die verkeerde idee."

    ‘’Maar monsieur Piet, dit is die hele punt van die naam, baie meer pret.’’

    ‘’Nee jou moer ou maatjie, as ek terugkom, sal daar 'n naamsverandering plaasvind, en Le Vee, wees versigtig, jy kan nie weghardloop van 'n stormende leeu met daardie verdomde rooi slaap broekie om jou enkels aan nie. "

    ‘’Monsieur Piet, jy maak seker 'n grap en nee, moenie bekommerd wees nie, gaan nou en hê ‘n lekker tyd. "

    Piet kyk in die kamp rond, neem alles in, maar vermy die Belgiese model se oë terwyl sy in die ingang van haar tent staan en met 'n krom vinger in sy rigting hom nader wink.

    ‘’Nee fok dit, die naam sal verander, ek belowe jou dit, wag net totdat ek vir Peggy sê, sy sal die verdomde ding verander.’’

    ‘’Pas jouself op Monsieur Piet, en kom veilig terug, ek kan jou verseker dat jy jou oor niks hoef te bekommer nie.’’

    ‘’Ja okei Le Vee, ek moet gaan, maar ek belowe jou, as ek terugkom, moet ons gaan sit en 'n goeie hartsgesprek hê.’’

    Moenie jou bekommer nie Monsieur Piet, ek salrekord hou van al die verowerings terwyl jy weg is, en dan kan ons die hart tot hart gesprek hê oor 'n glasie brandewyn of drie.

    ‘’Nee fok dit, ek is weg hier, 'n man kan net soveel vat.’’

    ––––––––

    8

    Piet marsjeer deur die kamp in die rigting van die Land Rover, vermy weer oogkontak met die model oppad uit, bereik die voertuig, klap die deur agter hom toe en mompel vir homself.

    ‘’Hi Piet my lief, wat is verkeerd, jy is rooi in jou gesig.’’

    'Ag Peggy, dit is niks, net soms wil ek daardie verdomde Le Vee verwurg.'

    ‘’Wat het hy hierdie keer gedoen my skat?’’

    ‘’Niks nie Peggy, net die feit dat hy ongetroud is, laat my rooi sien, en o ja, die naam van die onderneming moet verander, dit stuur die verkeerde seine uit, dit is 'n fokken safari-onderneming hierdie, nie 'n dekselse gigolo te huur ene nie.’’

    ‘’O, nou verstaan ek, iemand is 'n bietjie jaloers; die aantreklike vennoot kry nou al die aksies.’’

    ‘’Ag nee man Peggy, hou jou gedagtes skoon, asof ek nie genoeg het om oor Le Vee te bekommer nie, nou jy ook.’’

    ‘’Dit maak nie saak nie Piet, soos ek altyd sê, jy is my Bos Man, so vir al die ander jong meisies daar buite, is dit hande tuis.’’

    ‘’Soos gewoonlik is jy reg, my lief. Kom, alles is alreeds in die motor, so 'laat ons gaan', ons het 'n vliegtuig om te kry. ‘’

    Piet sit die Land Rover in rat en gooi 'n stofwolk agter hom op terwyl hulle na Lusaka vertrek, om hulle afspraak met die Suid Arikaanse Lugdiens na te kom. Agter hulle maak die flappe in Le Vee se tent toe en die gegiggel en gille van die model dra ver oor die Kafue-rivier.

    9

    Hoofstuk 3

    Die lughawe van Port Elizabeth, is die toegangspoort na die Winderige Stad, dit is baie bedrywig terwyl die fris boer en sy klein vroutjie Peggy geduldig by die vervoerband wag vir die aankoms van hulle bagasie. Die vlug vanaf Oliver Tambo-lughawe was sonder enige hak plekke, en albei voel opgewonde oor die volgende paar weke wat hulle saam met Veronica gaan spandeer. Haar plaas van 150 hektaar, met die naam Kats Cradle, lê aan die voet van die magtige Katberge, net 'n paar kilometer weg van 'n klein dorpie met die naam Fort Beaufort.

    Piet sien daarna uit om laat te slaap, die sonsondergange met 'n brandewyn in die hand dop te hou en 'n bietjie voël kyk op die sylyn te doen, aangesien Veronica hulle meegedeel het dat die omgewing 'n groot verskeidenheid voëllewe het. Die meeste van alles sien hy daarna uit om vir ten minste twee weke nie met Le Vee saam te werk nie. Alhoewel hy dit nie aan Peggy wou erken het nie, was dit die grootste trekpleister vir hierdie wegbreek van die onderneming, en soveel as wat hy dit haat om dit aan homself te erken, het hy wel 'n sagte plek vir die Franse Playboy.

    Piet hou baie van die Fransman, dit was net sy onophoudelike geklets wat die fris Suid-Afrikaner daartoe dwing om aan die drink te gaan, wel dit is wat hy vir homself gesê het, hoewel Peggy baie vinnig vir hom sou uitwys dat Piet gedrink het lank voordat Le Vee self op die toneel verskyn het. In sy geestesoog plaas hy altyd Le Vee in dieselfde kategorie as die ape wat die kamp besoek, op soek na afval kos, met hulle onophoudelike geklets en beledigings wat hulle vir die mense ondertoe skreeu.

    Alles in ‘n neutedop kan hy nie kla nie, want die safari-onderneming het tussen Peggy en Le Vee gegroei, dit het nou die reputasie gehad as Diè Een om na te gaan as jy die Groot Vyf op film wil vaslê. Tot dusver was hulle grootste sukses 'n rolprentspan van die Verenigde State wat na beeldmateriaal gesoek het van die luiperd se paringsgewoontes. Piet en sy span kon binne 'n week na hulle aankoms aan die versoek voldoen.

    Hy kyk rond met die hoop omVeronica raak te sien in die skare wat rondom die uitgang van die aankomsaal vergader het, en glimlag vir homself met die gedagte van Le Vee en sy sogenaamde PR-betrekkinge.

    ‘’Wat vind jy so amusant groot man?’’

    ‘’Ag Peggy, dit is niks nie, net om aan die volgende twee weke se niks doen te dink, om te ontspan en die batterye weer te herlaai. Kom, hier is ons bagasie, laat ons daai mooi vriendin van jou gaan kry, en onthou dat jy belowe het dat julle twee nie teen my gaan saamspan terwyl ons hier is nie.’’

    10

    ‘’Ag Piet, jy weet dat jy daarvan hou, en as ons jou nie terg nie, sal jy dink dat daar iets verkeerd is, so erken dit, groot seun, jy floreer daarop.’’

    ‘’Peggy, een van die dae vat ek julle twee dalk net vas, en dan, my pragtige vrou, onthou net wie het die bal aan die rol gesit.’’

    ‘’Piet, jy kan my soms nie eens alleen hanteer nie, hoe gaan jy dit met twee van ons regkry?’’

    Nee fok dit, ek gee op, julle twee vorm 'n gevaarlike kombinasie, en ek dink ek sal liewer 'n verdomde krokodil kry om mee te stoei, dit sal in elk geval veiliger wees.

    ‘’Ja ou Piet en ons is ook lief vir jou. Kom, ek sien vir Veronica."

    ***

    11

    Die vertrek wat vanuit die groot grotlei, is gevul met lig, verlig deur die brandende vlamme van die fakkels wat in houers vasgemaak is en aan die rotsmure geheg is, die lae gemurmel van die drie mans wat daar bymekaar gekom het, vul die klein ruimte. Die briesie wat deur die ou mynskag affilter, laat die vlamme speels flikker, gooi lig in die donker hoeke, jaag die duisternis weg om 'n wit man te onthul, sy gesig bedek met ‘n groot baard,  'n defnitiewe Arabiese aksent en geklee in westerse klere. Twee Afrika mans, wat die mantels van die Sekte van die Jakkals dra, met 'n jakkals wat soos 'n huishond by hulle voete lê, is diep in gesprek.

    ‘’Die tyd is nou reg, my broers, ek het met die mense in die Kongo gepraat, en hulle is gereed om die volgende besending te ontvang. Het ons die nodige getalle wat hulle verlang?‘’

    ‘’Ja Abdul, ons het sewe kinders gevat, vier meisies, drie seuns en drie jong vrouens, almal van die plaaslike dorpe. Daar is aan hulle 'n beter lewe in Suid-Afrika belowe, met werksgeleenthede, so al tien is gewillig, daar behoort geen probleme te wees nie.’’

    ‘’Ek hoop nie so nie vir jou onthalwe Moses. Die laaste keer moes onseen skiet wat ons winste minder gemaak het, en dit is tog waaroor dit alles gaan, om geld te maak. ‘’

    Ons verstaan Abdul, maar jy kan ons nie verantwoordelik hou vir die optrede van een dom vrou nie. Die res glo almal in die woord van die Jakkals, en volg sonder vrees.

    Goed dit is genoeg, jy sal vanaand die vrag teen die rivier opskuif, en ons broers sal op die gewone plek wag. Die grenspolisie is betaal, so dit behoort veilig aan die Kongo-kant te wees; sodra dit afgehandel is, sal julle die gewone prys betaal word.

    ‘’Allah word geprys, want dit is ‘n fortuin wat neerkyk op ons en glimlag.’’

    ‘’Jy moet dadelik die inligting van daardie Zambiese polisieman oor julle nuwe Hoëpriesteres deurgee. Die soort geleentheid vind nie dikwels plaas nie, en jy het haar nodig om jou mense gelukkig te hou, want sonder die jakkalse sou ons nie die slawehandel kon bedryf nie, en die lewe sou nie so goed vir ons gewees het nie."

    ‘’Abdul, jy bekommer jou te veel; laat ons die sekte kant se dinge hanteer; dit is immers na alles deur die geslagte heen oorgedra, en die volgelinge daarvan groei in getalle. Ons hoef net die kind te neem voordat sy haar tweede maand van haar tiende jaar binnegaan, en ons het nog tyd voordat sy by ons aansluit. "

    ‘’Dit weet ek Moses, maar ek is soms bekommerd dat dit na jou kop toe gaan, al hierdie sinnelose mense wat ingesluk word in jou leerstellings en bloederige jakkals aanbidding.’’

    ‘’Dit dien sy doel Abdul, want sonder die jakkals sou jy nie so maklik jou slawe gekry het nie. Onthou dat terwyl jy in beheer van die slawehandel is, is ek in beheer van die Hoëpriesteres, en sy voer my odragte uit en niemand anders nie.’’

    12

    ‘’Ek hoor jou Moses, maar jy moet nou dadelik voortgaan. As jy hierdie kind sou verloor en nie die offer kan bring nie, sal die mense in jou begin twyfel, en jy sal sien hoe jou beheer deur jou vingers gly. "

    ‘’Dit weet ek, enek is bewus daarvan, maar hou in gedagte Abdul dat die tyd aan ons kant is. Die jagters vertrek as dit nuwemaan is, die kind sal gevat en na my teruggebring word, en die sekte van die jakkals sal voortleef.’’

    ‘’Dit is goed om te weet, my siel het nouvrede. Nog net een ding bly oor Moses, 'n groot kliënt van ons, is op soek na 'n wit vrou, waarom verkoop ons nie aan hom die vrou wat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1